Eerste keer toe ek dit sien

2 02 2016

P1360609

Vanaf die oomblik dat ek ‘n verskoning gekry het om Philadelphia toe te gaan, het ek een doelwit gehad.  Natuurlik het die doelwit niks te doen gehad met die verskoning om daar te kom nie.  Ek wou die Philadelphia kunsmuseum gaan besoek het.  Soos julle weet is ek mos nie juis ‘n kunsliefhebber nie.  Baie van my vriende is en deur die loop van tyd het ek wel ‘n ding of twee op getel.  Nogtans was die binnekant van die kunsmuseum nie in my beplanning nie.

Ek wou die Rocky trappe met my eie oë gaan beloer het.  Die Rocky standbeeld ook.  Beide was nou nie so indrukwekkend soos dit in die flieks gelyk het nie.  Onfiks soos ek is, kon ek ook die trappe opdraf.  Die standbeeld is ook maar effentjies.  As ‘n 100 mense jou nie wys waar die standbeeld is nie, kan jy dit maklik miskyk.  Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek is bly dat ek dit self kon sien.  As ek more terug gaan Philadelphia toe, gaan kyk ek weer.  Dit is net kleiner as wat ‘n mens jou voorstel.  Die Statue of Liberty ook, maar dit is ‘n storie vir ‘n ander dag.

So land ons toe by die Rocky trappe op.  10 minute later het ons al die foto’s geneem wat die lig toelaat (dit was al donker), maar toe is dit moeite om terug te gaan.  Siende dat ons toe juis by die Kunsmuseum is, besluit ons toe om te gaan rondneus.  Ons het mos nie iets om te verloor nie.  Buitendien is die museum tot laat oop.

Merries en hingse, was dit museum ‘n verrassing.  Toegang is nogal stewig as ‘n mens dit omskakel rand toe.  Die kassiere vra ons egter om self ons prys te bepaal.  Ek hak toe nogal af met $2 en net so is ons almal vir $2 in by die museum (lw:  nie $2 elk nie).  Ons word vriendelik uitgenooi om foto’s te neem en versoek om ons sakke in die “cloak room” te laat.

Persoonlik kon ek nog nooit verstaan het hoe mense ure lank kan toustaan om na ‘n paar muwwe skilderye te gaan kyk nie.  Ek was al in Suid-Afrika in ‘n kunsmuseum, maar dit het nou nie my sokkies op en af gerol nie.  Ek kon vir die eerste keer die aantrekkingkrag insien toe ek langs ‘n skildery van die vroeë 1600’s staan.  Daar was boonop skilderye wat uit die 1400’s kom.

Jan van Riebeeck het in 1652 in die Kaap geland, ‘n datum wat ek geleer het die dag is wat Suid-Afrika ontstaan het.  Hier staan ek toe in ‘n kamer vol skilderye, wat ouer is as Suid-Afrika.  Die skilderye lyk nie eers oud nie.  Dit spreek seker vanself, Scrapy, maar vir die eerste keer het kunsmuseums op my prioriteitslys gestyg.

Daar was natuurlik die insident met die Van Gogh en sekuriteitsbeamptes wat vining nader gedraf het, maar ek sal dit los vir ‘n ander dag.

Breinvasbrand:  Vir watter fliek het Sylvester Stallone sy eerste Golden Globe gewen?

Breinlosbrand:  Gustav Eiffel het beide die Statue of Libery en die Eiffel toring ontwerp.  Olga was dus reg.


Aksies

Information

8 responses

2 02 2016
rondomtaliedraai

Ek wag angstig vir daai ander dag want ek is nou nuuskierig

3 02 2016
Olga

Ek kan nou nie eerste of tweede skree nie, dus skree ek maar……

1
2
3
BLOK MYSELF.

3 02 2016
Olga

Uhm….. Lak sien…… Dalk….. Nee te obvious. Uhm…..

Rocky Balboa in Creed?

3 02 2016
Olga

As jy nou praat van “ons” bedoel jy jy en die Heks of dalk jy die rede vir die blogdroogte? Fluister… Koes Olga. Hier kom ‘n kluitjie. Philadelphia is nie eers op my prioriteitslys nie. Maar dit lyk kollosaal in die flieks. Goed om te weet hulle het nie oordoen nie want “Rocky” is mos maar ook ‘n kortgat in die regte lewe.

4 02 2016
scrapydo2.wordpress.com

Dit moet beslis n belewenis gewees het. Dankie vir deelneem aan TT

4 02 2016
Toeka-Tokkel no 5: Eerste troeteldier/stokperdjie – I scrap 2

[…] Eerste keer toe ek dit sien […]

4 02 2016
Toortsie

Van Gogh, sê jy?

8 02 2016
Kameel

Wag ook nou vir daardie van Gogh storie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: