Soms verstaan ek die bohaai

24 06 2016

Sug!

Ek weet nie eintlik hoe om te begin nie.  Die Gautengse Onderwysdepartament is gewoonlik nie goed vir my langmoedigheid nie.  Dit terwyl ek net mooi niks met die onderwys te doen het nie.  So, wanneer department weer die pipperrellakoors oor iets wil kry, verwag ek ‘n storm in ‘n teekoppie.

Vandag (of is dit die week) se drama:  ‘n Swart kind wat op haar eie by ‘n tafel sit met haar kosblikkie.  Die eintlike fokus van die kamera is ‘n groep van 6 kinders by ‘n ander tafel wat so pas kolwyntjies gekry het.  Mens kan die houer met die kolwyntjies in nog duidelik in die foto sien.  Nie net wys die foto duidelik hoe die kleintjie alleen sit nie, dit is ook duidelik dat sy (nog?) nie ‘n kolwyntjie gekry het nie.

Die kleuterskool verduidelik dat daar ‘n ander maatjie was wat by haar gesit het.  Hulle tweetjies het glo laaste vir die ‘partytjie’ opgedaag.  Die ander kind het glo net voor die foto geneem is begin huil en was deur ‘n personeellid opgetel om getroos te word.  Die eerste tafel het glo net plek vir 6 kinders.

Ek wil nie sê hulle jok nie, maar ek het ‘n paar vrae.  Soos waar is die kind wat begin huil het se kosblik?  Hoekom is die kolwyntjies voor in die foto – dit maak seker sin om van een punt na die ander uit te deel.  Mens deel tog seker nie eers vir een tafel uit, sit die houer neer vir ‘n foto en deel dan vir die laaste (2?) kind uit nie.  Kon daar regtig nie plek gemaak word vir die ander kind/ers by die hooftafel nie.  Groot mense rek soms ‘n 6 man bank na 8 mense toe.  Anders, hoekom die kinders nie gelyk verdeel tussen die bankie nie?

Dit het my aan ‘n aanhaling uit ‘n “A time to Kill” laat dink:  “Now imagine she is white.”  Ek het en nog steeds lyk die foto vir my so verkeerd.  Ek dink enige mens sou jammer gevoel het vir’n kleintjie (dogtertjie, seuntjie, pienk, pers of groen) wat alleen eenkant gesit het sonder haar kolwyntjie.

Ek kan dus verstaan dat die ma haar kind uit die skool gehaal het en nie met die skool wil praat nie.  Ek kan verstaan hoekom die department die olga in is.

Aan die anderkant, dalk is dit regtig net ‘n geval van slegte tydsberekining.  ‘n Prentjie is dalk meer werd as ‘n duisend woorde, maar dit skiet ver te kort in perspektief.

Hoe voel julle?  As dit jou kind was wat eenkant gesit het, sou jy dit net so aanvaar het?

Breinvasbrand:  Wie se debuutroman was “A time to kill?”

Breinlosbrand:  Sofia / Souf


Aksies

Information

10 responses

24 06 2016
rondomtaliedraai

Dis darem maklik om ‘n foto geneem kan word om sekere feite voor te stel Elke saak het mos 3 kante. Myne, joune en die waarheid. Die ouderdom van die kinders maak ook ‘n groot verskil

28 06 2016
Xena Phoenix

Die drie kante is baie waar.

25 06 2016
salomien

weet jy daar was op n ander website geze as jy die foti zoom kan jy die koek in die dogtertjie se handjie onder die tafel sien.

28 06 2016
Xena Phoenix

Persoonlik kan ek nie. Toegegee, ek is geneig om soos my agterent te kyk.

26 06 2016
Olga

Ek is in tweespalt oor die storie. As hulle die kinders afgegroepeer het, kan ek hulle nie werklik verkwalik nie. Die ou getjankery van die swart mense pis my af. Het hulle geen eer of trots nie? Huil en verniel om met alles hulle sin te kry. Die eff het die skool eienaar gaan intimideer en sy het haar man teen hulle gestaan. Tog het nie een van hulle aangebied om die “geviktimiseerde” kind op eie onkoste te laat skool en na en van haar skool vervoer te kry nie. Ek kan nie dink hoekom sy en haar personeel wat na bewering almal wit is, moes hulle met emmers stront gebombadeer het. Die enigste swart kind in n wit skool en sy het nie elke dag geskree as sy afgelaai was nie, vertel my as daar segregasie was, was sy heel gelukkig daarmee. Enige kleuter wie ongelukkig in skool situasie is, sal blou moord skree om nie te gaan nie. Blerrie storm in ‘n strontpot as jy my vra.

28 06 2016
Xena Phoenix

Volgens die skoolhoof, het haar man elke dag die kind skool toe gebring.

Ek volstaan daarby dat ek niks hou van wat ek op die foto sien nie. Die kind weet nog niks van politiek af nie. Sy kan niemand kwaad doen nie.

Aan die ander kant, wonder ek of die kind nie ‘n pion is nie. Ek verstaan die ma sukkel finansieel en die skoolhoof het haar probeer bystaan. Die ma het dalk gedink dit is haar kans om die jackpot te slaan.

27 06 2016
Olga

Btw, ek dink John Grisham het die boek geskryf.

27 06 2016
maatjiema

Ek het geleer om eers agter die kap van die byl te kom voordat jy jou “toys” uit die “cot” gooi want jy kan jou naam plank as jy verkeerd is. ‘n Foto kan baie mislydend wees.

28 06 2016
Xena Phoenix

Nogtans is dit baie moeilik om te stry teen wat jy met die oog sien.

28 06 2016
maatjiema

Ja. Geen kind moet verwerp voel nie. Hetsy deur vriende, ouers, onderwysers of die samelewing. Maar ek kon nie help om die ander drie kolwyntjies in die boks te sien en die verweer dat twee ander maatjies nog op die speelgronde was nie. Dalk is die foto geneem net voordat die ander twee kom sit het. Dalk was hulle oppad om die res van die kolwyntjies uit te deel. Daar kan baie scenarios wees. Maar punt is: Geen kind verdien verwerping nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: