LGBTQIA

19 02 2016

Dit was seker veronderstel om eenvoudig te wees.  As jy ‘n man is, gaan jy ‘n vrou as ‘n maat kies en jou lewe met daardie vrou deel.  Omgekeerd was natuurlik ook waar.  Tog het dit nooit heeltemal so uitgewerk nie.  In baie kulture was dit aanvaarbaar dat ‘n man meer as een vrou kies.  Daar was ook kulture (ver in die minderheid) waar ‘n vrou meer as een man kon hê.  Ek is nie seker hoeveel sê sy in die saak gehad het nie.

Die basiese boustene was nogtans dieselfde.  Wag, amper laat ek julle bloos.  Kom ons volstaan by mans gaan saam met vrouens.  Dit het nooit heeltemal so gewerk nie.  Van die vroegste tye het party mans ander mans gekies.  Ek verstaan dat die dames in harems mekaar ook vermaak het.  Dit is nou nie asof hulle vry was om ‘n maat van hulle keuse te gaan soek nie.  Hoe dit ook al sê, duisende jare later en daar is baie mense wat gegrief word deur die gedagte van seuntjies en dogtertjies hoort saam.  Verder nog, party mense neem aanstoot met daar is seuntjies en daar is dogtertjies.

Ek gaan nou nie by die filosofie omtrent die onderskeid ingaan nie.  Die ‘uitgeworpendes’ het basies genope gevoel om hulle eie gemeenskap te begin.  In die 90’s is die gemeenskap LGB gedoop.  Van daar af het dit LGBT geword.  Almal (buiten heteroseksuele mense) het nog nie welkom gevoel nie, so het die LGBT, LGBTQ geword.  LGBTQ is later LGBTQI en nog later LGBTQIA ens.  Almal voel nog nie heeltemal tuis nie en gelukkig is daar 26 letters in die alfabet.  Wie weet in elk geval waarvoor staan LGBTQIA?  Of self LGBT?  Laat ek julle vandag ‘n bietjie help.

LGBTQIA

  • L:  Lesbeen
  • G:  Gay (ek het gedink gay is ‘n omvattende term vir gay mans en vroue.  Blykbaar is ek verkeerd)
  • B:  Bi-Sexual
  • T:  Transgender (met ander woorde, iemand wat eers een geslag was en toe ‘n ander geslag geword het)
  • Q:  Questioning / Queer (Iemand wat nie seker is wat hulle verkies nie.  Queer (ek sweer ek vertaal net, ek het nie die term gekies nie) verwys na iemand wat nie heteroseksueel is nie).
  • I:  Intersexual (mense wat basies altwee geslagte is)
  • A:  Asexual (so iemand wat nie seksueel is nie) of Ally (iemand wat simpatiek teenoor die LGBTQIA gemeenskap staan).

Sal ek vergewe word as ek sê dit is nogal ‘n mond vol?

Ek het nogal gedink dat Heteroseksueel, Homoseksueel en Bi-seksueel alle moontlikhede denkbaar kan dek.  Blykbaar is ek en die seining reg uit die donker eeue.  Dit is glo net die punt van die ysberg.  Mense kan glo die volgende seksuele voorkeur hê.

  • Heteroseksueel:  Dit is mense wat aangetrokke voel tot mense van die ander geslag.
  • Homoseksueel:  Mense wat aangetrokke voel tot hulle eie geslag.
  • Bi-seksueel:  Mense wat aangetrokke voel tot beide geslagte.
  • Panseksueel:  Pan beteken basies alles.  Panseksuele mense raak blykbaar eerder op ‘n persoonlikheid verlief, ongeag van die geslag.  Dit is dus nie dat hulle tot mans en vrouens aangetrokke voel nie, eerder dat geslag nie vir hulle saak maak nie.
  • Aseksueel:  Mense wat nie van dogtertjies of seuntjies hou nie.

Daar het julle dit.  In ‘n neutedop en vol mynvelde.

Breinvasbrand:  Wat beteken cisgender?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Loftus Versfeld.


Aksies

Information

4 responses

19 02 2016
scrapydo2.wordpress.com

Dit is n groot mond vol.

19 02 2016
nowathome

interssant! Ek het nie eens geweet daars soveel verskillende name nie! Cisgender beteken jys tevrede met watter geslag jy is.

21 02 2016
Olga

Cisgender??? Indien ek nie die spoor byster is nie, beteken jou huidige geslag is steeds die geslag wat jy met geboorte gestempel was.

21 02 2016
Olga

Kom ek om, so kom ek om. ek het al voorheen gese en ek herhaal dit, mense wie skeef is, maak nie saak op welke manier nie, wil altyd aandag op hulle “andersheid” vestig. Doen daai deng en shut up. Wie gee om met wie jy dit doen? Solank dit met gewillige volwassenes is!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: