Verarming in werking

9 05 2016

Ek bly langs ‘n huurhuis.  Klokslag, elke jaar Oktober, kry ek nuwe bure.  Presies op die 1ste Oktober.  Hoekom?  Die huur word elke jaar met 10% opgestoot.  Die inwoners kan dan nie meer die huur bekostig nie en gaan soek dan na ‘n ander heenkome.  Natuurlik na ‘n effens goedkoper plekkie wat waarskynlik ook ‘n ‘swakker’ huis of in ‘n slegter buurt sal wees.  Kortom, hulle lewensstandaard neem jaar na jaar af.  Hulle word dus stelselmatig armer en armer.

Ek is geen ekonoom nie.  Soos ek die storie verstaan is inflasie die gemiddelde koers waarmee pryse verhoog word.  In Suid-Afrika staan dit blykbaar op 6% (min of meer).  Ek wonder dikwels hoe word daar op 6% bereken.  Huur gaan oor die algemeen met 10% op – die maksimum wat huur mee kan styg.  Elektrisiteit styg jaarliks met meer as 10%.  As Eskom hulle sin kry, sal dit nader aan 20% wees.  Elke keer as die petrolprys styg, styg die prys van kos en gebruiksware.  Daar was boonop nou ‘n droogte, dus is suiwel, groente, vrugte en vleis deur die dak.

Om ‘n inflasie van 6% te kry, moet die styging van ander ware laer wees om op te maak vir die goed wat met meer as 6% styg.  Dit voel net skeef.  Wat het net met 6% toegeneem?  Ek is nie juis groot op inkopies doen nie.

In elk geval, dit is net een kant van die munt.  Salarisse neem gewoonlik net toe om inflasie te dek.  As jy gelukkig is, ek het al baie gehoor van mense wat in jare geen verhoging gekry het nie.  Buitendien, die eerste hap uit jou salaris gaan vir die regeringskoffers.  Jou salaris styg dalk (as jy gelukkig is) met 7%, maar gewoonlik eindig daar minder as 7% ekstra in jou rekening.

Maak nie saak hoe ek daarna kyk nie, dit bly ‘n gemors.  Of het ek heeltemaal die kat aan die stert beet?

Hoe maak jy die beste gebruik van elke 100c in ‘n Rand?  Hoe sit jy vir inflasie ore aan?

Breinvasbrand:  Wanneer het die Reserwe Bank geopen?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Absalom.


Aksies

Information

15 responses

9 05 2016
Olga

EERSTE!!!!!!!!!!!!!!!

9 05 2016
Olga

Weet jy!!!! Die eienaars van die huurhuis was heelwaarskynlik ook voorheen ‘n huurder wat deur sy / haar ore betaal het vir huur en nou te na wil kom soos wat hulle te na gekom is.

11 05 2016
Xena Phoenix

Baie mense koop die een huis na die ander, deur die huurders vir die ouer huise te laat betaal. Die rentekoers gaan nie met 10% ‘n jaar op nie, dus kan dit nogal ‘n gawe belegging wees.

9 05 2016
rondomtaliedraai

Sug… baie waar Pensioene het met 5.3% verhoog en dit hou mens nie eers in aartappels nie

11 05 2016
Xena Phoenix

Die ergste is dat 5.3% nie eers as ‘n slegte verhoging gesien kan word nie. Dit gee ‘n mens ‘n bietjie begrip vir die verhuurder wat eiendom as ‘n belegging gebruik het.

11 05 2016
rondomtaliedraai

Ek wonder in die laaste tyd of verhuring wel die beste opsie is. Mens moet koop en vinnig teen ‘n wins verkoop?

9 05 2016
Olga

30 Junie 1921.

9 05 2016
Olga

Soveel firmas het 2.5% verhoging toegestaan.

10 05 2016
ekmyselff

Ek sukkel juis die laaste tyd vreeslik om my nie oor “geld” en “eendag” te bekommer nie… ek dwing myself om te glo God sal sorg, dankbaar te wees dat ek meer as baie ander het, maar tog kom die kommer elke maal terug. Ai dit bly maar n storie.

11 05 2016
Xena Phoenix

Ek het nou die dag ‘n som gemaak van wat my huidige salaris gaan werd wees wanneer ek moet aftree. Dit is om van siek te word.

10 05 2016
Sonlig

Ek wonder ook oor die 6%, want dit voel asof alles baie meer as dit opgaan. Neem mediese fonds premies byvoorbeeld.

En die storie van kospryse wat styg oor die droogte is debatteerbaar. Gesels bietjie met die boere. Dis die middelman se sak wat bult. Die boere kry nie meer vir hulle produkte nie, maar ons betaal baie meer.

Ons is stadig (of dalk nie) besig om agteruit te boer!

Maar hou goeie moed…as ‘n sekere politieke party aan bewind kom gaan alles mos beter wees, almal gaan verniet in luukse huise bly, dienste gaan verbeter en onderrig gaan niks kos nie…

11 05 2016
Xena Phoenix

Mediese fondse is ‘n ander storie. Die premies neem toe terwyl die voordele daal. Jy betaal dus meer vir minder. Bewaar jou siel as jy iets oorkom of ernstig siek raak.

11 05 2016
scrapydo2.wordpress.com

Nou moet jy nie praat van ander lande se geld waarde nie. Vir n paar maande het ek gewonder of ek darem elke dag n snytjie brood kan eet met n bietjie smeersel op. Die Rand was geweldig min. Gelukkig het ek n loseerder en werk gekry op my hoge ouderdom en nou kan ek darem n vleisie ook bekostig. Bly om weer ietsie van jou te lees.

11 05 2016
Xena Phoenix

Dan vertel Zuma vir almal dat dit nie sy skuld is nie.

Ek dink diamante (verkieslik die wat jy kon optel en nie koop nie) is die enigste veilige pensioen. Dit en ‘n verskuilde Van Gogh in jou solder.

Helaas was Van Gogh nooit in Suid-Afrika nie en kan ek nie nie ‘n solder bekostig nie.

12 05 2016
scrapydo2.wordpress.com

Ja jong dis n storie van tant Dorie. Vandag se huise het nie juis wegsteek plek nie. Diamante kan mens ook nie meer optel nie want hul is reeds opgetel.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: