Taal op TUKS

23 02 2016

Soos julle teen die tyd weet, is ek ‘n oud-Tukkie.  In ons eerste jaar was getalle sodanig dat daar ‘n groot Afrikaanse klas en ‘n groot Engelse klas vir al ons vakke kon wees.  In ons tweede jaar was dit gekombineerde klasse.  Bedoelende die klasse was veronderstel om vir beide Afrikaans- en Engelssprekendes voorsiening te maak.  Dit is dan gewoonlik waar die trein ontspoor het.

50 minute is lank, maar nie lank genoeg om al die inligting in Afrikaans en Engels oor te dra nie.  Siende dat almal wat Afrikaanssprekend was Engels kon verstaan, maar nie al die Engelssprekendes Afrikaans kon verstaan nie, is die klasse alles in Engels aangebied.  Bydraende faktore is dat die handboeke net in Engels beskikbaar was en dat van die terme bloot nie vertaal kon word nie.  In teorie kon ons in Afrikaans vrae vra, maar nie al die dosente (party was uitlanders) kon Afrikaans praat nie.

Ek is op die oomblik weer ‘n voorgraadse student.  Daar is egter een groot verskil.  Al die lesing materiaal (daar is nie lesings nie) is in Afrikaans en die meeste van die handboeke is ook.  Dit maak ‘n groot verskil.  Ek absorbeer, dink en redeneer baie vinniger in Afrikaans.  Hoewel ek nie rede gehad het om oor Engels te kla nie, is dit net soveel makliker in Afrikaans.  Ek is dus pro-moedertaal onderrig.  Ek het ook geen probleem om dit wat ek geleer het in Engels te kan uitdruk nie.

Tans is daar ‘n groot bakleiery oor Afrikaans op universiteite.  Dit is nie ‘n onderhandeling nie, maar ‘n eis.  Weg met Afrikaans of ons vernietig alles wat in ons pad staan.  Bloed het al oor die saak gespat.  Glo my, die oomblik wat die eis op universiteitsvlak toegestaan word, gaan dit vir skole geëis word.

Siende dat ek ‘n hele paar jaar terug ‘n Tukkie student was, weet ek dat niemand met Afrikaans hoef te worstel nie.  Soos ‘n kollega van my wie se kinders op Stellenbosch is sê:  “My kinders het op Stellenbosch graad gekry sonder dat hulle een word Afrikaans ken.  Dit is nie asof Afrikaans by mense se kele afgedruk word nie.   Wat kan gewen word om dit te verban?  Dit is ‘n politiese spelletjie wat daarop uit is om Afrikaanse mense ‘n pit te druk.

Ek verstaan dat baie van die studente wat in Engels swot, nie noodwendig Engels as moedertaal het nie.  Tog vra niemand om Zulu, Xhosa, Sepedi, Sotho, Tswana, Ndebele, Tsonga, Swati en Venda op universiteitsvlak te bevorder nie.  Dit gaan dus nie oor onderrigstaal nie.

Die onversetlikheid van die betogers is ook ‘n bron vir kommer.  Hulle weier om na rede te luister.  Hulle hits geweld aan en wil dan treur as hulle in geweld seer kry.  Moet daar net terug gestaan word dat hulle kan vernieting en aanrand soos hulle lekker kry?  Sonder enige gevolge?

Ek dink Suid-Afrika is op ‘n breekpunt.  2016 gaan bepaal of daar hoop vir Suid-Afrika is.  2016 gaan bevestig of Suid-Afrika behoort aan almal wat in die land woon en of sekere bevolkingsgroepe nog hier ‘n toekoms kan bou.

Breinvasbrand:  Watter taal is die meeste Suid-Afrikaners se huistaal?

Breinlosbrand:  Cisgender is mense wat lewe soos hulle geslag voorspel.  Nowathome en Olga was dus reg.


Aksies

Information

6 responses

23 02 2016
Toortsie

En soos jy daar noem: Is daar in ‘n lokaal van 400 mense SLEGS EEN wat nie Afrikaans kan praat nie, sukkel ons voort in Engels.

23 02 2016
Sonlig

Ek kan die nodigheid van moedertaal onderrig vir grondfase-, primêre- en sekondêre onderrig heeltemal insien. Maar op tersiêre vlak? Kom by man! As jy nie Afrikaans as onderrigmedium op universiteit wil hê nie MOENIE na ‘n Afrikaanse universiteit toe gaan nie.

My oudste is ook tans ‘n voorgraadse student. By ‘n Engelse universiteit. Die spesifieke instansie was haar eerste keuse alhoewel haar moedertaal Afrikaans is. Ons gaan nie nou skop, skree en alles verbrand omdat sy nie onderrig in haar moedertaal kry nie.

Net so, het alle anderstaliges ‘n keuse gemaak om by Afrikaanse universiteite in te skryf. As jy nie daar wil wees nie…vat jou goed en trek Ferreira!

24 02 2016
ekmyselff

Eintlik is die probleem nie met Afrikaans nie maar met DIE wat die taal praat… maak my moeg om elke dag die goed te sien en te lees. Ek wil nie meer weet nie… van al die afbreek, die boelie, die toi toi, die ras ding…. dit maak mens negatief

24 02 2016
Olga

die rasse spaning in die land kan op net een manier eindig. As die betogers so goed opgefok raak, dat hulle te bang gaan wees om weer te protesteer. Ek stem soos in heeltemal saam, as Afrikaans vir hulle hebsugtige siele ‘n gruwel is, gaan na ‘n Zulu, Venda, Sepedi universiteit en los die Afrikaanse univerditeite vir die BETALENDE AFRIKAANS SPREKENDES. Gaan brand Nkandla (LAG LAG LAG) Nkandla (Meer lag lag lag) Nkandla af. die eienaar het beloftes gemaak wat hy nie wil volbring nie. Dis net eis eis eis. Wanneer gaan die mense die waarheid uitvind? Baksteenhuise, teerstrate, lopende water, elektriseteit, unviversiteitopleiding is LUUKSES WAARVOOR DAAR BETAAL MOET WORD. Hulle vandaliseer, breek af, brand af maar nie een sit ‘n voorstel op die tafel van hoe hulle die goed wat hulle eis gaan bevonds nie. Sowat van belaglikheid!

25 02 2016
freddie

en tog is afrikaans die taal wat deur die grootste presentasie suid Afrikaners gepraat KAN word.

25 02 2016
freddie

persentasie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: