Fees must fall

27 10 2015

Iewers het iemand genoeg dat verlede week se studente oproer die grootste sedert 1976 was.  Daar was darem nie studente doodgeskiet nie, maar die waterkanonne en ander afskrikmiddels het gewerk.  Studente was onversetlik.  Hulle het op geen verhoging vir die 2016 akademiese jaar aangedring nie.  Hulle het voet by stuk gehou en het op die einde hulle sin gekry.  Blykbaar is almal nie gelukkig nie.  WITS soek gratis onderwys en AFRIFORUM kla verder oor hulle reg op onderrig, in Afrikaans en dat alle kwotas summier geskrap word.

‘n Besige week onder studente.  Veral as ‘n mens in ag neem dat die jakarandas se blomtyd aan die verbygaan is.  Dit is dus eksamentyd, nie die mees ideale tyd om te gaan protesteer nie.  Die studente het nogal wye steun geniet.  Elke politieke party behalwe die ANC was bankvas agter hulle.  Elke twitter rekening het hulle steun bevestig.  Max Price, Universiteit van Kaapstad, se seun was selfs een van die wat tydens die betogings gearresteer is.  Price was vinnig om te verkondig dat hy trots op sy seun is.

Gratis onderwys is seker nie ‘n slegte ding nie.  Dit is natuurlik hartseer dat verdienstelike jongmense op naskoolse studie uitmis omdat hulle dit nie kan bekostig nie.  Die voorstanders van gratis onderwys argumenteer dat meer gegradueerdes, ‘n groter arbeidsmag sal beteken wat natuurlik ‘n groter belastingbron sal wees.  Daar sal dan ook minder staatstoelae betaal hoef te word.  Dit klink Utopies.  Waarskynlik omdat Utopië ‘n fiktiewe wêreld is.

Daar is ‘n ander kant ook.  Ten spyte daarvan dat universiteit opleiding so duur is en nie toeganklik vir almal is nie, is daar baie gradueerdes wat sukkel om werk te kry.  Gaan die arbeidsmag dan werklik vergroot?  Suid-Afrika kort immers werkskeppers en dit is nie noodwendig ‘n snotneus met ‘n splinternuwe graad nie.

Netsoos daar mense is wat dit doodeenvoudig nie kan bekostig om te studeer nie, is daar ander wat die voorreg om te studeer misbruik.  Daar is studente wat jare (dekades) lank op universiteite sit sonder om iets te bereik.  Gaan gratis onderrig dit nie vererger nie.  Dit is nie noodwendig die lui studente wat nie wil gaan werk nie.  Ek ken ‘n meisie wat voor my op skool was.  Teen die tyd wat ek graad gevang het, was sy nog steeds ‘n eerste jaar.  Nie omdat sy gedruip het of sleg gevaar het nie.  Sy is een van daardie mense wat elke wakker oomblik agter die boeke spandeer.  Sy het net nooit met haar ‘gekose’ graad deur gedruk nie.  Sy het onder meer keuring vir medies, tandheelkunde, aptekerswese en veearts en nykunde gehad, maar altyd besluit dit is nie vir haar nie.  (Ek wonder nou, is sy nog steeds ‘n eerste jaar?).

Ek het nou-nou ‘n opskrif gesien dat die onderwys department nie van hulle posisie wil afsien dat druipelinge deur gesit mag word nie.  Blykbaar doen dit geen kind goed om agter te bly nie.  Sal die kinders met die mentaliteit wil universiteit toe wil gaan?  Wat sal dit vir ons standaarde beteken?  Veral as die voornemende studente nie kan lees of skryf nie?  Behoort skole nie eerstens gratis te wees nie?

Wat gaan die implikasie wees as elke Jan, Mart, Sipho en Thandi ‘n graad het?  Gaan straatveërs in die toekoms ‘n BA graad benodig?

Persoonlik is ek nie teen gratis onderrig nie.  Ek betaal immers self om verder te studeer.  Ek is net nie so seker of ‘n ‘Free for all’ gaan werk nie.  Sekerlik moet daar nog streng toelatingvereistes wees en moet die studie in ‘n sekere tyd afgehandel word.  Dalk moet die staat vir almal ‘n kans gee om gratis volgens hulle sterkste aanleg / aanlegte te kwalifiseer.  Dus as jou aanlegte wys jy moet ‘n rekenmeester wees, betaal die staat vir jou B.Com (rek) graad.  As jou aanlegte wys dat jy ‘n loodgieter moet wees, betaal die staat vir jou loodgieter opleiding.  Jy gaan word nie net ‘n dokter omdat jy dit gratis kon doen, kon eis het op keuring en boonop deur gedruk is nie.  Veral as jy nie die aanleg en/of intellek daarvoor het nie.

Wat reken julle is die oplossing?

Breinvasbrand:  Wie kwalifiseer in Duitsland vir gratis naskoolse studies?

Breinlosbrand:  Olga was reg met 1918.


Aksies

Information

17 responses

27 10 2015
rondomtaliedraai

Ja ek stem die oplossing moet ook die arbeismark insluit. Dit help ook nie om mense op te lei waarvoor nie werk is nie.
Wat van hulle moet vir ‘n paar jaar vir die staat werk Sommer so indiensopleiding voor hulle dalk die graat kry en dan vertrek na die buiteland toe?
Kyk ook na die Finse skool stelsel? Sug … dalk is dit te veel gevra vir Afrika?

30 10 2015
Xena Phoenix

Om die arbeidsmark in gedagte te hou, sal ons seker eerste ‘n arbeidsmark moet skep. Suid-Afrika het soveel potensiaal as ‘n vervaardiger, maar stakings het die bedryf basies verwoes. Elke jaar is daar meer en meer stakings, met die gevolg dat mense van soveel as moontlik van hulle werkers ontslae raak. Raai wie ly die ergste daaronder?

30 10 2015
rondomtaliedraai

Ja ek stem saam… mens voel soms alles is onomkeerbaar, maar dan wees as mens sommige dinge sien beskaam die hoop nie.

27 10 2015
scrapydo2.wordpress.com

Ek stem vir gratis laerskool onderrig. Maar dan moet daardie kinders aan die einde van die 7de jaar tenminste kan skryf en reken, lees ook! As hul daardie onder die knie het kan hul hoërskool toe gaan(maak nie saak van ouderdom nie) Probleem is: sal hul dit regkry? Daar is te veel naskoolse studente en geen werkersmag nie!

30 10 2015
Xena Phoenix

Ek is geskok oor die basies beginsels wat kinders deesdae nie onder die knie het nie. Iets soos simpels soos maal met 10 (100, 1000, ens). Dit is die maklikste somme ooit.

30 10 2015
scrapydo2.wordpress.com

Ek weet, dis ongelooflik. Wat verwag mens anders as die juffrou self nie eers opgelei is nie!

27 10 2015
Toortsie

In ons jongdae was beurse nog beskikbaar. Ook ek was bevoorreg om met ‘n onderwysbeurs te kon studeer.
MAAR
toe ek nie lank genoeg skoolhou om die beurs terug te werk nie, moes ek dit terugbetaal.
Dit het gewerk.
Ek weet van baie kinders wat nog staatsgebaseerde beurse het, wat ander werk doen, en nooit word daar van hulle verwag om dit terug te betaal nie.
So, ek stel beurse voor, maar ook die goeie administrasie daaromtrent, dat as hulle dit nie terugwerk nie, hulle dit sal moet terugbetaal.

30 10 2015
Xena Phoenix

Beurse kan ook werk. Met die verstande dat dit terug gewerk of terug betaal moet word. Pay it forward. Gebruik dalk jou gratis opleiding om iemand anders deur universiteit te sit.

31 10 2015
Toortsie

Maar dan moet ons weer gee … en is dít deel van die plan?

27 10 2015
Daniël Bezuidenhout

Toortsie, ek het ook met beurse onderwys gaan swot, en later afbetaal want ek het gaan reis en in ‘n ander Staats Dept. gaan werk.
Baie Namibiërs gaan swot in die Republiek. Meer verskeidenheid van kursusse daar. My vriendinne se kinners vertel die staking was chaos en feestelik. Hulle is woes agter met eksamens, en van hulle het skade gely met verlies van selfone, boeke, take en motorskade opgedoen. Een het haar jas afgeskrik en haar tas gepak en teruggekeer huistoe, Nam toe.
Ek reken die gratis onderwys is net ‘n mooi gedagte wat die politieke partye gaan doodslaan-soos-moeg-donkie-ry.

Studie in Duitsland is gratis vir sommige Internasionale studente by sommige Universiteite,vir sekere kursusse in Engels

30 10 2015
Xena Phoenix

Ek verstaan dat die chaos by die Uniegebou deur die ANC jeug liga veroorsaak is. Hulle was van Rent-a-Crowd, nie eers studente nie. Ek het wel foto’s gesien hoe studente self begin skoon maak het na die betogings.

Wat my wil laat kots, is hoe hulle nie net verniet wil studeer nie. Hulle wil verniet op hulle manier studeer. By UCT word daar betoog om die universiteit ‘n Afrika universiteit te maak. Sug.

Ek moet gaan leer toi-toi. Al hoe ek ooit ‘n strandhuis sal kan bekostig.

30 10 2015
Daniël Bezuidenhout

Ek wil ook leer toi-toi. ‘N News24 video gesien hoe hulle hop en wip tot by die heining van die Unigeboue. Nogals baie gekoördineerd gewees. Miskien besef ene eendag dat daai einste Uniegeboue deur Cecil John Rhodes ontwerp is en spuitverf en slaat hulle dit ook plat …⛏

30 10 2015
Olga

die fokkers wil gratis losies ook he. Volgende eis sal vir gratis hoere wees. Ek hoop die goed sal dan met vigs, clap en crabs besmet wees.

28 10 2015
HesterLeyNel

My werkgewer het vir my studies betaal, maar hulle beleid is nog steeds dat dit ‘n vakgebied relatief tot die werkomgewing is, dat die student uit die program gegooi word as hy/sy nie studeer nie en ‘n aantal jaar moet terugploeg in die onderneming wanneer hy/sy klaar studeer het of die beurslening moet terugbetaal. Dit het goed uitgewerk vir my.

30 10 2015
Xena Phoenix

Wat net regverdig is. My werkgewer het my net studieverlof aangebied. 😉 Verder moet ek self hoes en betaal.

28 10 2015
Olga

TersiEre opleiding is ‘n luukse. As hulle nie daarvoor kan betaal nie, gaan daarsonder. My dogters het lenings gehad vir wat ons nie kon bybring nie. Nadat hulle graad gevang en werk gekry het, het hulle elke sent van daardie lenings terugbetaal.

Ek stem, wat van gratis skoling?Dalk net tot en met graad sewe en GOEDKOPER skoolfooie vir gr 8 tot 12.

30 10 2015
Xena Phoenix

Dit maak mos net sin. ‘n Huis word tog vanaf die fondasie gebou. Sonder ‘n sterk fondasie, tuimel alles in mekaar.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: