Swerwers

29 06 2016

Ken julle die verhaal van die Nederlandse kolonie wat deur die Engelse beset is?  Ek praat nou natuurlik van Nuwe Nederland wat in 1624 gestig is vir pelshandel.  Die Engelse het dit in die 1700’s oorgeneem en vandag ken ons dit natuurlik as New York.  Tog, ek dink die storie klink bekend vir enige trotse Afrikaner.  Dit is ook die basiese verhaal van Sri Lanka (Ceylon) en Jarkarta (Batavia).  Tog, as ‘n mens vandag na hulle kyk, het daar bittermin van die Hollander daar agtergebly.

Wat my natuurlik bring tot die halfwegstasie van die Kaap van Goede Hoop.  Ek weet nie of dit ‘n spesiale Hollander was wat hierheen gestuur is nie.  Dalk is dit maar net iets in die water.  Nogtans, tussen die dwarstrek, aftrek en wegtrek is daar vandag nog ‘n stewige Hollandse nalatenskap – natuurlik beter bekend as die Afrikaner.  Dit na twee Engelse besettings – een wat daarop uit was om alles te verengels.  Dit het natuurlik nie gewerk nie.  Daar is net iets kanniedood in ‘n Afrikaner wat hulle nie laat uitroei nie.

Ten spyte van die onlangse aanslae op spesifiek Afrikaans, glo ek nie dat dit so maklik gebreek gaan word nie.  Dit is immers nie die eerste keer wat Afrikaans die vyand is nie.  Dit is ook snaaks hoe onderdrukking iets kan laat groei.

Dalk is die geheim in vlak wortels.  Plante met vlak wortelstelsels kan juis maklik verskuif word as ek die storie reg verstaan.  Dit is partykere vir my skokkend hoe min mense van hulle eie Geskiedenis ken.  Om vir volk en vaderland te veg, moet ‘n mens seker eers jou volk en vaderland ken.  Maar dan weer, dalk is dit juis die geheim.  Lewe vir vandag en nou, baklei vir die toekoms – kyk vorentoe.

Swerwers sonder rigting, soekers wat nooit vind.  Het iemand al ooit van ‘n tevrede Afrikaner gehoor? Natuurlik nie.  Iets wat nog skop, lewe nog.  Waar daar lewe is, is daar hoop.

Nou het ek heeltemal my punt verloor. Ek hoop nogtans dat julle die klassieke Afrikaanse treffer sal geniet.

Dis al!


Aksies

Information

4 responses

29 06 2016
seegogga

ha ha soms kan mens lekker deurmekaar raak. Maar vir my lyk die of Afrkaans floreer! Nog nooit van so baie nuwe liedjies in Afrikaans gehoor en van so baie nuwe Afrikaanse flieks gehoor nie. En wie luister? dIE JONGES! En wie kyk? Ons almal? Maar veral de jonges. Viva Afrikaans! ( die nuwe wereldtaal se ek al lankal)

29 06 2016
rondomtaliedraai

Lekker skrywe die

29 06 2016
Olga

Ja, kyk die Hollanders en die Franse het seker die geslag Afrikaners geteel. Daarom dat daar nie opgee is nie. Dit moes seker maar ‘n geheime teling afgegee het, want geen Hollander of Franse sal ooit erken dat hulle saam saam geteel het nie.

1 07 2016
johanna79

Een van as nie my gunsteling afrikaanse kunstenaars.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: