Wie is lus om te speel?

30 01 2016

Wie is op ‘n Saterdag middag lus vir ‘n diep, nadenkende blogpost?  Nie dat daar sulke skrywes op Herriemerrie te vind is nie.  Saterdae is tyd vir speletjies.

Ek gaan vir julle bekende skilderye gee.  Selfs mense wat kuns kins speel sal van die skilderye erken.  Vertel my wie het dit geskilder en wat is die naam van die skildery.  Bonus punte as jy ‘n interessant storie van die skildery het.

Nommer 1:

Nommer 2:

Nommer 3:

Nommer 4:

Nommer 5:

Nommer 6:

Nommer 7:

Nommer 8:

Nommer 9:

Nommer 10:





David Robert Jones

10 01 2016

Ek sal huigel as ek skielik ‘n groot aanhanger van David Bowie is.  Ek verstaan hy het op sy dag grense gestoot en mense laat stik met sy streke.  Benewens Under Pressure, sal ek altyd vir David Bowie onthou met sy dood.

Kyk, rocksterre wat laat in hulle sestigs dood gaan aan kanker, kry maksimaal ‘n dag of twee bewondering (dalk is erkenning ‘n beter word).  As hulle regtig massief was, word hulle dood ‘n jaarlikse herdenking.  Ou treffers word dalk afgestof en land selfs ‘n tydjie op die treffersparade.  Dit is die normale verloop van die wêreld.

Die Jones’sie is egter die uitsondering.  Hy het op sy 69ste verjaarsdag ‘n splinternuwe album vrygestel, op ‘n tyd wat hy geweet het sy dae is getel.  Sodoende is dit nie sy ou treffers van hom wat opgeroep word nie.  Nee, hy laat eerder nuwe musiek as sy nalatenskap.

Sy groot aanhangers is glad nie verbaas hy.  David Bowie was nog nooit die norm nie.  Ziggy Stardust sou trots wees.

8 Januarie 1947 – 10 Januarie 1916