EEUW uit beginsel

30 10 2015

Die mens bly maar ‘n fasinerende dier.

Ek moet dalk begin deur te noem dat ek baie lief is vir kos.  Hoewel daar sekere goed is waaraan ek nie my mond sal sit nie, is ek nie te puntenerig nie.  Daar moet regtig iets groots fout wees voordat ek die kos sal wegstoot.  Dit blyk soms dat my standaarde in die geval ver te kort skiet.

Die meeste mense het hulle afkeur / misnoeë / afgryse al tot ‘n fyn kuns vervolmaak.  Ek let dit altyd in ‘n vliegtuig op.  Hulle sal die kos neem en dan ondersoek asof dit ‘n petribak vol bakterieë is.  Volgende sal die vurk geneem word en iets heel wantrouig beproef word.  Ek het nog nie iemand gesien wat die kos summier uitspoeg nie of selfs ‘n gesig trek nie.  ‘n Paar dapper siele sal dit selfs ‘n hap of 3 verder neem.  Die bakkie word dan met die grootste minagting weggestoot.  Die volgende dis word beproef en die proses word herhaal tot alles op die skinkbordjie afgekeur is.

Ek sal myself verstout en sê dat hulle van die begin af geweet het dat hulle die kos gaan haat.  Hoekom dit dan enigsins neem?  Dit bly vir my ‘n groot sonde om met kos te mors.

Dan weer, ek verwys na vliegtuigkos in my voorbeeld.  Iets wat blykbaar altyd sleg is, al het ek persoonlik nog nooit rede gehad om te kla nie.  Blykbaar het die minister van vervoer jare terug die parlement gevra of hulle wil vlieg of vreet?  Dit was in antwoord op ‘n klagte van die swak kos wat die destydse SAL voorgesit het.

Dit is egter vir my treffend dat die dramatjie nie net op vliegtuie afspeel nie.  Ek het al dikwels gesien hoe iemand iets in ‘n supermark, stalletjie of self in ‘n restaurant sal bestel en dit dan sou behandel asof dit mens-brein-en-niere-sop is.  Asof dit blote bediening daarvan (al het hulle dit self bestel) hulle beledig het en nie hulle tonge waardig is nie.

Hoe voel julle oor vliegtuigkos?  Is my standaarde besonders laag of is mense net bederf?

Breinvasbrand:  Voltooi:  Die kool is die sous ______________!

Breinlosbrand:  Daniël Bezuidenhout was reg.  Duitsland se naskoolse studies is gratis vir alle Europeuse studente en internasionale studente (volgens my bron).


Aksies

Information

19 responses

30 10 2015
vuurklip

Die kool is die sous … se grootste vyand!

31 10 2015
Xena Phoenix

In Suid-Afrika gooi ons mos alles wat groen is toe met witsous. 😉

30 10 2015
rondomtaliedraai

Nee wat … ek is altyd bly ek het nie nodig om skottelgoed te was of te kook nie . Hier op die Landgoed kan ons nou self opskep … my ma het my geleer as jy self gekeis het, eet jy alles op!

31 10 2015
Xena Phoenix

Gratis kos . . . wel, seker nie in ‘n vliegtuig nie.😉 Dit is nou nie asof jy jou eie kos gaan saambring nie. Veral nie as jy 10+ ure gaan vlieg nie.

30 10 2015
scrapydo2.wordpress.com

Nee wat dis sommer fiemies! Sulke neusoptrekkerigheid is gladnie opgevoed nie.

31 10 2015
Xena Phoenix

Ek dink ook dikwels dat dit snobisties is. Ek wonder nogal wat hulle as aanvaarbare kos sou beskou.

1 11 2015
scrapydo2.wordpress.com

Ja jong, dit bly steeds ongeskik om so in die openbaar op te tree.

30 10 2015
Olga

…………. Nie werd nie.

Vliegtuigkos? Al wat ek op ‘n vliegtuig gekry het, was ‘n uie croissant. Ek vlieg nie, daarom ken ek nie vliegtuig kos nie. Ek voel egter ook, dis sonde om kos te mors.

31 10 2015
Olga

Btw, as die skinkbordjie op die foto bo vliegtuigkos is, kan dit maar enige dag voor my neergesit word.

31 10 2015
Xena Phoenix

Blykbaar van Air Singapore.

31 10 2015
Xena Phoenix

SAL gevlieg? Hulle bedien altyd iets, al is jy net 10 min in die lug.

30 10 2015
Daniël Bezuidenhout

Die kool is …die sous nie werd nie. Maar my kinders sal als eet as ek ‘n handvol kaas oorstrooi. 😂. Ek was eendag op ‘n uitstappie in Accra om te sien hoe hulle SAL se aeriekossies voorberei. Dis soos ‘n teater. So klinies skoon. Nou eet ek smaaklik. Vat sommer my mede passasuer se kaasblokkie en tjoklit uit sy skinkbord uit sodra hy ssy skinkbord onaangeraak virri aantie met die stywe bolla teruggee. Mense wat so vol fiemies en grille is was nog nooit honger genoeg nie. Ons het armgat grootgeword. Maar as jy my gat vandag bekyk weet jy ek hap enigeding wat ophou beweeg.

31 10 2015
Xena Phoenix

Eet wat jou nie eerste eet nie? Ek dink die meeste plekke wat kos voorberei is baie klinies daaroor.

2 11 2015
Spokie sny spoor

Ek het nog nie baie gevlieg nie, maar was darm tevrede elke keer om ‘n dingetjie in die mond te kry.

2 11 2015
Klip

Ek is vark………….. ek vreet enige iets (ok ek lieg)

2 11 2015
Klip

Ek hou van Chinees, maar kry nog nie een om te braai nie.

2 11 2015
Klip

As ek n plooi kry , eet ek hom weg

6 11 2015
Kameel

Die kool is die sous nie werd nie🙂
Weet nie van vliegtuigkos nie…. maar dit klink vir my ook na ‘n jammerte om so te mors met kos. Ek is beslis nie ‘n fynproewer wanneer dit by kos kom nie…. net verlede week te heerlik aan die hospitaalkos geeët,, want ek was honger.

9 11 2015
Toortsie

Ek stem 100% met jou saam. Is dit dalk eerder ‘n geval van niks gewoond nie?
En ja, vliegtuigkos is nie iets om oor huis toe te skryf nie, maar soos jy sê, as jy vooraf weet jy gaan jou neus daarvoor optrek, hoekom dit dan enigsings ontvang?Of wil jy iets deur jou optrede “bewys”? Dalk bewys jy JUIS DIT wat jy NIE wil bewys nie!🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: