Waardigheid kom nie met rooi karre nie

11 05 2016

Ek is altyd verstom oor hoe onkundig (die regte woord is eintlig ignorant) mense oor armoede is.  Ek was byvoorbeeld eendag by ‘n seminaar oor menshandel gewees.  Die een vrou het opgespring en verkondig dat sy armoede ken.  Na die tweede wêreldoorlog kon haar familie nie suiker bekostig nie.  Hulle kon darem wel elke aand met ‘n vol maag lekker warm slaap.

Vroeër vanjaar was daar ook baie gemor oor die dagbesoekers by die strande.  Daar was verduidelik dat die dagbesoekers die hele jaar lank spaar om op die een dag hulle voete by die see te kom afspoel.  Dadelik het iemand hulle self verdedig dat hulle ook die heel jaar spaar.  Daar is ‘n verskil.  Die tweede groep kan darem akkomodasie vir verskeie nagte, akkomodasie en betroubare vervoer bekostig.

Dit is eintlik ironies, dat die meerderheid van die wêreld se bevolking brandarm is, maar dat diegene aan die anderkant nie eintlik die konsep van arm begryp nie.  Ek gaan nie met oogklappe deur die lewe nie, maar selfs ek kan met tye onkant betrap word oor hoe arm mense kan wees.

Vroeër vanjaar het ek ‘n artikel gelees waarin gemor was oor belasting op tampons.  Die argument is dat vrouens nie ‘n keuse het of hulle wil menustrueer nie.  Hulle moet!  Dus is dit onregverdig om belasting – veral luukse belasting – op die ware te hef.  Dit was ‘n Britse artikel en blykbaar is daar nie belasting op kondome nie, omdat dit as ‘n noodsaaklike item beskou word.  Dit is ‘n baie interessante debat, maar wat het dit te doen met armoede?

Dit kan nogal ‘n gesukkel wees as die tannie met die rooi karretjie jou onverhoeds betrap.  Vir die bevoorregtes, is dit ‘n irritasie.  As jy nie voorsiening gemaak het nie, kan jy vinnig ‘n plan maak as dit moet.  Al moet jy belasting daarop betaal.  Wat as jy egter nie doekies of tampons kan bekostig nie?  Mens moet eet ook en dit is nie juis aptytlik nie?

Dit is presies die lot wat glo 2.1 miljoen meisies en vroue in Suid-Afrika raak.  Hulle probeer maar oor die wegkom met gras, blare, papier of selfs gebruikte doekies (nie noodwendig hulle eie nie).  Die probleem is so erg dat hulle tot 5 dae ‘n maand (het ek iewers gelees) eerder by die huis moet bly en klaar bloei.  Hulle mis dus tot 5 dae ‘n maand werk en / of skool.  Dit help natuurlik nie om die nodige sanitêreware te kan bekostig nie.

Behalwe nou vir die idee van gebruikte doekies, maar die hele idee my naar.  Die tannie is nou geen plesier om te onthaal nie, maar dit behoort nie jou lewe tot ‘n stilstand te bring nie.

Wat kan ‘n mens daaromtrent doen?  Ek verstaan dat daar groepe is wat herbruikbare doekies ontwikkel het.  Jy was dit glo soos dit gebruik word.

Dit laat my nou natuurlik oor weggooidoeke wonder.  Niemand gebruik mos meer gewone doeke nie.  As jy egter nie sanitêreware kan bekostig nie, wat doen jy dan as ‘n baba opdaag?

Breinvasbrand:  Wie het die eerste moderne tapons gepatenteer?

Breinlosbrand:  Olga was reg met 30 Junie 1921.


Aksies

Information

7 responses

11 05 2016
ekmyselff

Ek voel jammer vir die vroue…. dis klaar ongemaklike storie al kan mens die goed bekostig. Hulle kan ook dan nie n pynpilletjie vir die seer en ongemak bekostig nie. Dit is net so erg.
Het jy al hiervan gehoor?
The PinkCup Menstrual Cup is the hygienic and sustainable alternative to tampons and pads. Giving you up to 12 hours of use between changes, with a lifetime of 10 years. PinkCup is the number one choice in female Hygiene.

11 05 2016
HesterLeyNel

Ja, hulle is beskikbaar in Suid-Afrika van 2008 / 2009 af. Ons het as ‘n werksprojek (Corporate Social Investment (CSI) Initiative) in Johannesburg geld ingesamel en skenkings gemaak aan die lokale klinieke. Pinkcup lewer dit gratis af en dit was baie goed ontvang.

11 05 2016
ekmyselff

Ek het nie besef dit is al SO lank beskikbaar nie. Ek hou van die idee, dalk moet ek dit aan my dogters voorstel.

11 05 2016
HesterLeyNel

Dis beslis ‘n goedkoper alternatief.

11 05 2016
HesterLeyNel

Ek het vanoggend my kar laat was in Port Shepstone naby die hospitaal waar ek my man afgelaai het. Toe ek R10 uitgehaal het vir ‘n fooitjie omdat die taak in rekordtyd voltooi is (ek wou nie my man laat wag nie), het die vyf werkers spontaan vir my begin dans. Hulle verdeel die fooitjies en elkeen was nou ‘n volle R2 ryker! Soveel blydskap vir so min – ek was skaam oor die R50 wat ek betaal het om my kar te laat was en oor die klein footjie wat ek gegee het.

11 05 2016
Olga

Dit is ‘n geldige punt. Kom jy by ‘n openbare badkamer, toilet of, motorhawe, self die poskantoor, is daar houers met GRATIS kondome. Die donnerse goed kan diy sonder kondome hoekom is daar nie houers met gratis tamponne oral op nie? Belasting ophef? Ja, maar maak dit ook in openbare plekke gratis beskikbaar aan die dames wie dit dan nie kan bekostig nie.

Grieters, as hulle te lui is om baba doeke te was, waar gaan hulle nog die tipe doekie wil was wat glo ek ‘n moeilike was gaan wees.

13 05 2016
maatjiema

Ja-aaaa. So vat ons mense maar goed for granted. Die goed is le daar in elke ou handsak, in elke laai, die kar se cubby-hole. Hel, ek het selfs ‘n boksie tampons in my laai by die kantoor, Tjoef-tjaf gaan koop jy dit sonder om eers te kyk hoeveel dit kos. For shame!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: