Dit lyk goed op papier . . .

20 06 2016

Soos julle teen die tyd weet, het ek meer as my regverdige deel luiheid weg.  Nietemin het ek nog altyd weggeskram daarvan om ‘n gereelde huiswerker te kry.  Ek kom soortvan reg; skottelgoed kan gewas word terwyl ek soggens water kook, die bad kan skoongemaak word terwyl ek afdroog en mens kan afstof terwyl jy TV kyk.  My huis is dus leefbaar – wel, volgens my standaarde in elk geval.  Wanneer my standaarde my nie meer aanstaan nie, kry ek ‘n vrou in wat dinge kom regklap.  So een keer ‘n maand of dalk 2 maande.

Elke nou en dan wonder ek of ek nie maar die vrou moet kry om weekliks in te kom nie.  Ek weet dat sy wel ‘n dag oop het in ‘n week wat sy graag wil vul.  Gewoonlik rondom die tyd vererg ek my vir ‘n politikus en dan besluit ek om die eerder alleen op te snork.  Nie juis dat dit (spesifiek in 2016) Mmusi Maimane of Julius Malema raak nie.  Hulle voel nie die paar honderd rand aan hulle sak nie.

Dalk moet ek julle die ooreenkoms tussen my en die vrou wat my help verduidelik.  Sy daag op, doen wat haar hand vind om te doen en ek betaal haar die bedrag wat sy bepaal.  Dit was aanvanklik R100 per dag, maar dit het al oor die jare gegroei na R160.  Huidiglik stryk sy nie, maar sou ek haar weekliks gebruik, gaan ek van haar verwag om te stryk.  Die vrou bepaal nie net haar eie loon nie, maar sy bepaal ook haar begintye, eindtye, breektye en eintlik ook haar werk.  Sy verstaan nie Afrikaans of Engels nie – dus, as ek wil hê sy moet iets spesifieks doen, moet ek dit met gebare aan haar verduidelik.  Sy werk haar beslis nie dood nie – daar is tye wat sy voor 14:00 al huis toe gaan.  Sy het nog nooit later as 15:00 gewerk nie.

Ek kan daarmee lewe, al frustreer dit die daglig met tye uit my uit.  Dit sal egter onregverdig van my wees om iemand anders te kry as die vrou al jare lank my met tye kom help.  Dit is een ding om my begroting te rek om haar meer gereeld te kom help.  Dit is ‘n heel ander ding om aan die wet te voldoen.

Die oomblik as die vrou meer as 24 uur ‘n maand werk, moet ek aan sekere wetlike vereistes voldoen.  Die wet het ‘n edele doel – dit poog om te verseker dat huiswerkers nie soos slawe mishandel word nie.  Dit is egter ‘n doring in vlees wat ek nie daar wil duld nie.  Niemand kan my dwing om daaraan te voldoen nie, ek voel wel ‘n paar honderd rand verskil aan my sak.

Eerstens, sou ek die vrou weekliks kry, sal ons die 24 uur ‘n maand net-net maak of net-net mis.  Ek het genoem dat ek verkies dat sy moet stryk, dus aanvaar ek dat sy meer as 6 ure op ‘n dag sal werk (dit kielie my in elk geval dat haar tarief per dag dieselfde is vir iemand wat ‘n 4 slaapkamer huis het en iemand wat ‘n 2 slaapkamer huis het.  Toegegee, sy is haar eie baas, sy bepaal haar loon.)

In elk geval, die oomblik dat ek haar weekliks wil gebruik, moet ek haar ‘n kontrak gee.  Siende dat sy nie Afrikaans of Engels verstaan nie en ek nie Sepedi verstaan nie, het ons duidelik hier ‘n probleem.  Benewens dit, moet ek in die kontrak spesifiseer wanneer sy mag eet (hoe moet ek weet wanneer is sy honger – sy vat gewoonlik haar KFC saam met haar huistoe), wanneer sy mag koffie / tee drink en seker ook wanneer sy kan piepie.  Op die oomblik bepaal sy dit self en dit pas my uitstekend.

Verder moet ek haar een dag betaalde verlof gee vir elke 17 dae wat sy gewerk het.  Ek kan seker vrygewig wees oor Kersfees.  Die afgelope paar jaar verwag sy in elk geval haar Christmas.  Sy is geregtig op betaalde familie verantwoordlikheid verlof.  Ek beskou myself as ‘n redelike mens, dus is dit nie ‘n probleem nie.  Ek dink nie sy sal ooit nodig hê om oortyd te werk nie.

Ek moet haar ook registreer vir die werkloosheid versekerings fonds.  Dit is gewoonlik net hier waar ek besluit de hel met die stront.  Dit gaan nie oor die 1% van haar loon wat ek daarin moet betaal nie (wel, eintlik 2%, want moet ek nou regtig die ander 1% van haar loon aftrek?  Die kleingeld soek daarvoor is so nie die pyn werd nie).  Benewens nou die gesukkel om haar te registreer, moet ek ‘n maandlikse verklaring stuur dat sy by my werk.  Terloops, dit is ook die werkgewer se verantwoordelikheid om te sukkel tot jy nie meer geregistreer is nie.  Terwyl ek ook die administratiewe rompslomp kla, ek moet vir haar ‘n betaalstrokie vir haar gee met haar loon.  Dit is regtig minder moeite om self skoon te maak.

Kan ek op die punt noem dat ek haar aansienlik meer as minimum loon (R91-52 vir ‘n 8 ure dag) betaal en indirek tot haar verblyf bydra?  Die oomblik wanneer sy weekliks begin werk, word ek wetlik verplig om voor 1 November elke jaar haar salaris met 8% te verhoog.  Dit is blykbaar inflasie met 2.5%.  Hoewel ek kan verstaan hoekom dit gedoen word, is dit doodeenvoudig nie volhoubaar nie.  Die meeste mense se salaris verhoging is aan inflasie gekoppel, party mense kry nie eers inflasie nie.  As die huiswerker se salaris bokant dit groei, gaan daar ‘n dag kom waarop die werkgewer dit nie meer kan bekostig nie.  Wie gaan dan aan die kortste ent trek?

Die wetgewers het daaraan ook gedink.  As jy jou huiswerker afdank (retrench) moet jy haar 1 week se salaris vir elke jaar wat sy vir jou gewerk het.  Dit sal haar seker help, maar vir hoe lank?

Dan kom kerm Malema nog daaroor dat mense vir hulle troeteldiere mediese versekering het, maar nie vir hulle huiswerkers nie.  Regtig?  Vir een dag ‘n week?

Saak gesluit.  Ek kom eerder op my eie klaar.

Hoe voel julle?  Wat reken julle is noodsaaklik vir huiswerkers.

Breinvasbrand:  In “Susters van Eva”, wie is die huiswerker wat vir almal werk?

Breinlosbrand:  HesterLeyNel was reg met elektriese skok of dodelike inspuiting.


Aksies

Information

9 responses

20 06 2016
Olga

Laat ek weer probeer….. EERSTE!!!!!

20 06 2016
Olga

Niemand het die arme arme joelies vertel dat ons self vir ons medies en vir ons honde en katte se medies betaal nie. Daar is gratis behandeling beskikbaar by staats klinieke en staatshospitale vir mense. Maar boggerol vir die honde en katte nie. Wel, beslis nie vir witmense se diere nie ou joelies. As hy of enige ander politikus die mens op mediesefondse wil sit, dan moet hulle self daarvoor betaal. Ek sien as hy ooit prossie word, gaan die meeste huiswerkers ook maar in witmensland opeindig. WERKLOOS. Skep altyd verwagtinge. Volgende gaan huiswerkers eis dat hulle en hulle uitgebreide familie van dertien tot vyftien lede (kyk asb Clientele advertensies) mediesefonds moet he maar sal weier om ‘n sent daarvan self te betaal.

21 06 2016
Xena Phoenix

Mens kry nogal goedkoop mediese fondse vir huishulpe – soos in minder as R300 / maand.

Dit gaan nie regtig so erg oor die geld nie. Die vraag is eerder wanneer is genoeg genoeg? Iewers moet daar ‘n lyn wees.

20 06 2016
rondomtaliedraai

Nee jy maak dit heeltemal te ingewikkeld

21 06 2016
Xena Phoenix

Op my ere word – ek het nie die wet geskryf nie.

21 06 2016
rondomtaliedraai

hehehe ek maak so aantekening

20 06 2016
Stories Uit My Wereld

Nou weet ek ook wat se die die wet. Nou dink ek ons plan om die skoonmaakdiens twee keer per maand teen R300 per keer te kry is nie sleg nie. Hulle is vier of vyf mense, werk onder toesig, maak alles skoon, skuif beddens, stoele, tafels, alles weg en maak onder dit skoon. Stof tot die boekrak af. Ons doen intussen net skoonmaak instandhouding. Geen van die arbeidsvereistes is ons verantwoordelikheid nie.

21 06 2016
Xena Phoenix

Dit klink nogal na ‘n plan. Werk hulle die tarief volgens die grootte van die huis uit? Ek neem aan hulle stryk nie.

2 08 2016
Stories Uit My Wereld

Jammer ek antwoord nou eerd. Hulle werk teen R300 per uur. Maar vier mense onder toesig maak ons drie slaapkamerhuis maklik in n uur skoon. Onthou net. Ond is net twee. Hulle stryk nie en ons sorg dat die skottelgoed in die skottelgoedwasser is as hulle hier kom. So hulle hoef nie skottelgoed te doen nie. Hulle maak deeglik skoon. Skuif meubels ens. Stof tot my muurgroteboekrak af… wonder wat dink hulle van sommige boeke se suggestiewe titels?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: