Honde, terriërs, brakke, woefies en die blerrie kat!

12 07 2016

Kyk, katte is maar ‘n spesie op hulle eie.  Hulle kan hulle nie verwerdig om te traak nie, maar wee jou as jy hulle ignoreer.  Hulle sien kom klaar, maar bewaar jou siel as hulle kos nie reg is wanneer hulle besluit dit is etenstyd nie.  Hulle is baie liefdevol wanneer dit hulle pas.  Onafhanklik en krepeer nie sommer van ellende as hulle eienaars nie by hulle is nie.  Verskoon my, hulle het mos nie eienaars nie.  Nogtans is hulle nie so mensafhanklik as die ander viervoetige diere nie.  Dit is dan seker ook hoekom hulle so maklik vergeet kan word.

By die veearts is daar 100de videogrepe – almal oor honde.  Daar is vlooibehandelings te kus en te keur vir honde en nie minimum vir katte.  Dieselfde vir versorgingsgoedere soos kamme, borsels en sjampoe’s.  Ja, katte kan ook gebad word.  Hulle kort egter geskikte sjampoe en die meerderheid troeteldiersjampoe’s is nie geskik vir katte nie.  Die meeste vlooipoers ook nie.  Katte bad hulleself ook en mens soek nie graag ‘n dooie kat sonder vlooie nie.

Die beddens, halsbandjies en speelgoed onderskei nie vreeslik tussen katte en honde nie.  Nogtans trek die skaal swaarder vir honde.  Ek het al genoem dat Suid-Afrika nie juis troeteldier vriendelik is nie.  Tog kry ‘n mens soms dat daar toegewings vir honde gemaak word.  Daar is egter nooit toegewings vir katte nie.  Katte reis ook soms saam met hulle eienaars – al is dit teen hulle sin.

Baie mense sal trots verkondig dat hulle katte haat.  Sonder dat hulle al ooit ‘n kat in hulle hande gehad het.  Mense aanvaar heel geredelik om geld op honde te spandeer.  Hulle sal ‘n hond van ‘n goeie teller koop, die hond neem vir spuite en veearts besoeke en selfs die hond soms na ‘n salon stuur.  Dit is egter vir hulle ondenkbaar om geld aan ‘n kat te spandeer, behalwe nou vir kos.  As die kat siek is, moet hy maar vrek.  Hulle sal wel weer een kry.  Dit is ook opvallend dat booswigte gewoonlik ‘n kat vir ‘n troeteldier het.

‘n Paar jaar terug het Baby Soft ‘n kompetisie vir ‘n nuwe mascot gehad.  ‘n Baba Labrador is teenoor ‘n volwasse Persiese kat vertoon.  Kan enige iets ouliker wees as ‘n baba hondjie?  Ja, ‘n baba kat.  Nie dat die kat gepla was nie.  Wie wil nou die mascot van toiletpapier wees as jy die mascot van die internet is.  Niemand vee hulle gatte aan die internet af nie.

Katte mag dalk erg afgeskeep word teenoor honde, maar hulle is nogtans geholpe.  Wat van die arme marmotte, krimpvarkies, hasies, reptiele ens?  Word daar genoeg produk ontwikkeling vir diere wat nie honde (of katte) is nie?  Kan veeartse hulle enigsins versorg?

Hoe voel julle?

Breinvasbrand:  Wat was Karel Kat se nefie se naam?

Breinlosbrand:  James Bond se huishoudster se naam is May.


Aksies

Information

5 responses

12 07 2016
HesterLeyNel

Matewissie? Ek is ‘n katmens (dalk is ek ‘n booswig ook?😀 ). Honde het net twee kante: die voorkant waar kos ingestop moet word en die agterkant waar dit weer opgetel moet word. Maar moet tog nie vir Genis vertel ek praat so lelik van hom nie.

12 07 2016
Olga

Veeartse kan wel na ander diere soos marmotte, rotte en selfs slange kyk. Versorg, dokter. Laat my dink net gister noem ek dat ek dit oorweeg om vir my ‘n kat, sommer net ‘n straatkat aan te skaf. Sal die een klomp bure my vertel die ander lot is baie onverdraagsaam. Het een van ons voorgangers se kat gevange geneem, dit ‘n paar dae aangehou en toe ‘n brief om arme katter se nek met kleefband vasgeplak wat se: “Hou jou verdomde kat by jou huis en in jou erf. Donnerwetters!

12 07 2016
Olga

Ek het sewe of agt jaar lank vir my (straat) kat voorskrif kos gekoop, dankie. Hy het ‘n kos intoleransie gehad. Teen die einde wou hy net nie meer eet nie. My arme ou Rasta het gekrimp van ‘n stewige 6kg+ na 1.9kg in ‘n paar weke.

12 07 2016
rondomtaliedraai

‘n Blogvriendin het die naweek na 7 jaar in Saudi Arabia terug getrek met 5 katte… dit wil half gedoen word

12 07 2016
Olga

Dis nou regtig nie meer ‘n piekniek om diere in pleegsorg te he nie. Elke maand kos die ou sak pedigree meer. Om nie te praat van veearts fooie nie. Dis gelukkig net een keer per jaar.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: