Bond, Jane Bond

8 07 2016

Ek kan nou nie een Bond fliek onthou wat ek al gekyk het nie.  Ek is – snaaks genoeg – nie ‘n 007 aanhanger nie.  Nogtans weet ek dat Bond ‘n Britse agent met lisensie om dood te maak is.  Tussen deur hop hy van een vrou se bed tot ‘n ander, verkoop slim stories en drink sy Martini “Shaken and not stirred”.  Kenners reken Bond het die kat aan die stert beet met sy martini, maar ja, gun elke ou maar sy dop soos hy daarvan hou.

Dit is immers James Bond:  manlik, Brits en ‘n hoerjaer van die eerste water.  Andrew en Monique Bond se seun was al in 1953 ‘n karakter in ‘n boek en hardloop al sedert 1962 al in sy aandpak op die silwerskerm rond.  Hy was beslis nie ‘n bogsnuiter toe hy begin het nie, maar na 63 jaar gaan hy nog sterk aan.  Dalk tyd om af te tree of die emmer te skop?  Moenie glo nie!  Bond is nou veronderstel om ‘n offer te wees.

Eers was daar sprake dat die volgende Bond swart gaan wees.  Bietjie dik vir ‘n daaler, waar Bond se Britsheid was altyd ‘n bietjie los.  Bond was al vertold deur ‘n Engelsman, Skot, Australiër en Ier.  Buitendien mens kry Britte was swart is.  Dit is dalk nie dadelik wat ‘n mens sien as jy aan Bond dink nie, maar mens sal seker daaraan gewond raak.  Volgende moes Bond homoseksueel in die die flieks wees.  Regtig?  Van ‘n rokjagter na ‘n – wat? – broekjagter?  Wel, dalk was sy rokjagtery ‘n poging om sy eintlike voorkeur te verberg.  Hoeveel lojale Bond kykers daarvan sal hou, weet ek nie, maar gay aanhangers is baie lojaal.  En nou?  Nou moet Bond opsluit deur ‘n vrou gespeel word!

Absurd!  Dit is soos om Meryl Streep te kry om Nelson Mandela te speel.  Verskoon my, ek het vergeet Streep kan Batman speel en nog steeds die regte keuse wees.  Sy is toevallig ook een van die name vir tannie Bond.  Kom ons probeer weer – dit is soos om vir Angelina Jolie te kry om Nelson Mandela te speel.  Net soos Nelson Mandela nie ‘n wit vrou is nie, is James Bond nie ‘n vrou nie!

Kyk, ek het niks teen ‘n swart, vroulike of gay held nie.  Ek vind Tiny Mpayipheli die enigste Meyer held wat ek kan respekteer.  Ek sal geen probleme hê teen ‘n 003 wat gay is, 009 wat ‘n vrou is en James Bond groot ore aansit of 004 wat swart is nie.  Ek sal selfs nie ‘n probleem daarmee hê as James Bond aftree (na 63 jaar verdien hy sy rus) en 007 word aan Mitzi Del Bra gegee nie.  Dit is egter nie James Bond nie.

Ek het gister gesien dat Iron Man ‘n swart tiener meisie word.  Iemand het my vertel dat iemand op ‘n stadium vir Spiderman swart en gay wou gemaak het.  Ghost Busters is nou vroulik.  Regtig?  Kan die vermaaklikheidsmense nie sterk superhelde skep wat van meet af aan hulle bevorderings vereistes voldoen nie?  Moet hulle iets vat wat al reeds sukses behaal het en dit verfrommel in iets anders om hulle punt te bewys?

Ek moet erken dat ek die stuipe kan kry as iemand wat blou oë in ‘n boek gehad het, bruin oë in die film het.  Hoe voel julle daaroor?  Moet Bond begrawe word, aftree, van smaak verander of intensiewe plastiese chirugie ondergaan?  Moet hy voorploeter soos hy nou is?

Breinvasbrand:  Wie is Bond se huishoudster?

Breinlosbrand:  Korrelkop Kahuna was reg met Bloemfontein.


Aksies

Information

9 responses

8 07 2016
HesterLeyNel

Ek verpes ook as daar aan ‘n bestaande resep gepeuter word. Wees oorspronklik of los dit.

12 07 2016
Xena Phoenix

Helaas kan ‘n mens nie oorspronklikheid koop nie.

8 07 2016
rondomtaliedraai

Ek voel ‘n mens moet nie te ernstig daaroor dink nie want te veel feite kan ‘n lekker storie bederf

12 07 2016
Xena Phoenix

Dit is nie feite nie, eerder ‘n drang om alles te transformeer.

8 07 2016
Olga

Ek is in groot versoeking om te se “Dis bedoel om die kyker te vermaak, so laat dit vermaak.” Dan onthou ek ek het James Bond nog nooit vermaaklik gevind nie. Die gadgets was net een te veel vir my. Nou amuseer en beindruk die gadgets niemand meer nie. So wat volgende? Sex natuurlik! Dis hoekom swart man, gay man, ag maak haar maar ‘n vrou. Sal seker een wees soos die koringkriek wie Nikita speel. Mans hou mos van fassineer. Oor of hulle so ‘n maer vrou sal kan…. uhm, olpgebruik.

12 07 2016
Xena Phoenix

Deesdae is vermaak ‘n bysaak.

9 07 2016
scrapydo2.wordpress.com

Ooo,ek was n groot Bond bewonderaar toe hy nog hy was. Toe die karakter verkleur en blond word was dit gladnie dieselfde nie. Ek verpes Pierse Brosnan(of hoe jy hom spel) Hy is nie Bond se skoene werd nie. Selfde met die ou mannetjie wat hul laste gebruik het. Dit is beslis nie die moeite werd nie. Kan ook nie die geslag ding sien wat kan werk nie.

12 07 2016
Xena Phoenix

My gunsteling spioen is Jack Ryan. Seker maar in die boeke waar ek my kan verbeel dat hy soos Ben Affleck lyk. Hy het relatief min issues – al is hy bang vir sy vrou.

Jason Bourne mis ek nie graag nie. Ek was bitterlik ontsteld omdat Bourne Legacy nie oor Jason Bourne gegaan het nie.

13 07 2016
scrapydo2.wordpress.com

Ja Jack Ryan kan ook gaan. Jason ken ek nie juis nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: