Wat is die reëls van rassisme?

9 02 2016

“Enige aap kan dit sien!”

Dit is ‘n welbekende uitdrukking.  Ek vermoed ek kan dit selfs ‘n idioom noem.  Ek het redelik onlangs die sin effens geirriteerd geuiter oor iets wat iemand droog gemaak het.  Dadelik het die persoon met wie ek gepraat het gaan loer wie moontlik in die gang is.  Na dese is aap nie meer ‘n word wat gebruik kan word nie.

2016 het met ‘n ontploffing begin.  Skielik is rassisme met mening op die voorgrond en dit is wys dat almal weer onthou hoekom ‘n mens twee ore en net een mond het.  Wel, dit is seker waar die probleem ontstaan.  Jy mag dalk net een mond hê, maar jy het 10 vingers.  Dit is daardie einste 10 vingers wat op sosiale media jou graf gaan grawe.  Nie jou mond nie.

Ons het almal al as kleuters geleer om nie mense name te noem nie.  Dit is seker ‘n goeie beginsel om as ‘n volwassene te onthou, veral waar jy iemand met jou rekenaar / selfoon te skel.  Om verder te gaan en ‘n hele bevolkingsgroep (skuldig en onskuldig) met ‘n dier te vergelyk is bloot net dom.  Dit is nie asof dit eers in 2016 ‘n kwessie geword het nie.  Tog is daar ‘n paar goed wat my laat sidder.

Eerste ding is die dat enige kritiek sommer as rassisme gesien word.  As jy kritiek uitspreek teenoor mense se gedrag en die groep mense is almal van dieselfde bevolkingsgroep, is dit outomaties rassisme.  In plaas dat die probleem geidentifiseer word sodat dit opgelos word, word dit nou onder ‘n rassisme gordyn weggesteek.  As niemand hulle monde daaroor kan oopmaak (of hulle vingers kan opwarm) nie, bestaan dit seker nie.

Tweedens was daar vanjaar al defnitiewe aanslae op vryheid van uitdrukking gemaak.  Vryheid van uitdrukking is die hoeksteen van enige demokrasie en dit behoort tot die uiterstes beskerm te word.  Snaaks hoe alle bevolkingsgroepe bereid is om dit “op te gee” sodat hulle hoef te luister na wat hulle nie wil hoor nie.  Toegegee, vryheid van uitdrukking beteken nie dat jy nie verantwoordelik gehou kan word vir jou uitsprake nie.  Dit mag ook nie gebruik word om geweld ens. aan te hits nie.  Nogtans moet jy vry te kan wees om kritiek te kan uitspreek of om idees te kan deel.

Derdens dink ek alle redelike mense is siek oor hoe die ‘reëls’ aangepas word afhangende wie die beskuldiges is.  Terug na Januarie, het ‘n paar mense hulle inkomste verloor omdat hulle uitsprake gemaak het wat ‘n bevolkingsgroep aanstoot gegee het.  Ek kan die ongelukkigheid oor van die uitsprake insien, maar ek dink in die ekonoom se geval is die dam onder die eend uitgepluk.   Tog was daar weinig in die openbaar gesê oor die blatante haatspraak wat in reaksie op die voorvalle gesê is.  Net die week is daar op ‘n Universiteits gebou “F### White People” aangebring.  Geen stappe gaan geneem word nie, want dit is vryheid van uitdrukking.  Goed en wel.  Ek sal egter werkloos wees as ek iets soortgelyks op my huis se dak gaan verf – al behoort die huis aan my.  Die FW de Klerk stigting het klagtes gelê teen 46 haatspraak gevalle.  Raai wie is die nuwe Hitler in die land?

Dit is om die minste te sê kommerwekkend.  Niemand kan rassisme goed praat nie.  Tog moet daar onderskei word teenoor regverdige kritiek (net van toepassing op die mense wat op daardie punt ‘skuldig’ is) en werklike rassisme.  Vryheid van uitdrukking behoort op dieselfde manier op almal toegepas te word en dit moet ten alle koste beskerm te word.

Intussen hoop ek dat daar onafhanklike kandidate in Pretoria gaan staan vir die verkiesing.  Ek is nie op die oomblik lus om DA te stem nie.  Tot tyd en wyl hulle almal oor dieselfde kam gaan skeer.

Breinvasbrand:  Hoe is Martin Luther King dood?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Creed.

 

 


Aksies

Information

6 responses

10 02 2016
Toortsie

Wat vir my interessant is, is dat dit waarvan jy ander beskuldig, jyself gewoonlik die skuldigste is. (Nie JY nie, Xena, ‘jy’)
Die ouens wat die hardste ‘rassisme’ skree, is gewoonlik die skuldigste daaraan, of dis hoe dit vir my lyk.
En nee, ek weet nie hoe hy dood is nie.

10 02 2016
HesterLeyNel

Ek dink nog steeds dis bloot net goeie maniere en naasteliefde wat die reëls BEHOORT te bepaal – geld ongelukkig nêrens meer nie. Martin Luther King? Sr is dood aan ‘n hartaanval en Jr is geskiet. Interessant genoeg, Jr het ook ‘n swak hart gehad en dis dalk deels as gevolg daarvan dat hy die operasie na die skietvoorval nie oorleef het nie.

11 02 2016
Olga

Net so interessantheidshalwe, het jy al ‘n boord, land, ashoop gesien nadat ‘ trop primate daardeur is? Dan sou jy seker die vroue rassis van Durban se woorde beter gegryp het. Toegegee, die primate was nooit geleer om ‘n vullisblik te gebruik nie. Ook nie om dit wat nie aan hulle behoort, uit te los nie. Ook nie dat hulle dit wat hulle nie kan opvreet nie, moet uitlos nie. So verskoning kan vir hulle gevind word. Nes Lapman. onthou ek ook waartoe primate in staat is.

Terug na die mensdom. Of dan rassisme. Wat sal jy BBBEE noem? Black Business Council? Black Business Forum? Black Management Forum? Black Enterprise Business? Wat noem jy honderde mense wie ‘n pad tussen dorpe beset en met brandende buitebande vandaliseer en motors en trokke wat aan ander mense behoort, aan die brand steek omdat hulle werk eis? Gratis huise eis? Gratis tersiere opleiding eis? Eis? EIS? EIS? So wie hou apartheid en rassisme lewendig in die land van ons? Penny Sparrow? Chris Hart? Olga Oksel?

Wie hou apartheid lewendig? Die mense wie toegee aan die “Local Communities” se eise vir werkskontrakte by myne en industriee? Wie eerder toesien dat klagtes soos “Die leer was in die elektrisien se werkswinkel maar dit behoort aan die meganiese werkswinkel daarom word jy in die pad gesteek. CCMA stem dan saam dat die betrokke witman in die pad gesteek word. Volgende is dit die wit elektrisien omdat hy in geselskap gepoep het. CCMA se dis die werknemer se reg. En so voort en so voort. Uiteindelik is daar net twee wit werkers oor dan maak die besigheid toe en net twee persone word dan met pakkette in hulle moer gestuur en voordat hulle nog by die hek uit is, behoort die kontrak en al die oorblywende swart werkers aan ‘n swart besigheidsman. Viva. Lank lewe demokrasie.

11 02 2016
Olga

Skuus CCMA se dis die WERKGEWER se goeie reg.

11 02 2016
Olga

Verlede week het die gemeenskap van Sabie in hulle huise gebewe en gevrees vir hulle lewens en eiendom. Die inwoners van Simile, wie se minisipale rekenings nie op datum betaal was nie, het GRATIS HUISE en DIENSLEWERING geeis. Paaie beskadig, besighede moes toemaak vir die dag. Nee was glo twee dae. Want hulle, die swart gemeenskap van Simile het volgens die regerende party die reg om te staak omdat hulle nie hulle rekeninge wil betaal nie. Wie het aan hulle verduidelik dat geen betaling beteken daar kan mos nie geld wees om verdere dienste te lewer nie.

Ek kyk na die straat buite my huis. Dit lyk of die straat pokke het met al die gate. In die 16 maande wat ons hier woon, het daar nog nooit ‘n lig in die straat geskyn saans nie. Op nadere ondersoek het ons bevind daar is nie eers elektriese kabels vir straatligte of lamppale nie. Maar in Chinatown is daar elke twintig meter ‘n “speedbump” gegooi. Daardie “speedbumps” alleen kon ‘n paar strate in ons dorp herstel het. Hulle betaal nie water of minisipale dienste nie, maar hulle het helder straat ligte. Is dit rassisties? Aan wie se kant? Is ek ‘n rassis omdat ek dit agtergekom het?

12 02 2016
kobus

dis nou n toeval DAT jy sabie noem. ek kan nice verstaan dat die besighede nie die organiseerders van die klas stakings hof toe neem on hulls verliese van inkomste the kompenseer nie. dit was n onbeskermde staking.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: