Tuisdorp

17 02 2016

Scrapy neus die week oor ons Tuisdorpe.

Almal weet seker al dat ek myself as ‘n Pretorianer uitgee.  Ek is nou wel nie in Pretoors gebore of getoë nie.  Ek skree beslis ook nie vir die Blou Osse nie.  Nogtans is Pretoria die plek wat ek al langer as ‘n dekade huis noem.  Ek het basies na skool in Pretoria gaan swot en na swottings het ek in Pretoria begin werk.

‘n Vriendin van Johannesburg verkondig graag dat in Pretoria almal mekaar ken.  Growwe oordrywing, ek belowe julle.  Wat wel waar is, is dat Pretoria ‘n behoorlike stad is, met ‘n dorpsgevoel.  Ons geniet die voordele van die stadslewe, maar raak nog nie weg in die stads skaduwee nie.  Dalk is dit ‘n kwessie van identiteit?  Pretorianers is nog opregte mense, nie ‘n stuk masjienerie nie, maar ons kry nogtans dinge gedoen.

Een van die grootste voordele van Pretoria is die klimaat.  Dit is oor die algemeen sonnig, nie te koud of te warm nie en daar is selde wind.  Ons reën kom gewoonlik laatmiddag, maar dit is oor die algemeen opgeklaar teen die tyd wat jy wil braai.  Ek moet egter byvoeg dat ons huidige somer almal vir ‘n 6 slaan.  Niemand kan meer ‘n vinnige kykie na die hemel gooi en die weer voorspel nie.

Pretoria is gerieflik.  Jy kan gewoonlik al jou inkopies in ‘n 1 – 10 km radius doen.  As jy die dag avontuurlustig voel, kan jy doodeenvoudig jou radius vergroot.  Buiten die Gautrein, gebruik ek nie juis openbare vervoer nie.  Ek kan dus nie ‘n mening daaroor gee nie.  Mens sukkel nie met die Gautrein nie en dit kan baie tyd spaar as jy vinnig Johannesburg toe moet gaan.  Die grootste lughawe in Afrika is so te sê op ons agterstoep.  Verder hoef ons nie te reis vir ons mediese behoeftes nie.

As ‘n gebore plattelander, is die stad ‘n skatkis van geleenthede.  Ek kan byvoorbeeld nie net elke week kerk toe gaan nie, maar elke dag sou ek wou.  Boonop kan ek ‘n kerktyd kies wat my die beste pas, veral as ek die tye tussen die kerke met mekaar vergelyk.  Pretoria het heelwat opvoerings, maar dit is ook naby genoeg aan Johannesburg om daar iets te gaan bywoon.  Daar is restaurante vir elke smaak, gier of prysklas.  Boonop kan jy die weirdste belangstelling of stokperdjie hê, en jy sal iewers ‘n klub kan oopkrap.

Pretoria is bedrieglik groot.  Met die insluiting van Bronkhorstspruit, is Tshwane blykbaar een van die grootste metropole in die wêreld.  Nogtans, is die mense verdeeld soos die windrigtings.  Ek gaan eerder my voet uit my mond los en volstaan dat die Ooste, Noorde, Weste en Centurion (Suide) elkeen karakters uit eie reg is.

Ek sal maar moet sien waar die toekoms my sal neem.  Tot dan is ek heel gelukkig in Pretoors.

Breinvasbrand:  Watter bekende rugby stadion is in Pretoria geleë?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Lilymyn.


Aksies

Information

19 responses

17 02 2016
HesterLeyNel

Ek het ook lank in Pretoria gewoon, eers in Sunnyside, later daar in Prinsloostraat en nog later in Pierre van Ryneveld tot in 1982. Ek het by ‘n bank op Kerkplein gewerk. Elke oggend vir Paul Kruger gegroet. Jy’s reg, dis ‘n heerlike plek om te woon.

17 02 2016
Daniël Bezuidenhout

Hester – snaaks hoe naby lyne kruis. Ek was ook ‘n Pretoriaskoolkind en het daar eswot en beginne werk, en het vir ‘n wyle in Pierre van Reyneveld gewoon…toe hulle daai asgate beginne toestoot het en later skultbult daargebou het – ‘CornwallHill Estate. Doei tyd het ek nog lekker daar perdgery voorday hulle die Centurion vlei toegestoot het en beginne bebou het…

18 02 2016
HesterLeyNel

Dit was na ons tyd. Ons s’n was die 11de of 12de huis wat gebou was in Pierre van Ryneveld. Verwoerdburg / Lyttleton het eers later Centurion geword. Ek sal nie eens meer my ou huis vind nie.

19 02 2016
Xena Phoenix

Sjoe! Dit is amper ‘n dagreis ver van Pierre van Ryneveld na Kerkplein.

Kon jy self ry of het jy openbare vervoer gebruik?

17 02 2016
ekmyselff

Ek hou van Pretoria – julle het baie lekkerder eet- en kuierplekke as ons hier in Johannesburg.
Ek het daar geswot en dit was heerlik.
Net soos ons middestad hou ek ook nie van julle sin nie.

19 02 2016
Xena Phoenix

Ek dink Kaapstad is die enigste middestad in SA waar mense dit waag om na donker alleen rond te ry. 😉

17 02 2016
Daniël Bezuidenhout

Maar wat gaat nou aan in Sunnyside….

19 02 2016
Xena Phoenix

Wie is dapper genoeg om te gaan kyk? 😉

Ek terg sommer. Ek moet dikwels vir besigheid Sunnyside toe gaan. Die enigste probleem wat ek daar ondervind het is om parkering te kry. Ek is ook geskok om te sien hoeveel ou en gestremde mense vrylik daar rondbeweeg.

Nie dat ek sê alles is wel met Sunnyside nie. Soos orals maar moet ‘n mens maar wakker wees.

17 02 2016
rondomtaliedraai

Ek hou ook van Pretoria Daar op skool en gestudeer… bly maar ‘n mens se plek

19 02 2016
Xena Phoenix

Dit is seker die rede hoekom die ANC Pretoria nie kan uitlos nie. Baie mense se hart is in Pretoria en dit gee hulle dus die meeste reaksie.

18 02 2016
scrapydo2.wordpress.com

Dis nou te lekker om so veel ouens te hê wat Pretorianers is en was. Ek het self ook in Lytelton en dan in Voortrekkerhoogte skool gegaan. Pretoria is ook n lekker bly stad. Dankie vir die deel van jou tuisdorp op oomblik.

19 02 2016
Xena Phoenix

Dit is nie eintlik die dorp / stad wat bepaal of jy lekker bly nie. Dit is wat jy self daarvan maak.

19 02 2016
scrapydo2.wordpress.com

Dit is beslis baie waar. Die lewe gaan oor wat jy self daarvan maak.🙂

18 02 2016
Toeka-Tokkel no 7: Groente – I scrap 2

[…] Tuisdorp […]

18 02 2016
Olga

Loftus bulveld?

Lekker glimlag ek nou. As plattelander, was ons altyd Pretoria toe gestuur vir mediese sorg. My kinders is tukkies toe. Ek sal nou nie se dat ek Pretoria ken nie, maar kan ook nie se dat ek ‘n vreemdeling is nie.

19 02 2016
Xena Phoenix

Dit is sleg dat die platteland, wat honderde kilometers weg van die stad is, so min spesialiste het.

18 02 2016
Olga

Skuus gemeen Loftus Versveld. Die tuiste van die bulle? Osse? Nou hoekom is dit dan VERSveld?

19 02 2016
Xena Phoenix

Wel, die osse soek seker maar ook ‘n maatjie. Die vers tipes. 😉

Loftus Versfeld is vernoem na Robert Loftus Own Versfeld (7 Desember 1862 – 5 Mei 1932). Hy was ‘n rugby speler en was later ook die ou wat gesorg het vir die eerste gras rugbyveld in Transvaal. Versfeld was ook die stigter van georganiseerde sport in Pretoria.

20 02 2016
Kameel

Bly nou 15 jaar in Pretoria Oos. Is nou nuuskierig oor wat jy van die Ooste, Weste, Suide en Noorde te sê het🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: