Spinasie en Pampoen

24 02 2016

Scrapy wil die week gesels oor groente.  Ek is nou nie heeltemaal seker wat ‘n mens oor groente kan sê nie, maar ek skrik nie vir ‘n uitdaging nie.

Ek het nog nooit ‘n probleem met groente gehad nie.  Goed, blomkool lyk beslis nie lekker nie.  Nie eers as dit groen ingekleur is nie.  Ertjies lyk nie na kos nie en pampoen is nou nie my gunsteling nie.  Nietemin, ek eet hulle almal.  Ek sal vrywillig vir my van alle groentes in skep.  Selfs al is dit vaal gekook en lyk dit effens na kots.

Groentes kan seker diskriminasie skree as dit by restaurante kom.  Nou nie so hard soos vrugte nie, maar oor die algemeen word groente afgeskeep.  Ek praat nou nie van slaai nie, of dalk moet ek net tamaties (wat blykbaar vrugte is) en blaarslaai uitsluit.  Bittermin restaurante bied groente op hulle spyskaart aan.  Ek praat nou van groente as ‘n bykos.  Selfs die vegetariese etes is slaai en stysel, nie regtig groente nie.  Sou jy wel groente kan kry, is die keuse maar beperk.  Jy kry spinasie en pampoen – dit is al!

Goed, ek weet ‘n mens moet een rooi (oranje, geel) groente en een groen groente voorsit.  Kom ons vergelyk dit met vleis.  Jou keuse vir vleis berus basies op bees, skaap, vark, hoender en vis.  Die meeste restaurante het dit alles op hulle spyskaarte en jy kan kies uit verskillende snitte, gaarmaakmetodes en opdienings.  Alhoewel vleis duurder is, is dit ook gewoonlik die grootste porsie op jou bord.

As jy gelukkig genoeg is om groente te kry, kry jy basies “creamed spinach” en fyn pampoen (goed, eintlik botterskorsie, maar dit bly pampoen!).  Dit terwyl daar wortels, patats, boontjies, brokkoli, skorsies, kool, blomkool, brusselse spruite, beet, aspersies, eiervrug ens is.  Daar is ook ‘n magdom verskillende maniere waarop dit gaargemaak kan word.  Hoekom moet almal by spinasie en pampoen vashak?  Daar is niks verkeerd met spinasie en pampoen nie, maar regtig?  Elke restaurant, elke dag van die week.  Sou dit seer maak om dit af te wissel?  Om dalk ‘n groter keuse aan te bied?  Dalk pampoenkoekies met die pampoen maak?

Dit is seker maar ‘n saak van aanbod en aanvraag.  Ek is seker in die minderheid.

Watter groente sal julle graag op ‘n spyskaart wil sien?  Hou jy van groente?

Breinvasbrand:  Wie het sy krag geput uit ‘n blik spinasie uit?

Breinlosbrand:  IsiZulu.

 


Aksies

Information

9 responses

24 02 2016
ekmyselff

Spinasie – Popeye!
Ek hou van soutwortels en boontjies met room, spek en uie

24 02 2016
rondomtaliedraai

Mmmmm jy was sekerlik ‘n model kind vir jou ma! Sy is sekerlik baie trots

24 02 2016
Olga

Enige groente behalwe skorsie vir my. Wel….. sover dit die restaurante se keuses betref, tamatie is rooi terwyl blaarslaai / kropslaai groen is.

25 02 2016
scrapydo2.wordpress.com

Jy het beslis heelwat oor groente gesê. Ek stem saam dat uiteet nie oor groente gaan nie maar oor die vleise. Groente word regtig afgeskeep. Dis darem so lekker om verskillende groentes af te wissel as mens dit voorberei.Dankie vir jou groente insetsel.

25 02 2016
25 02 2016
Olga

Watter groentes wil ek graag op my bord he? Enige iets wat deur iemand anders voorberei was. Maar ek is deesdae mal oor kool met witsous oor.

26 02 2016
Toortsie

Ek het ook al gewonder: Hoekom gee restaurante altyd spinasie en pampoen? Sal dit dalk al groente wees wat sy kleur en vorm behou? Die ander groentes kan dalk nie so lank soos die restaurant oop bly, mooi en smaakvol bly nie? Ek weet nie.

1 03 2016
MaanKind

Alle groente, en baie daarvan. Eh haat dit om uit te eet, want ek eet net vleis, vis hoender en groente. (nie aartappels of rys of brood
nie)

3 03 2016
JWW

Groente ooo nee eh eh !! Behalwe as dit rou is, soos boontjies of ertjies of kool of wortels, maar nou nie aartapels nie en ek raak nie aan pampoen nie, behalwe as dit lekker pampoenkoekies met kaneel suiker is 🙂

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: