Toeka Tokkel Bestuur

20 10 2015

Mens sou sweer ek hou van mostert, die dat ek dit altyd na die maal uithaal.  In elk geval, ‘n paar weke gelede het Scrapy bydraes gesoek oor bestuur.  Elke mens het seker iets daaroor te sê.

Ons weet natuurlik almal dat die goue reël van die pad is om links te hou.  Dit is egter nie ‘n universiële reël nie, dit is basies net van toepassing op die voormalige Engelse kolonies.  Die ironie is dat die meerderheid van lande aan die verkeerde kant van die pad ry.  Hulle is selfs verwaand genoeg om te glo ons ry aan die verkeerde kant.  Soos ‘n Duitser my eendag vertel het:  Hulle ry regs, want ‘right’ is right.  Left is mos nie right nie.  Ek weet nie of ek saamstem nie, maar daar is seker ‘n skerfie logika daaragter.

Blykbaar bestuur 65% van die wêreld se bevolking aan die regterkant, maar 90% van die paaie hanteer verkeer aan die regterkant.  Dit is volgens Wikipedia.

Oorsee is ‘n wonderlike plek waar openbare vervoer tot ‘n groot mate die verkeerde kant vir jou uitsorteer.  Gewoonlik.  As jy in die besige sentrums bly of bereid is om deur jou ore vir ‘n huurmotor te betaal.  Dit is nou as jy een in die hande kan kry.  Oor die algemeen is dit heeltemal genoeg en is daar nie juis rede om te kla nie.  Tog kom daar iewers ‘n dag wat die enigste sinvolle besluit is om ‘n kar te huur.  Daardie kar sal dan aan die verkeerde kant gery moet word.

‘n Dag waarteen baie mense opsien.  Hallo?  Dit is en bly aan die verkeerde kant van die pad.  Al voel die meerderheid van die wêreld anders, is die meerderheid nie noodwendig reg nie.  Behalwe dat ‘n mens aan die verkeerde kant moet ry, is die kar ook gatkantom.  Dit is genoeg om enige gesonde verstand te laat besin.

In standard 5 het een van ons onnies vir ons die volgende wyse woorde geleer:  “Groter sissies as ek is al daardeur.”  Die besoekers wat aan die verkeerde kant gewoond is, bestuur sonder om te hik aan die linkerkant.  As hulle kan, hoekom kan ons nie?

Dalk omdat ons nie ‘n internasionale lisensie het nie.  Uhm!  ‘n Internasionale lisensie is eintlik maar net ‘n vertaling van jou bestaande lisensie.  Dit leer jou nie om aan die verkeerde kant te ry nie.  As groter pissies en dommer swape as jy regkom om van kant te verander, behoort jy mos ook suksesvol te wees.

Natuurlik moet ‘n mens ook rede ingedagte hou.  Dit is een ding om kop te hou na ‘n goeie nagrus, maar is dit wys om te bestuur as jy al 40 uur lank reis?  Suid-Afrikaners is nie juis ‘n wetgehoorsame nasie nie.  Baie van die lande wat ons wil besoek is baie wetsgehoorsaam.  Kan ons so op die ingewing wetsgehoorsaam word?  Soos in 100% wetsgehoorsaam?

Goeie vrae!  Nogtans wil ‘n mens nie mis nie.  Wie weet wanneer kry jy weer ‘n kans om wettig aan die verkeerde kant te bestuur?

So jy druk deur en kom agter dit is nie eintlik so ‘n groot storie nie.  Gelukkig het niemand gesien toe jy in die verkeerde kant van die kar geklim het om te bestuur nie.  Volgende keer is dit dalk net ‘n roetine besluit.

Breinvasbrand:  In watter jaar het Namibië begin om aan die linkerkant te bestuur?

Breinlosbrand:  Toortsie was reg met Andrew Lloyd Webber.


Aksies

Information

16 responses

20 10 2015
Spokie sny spoor

Ja, ek stem. Al hoe jy veilig by jou bestemming arriveer is om SA se padreëls te verontagsaam – anders maak jy dit nie. Dinge soos:
1. Moenie aan jou kant van die pad bly nie, swaai uit, anders stamp jy die ou wat voor jou ingefoeter het.
2. Moenie oorbeweeg as die robot groen slaan nie, daar is steeds karre wat oorgejaag kom.
ens. ens.

28 10 2015
Xena Phoenix

In die land van Rome . . .

As die regering net die paaie instand wil hou sal dit al klaar beter gaan.

20 10 2015
Stories Uit My Wereld

Dit klink vir my nog maar heel te ongemaklik om aan die “right side of the road” te bestuur. Inteendeel! In Europa is die openbare vervoer so goed dat ek nie WIL bestuur nie… ook maar bang want hulle jaag soos mal mense! (uit ‘n Stilbaaier se oogpunt)

28 10 2015
Xena Phoenix

Selfs in Europa is daar party plekke in die gopse. Dit is dan ‘n keuse van 3 ure in ‘n bus (vir ‘n 08:30 afspraak is dit nie prakties nie), oor ‘n R1000 vir ‘n taxi met ‘n bestuurder wat nie Engels kan praat nie (maal 2, want jy wil terugkom ook) of ry self. Gelukkig het die gopse nie baie verkeer nie.

20 10 2015
rondomtaliedraai

Hier gebeur dinge mos op die Afrika manier!

28 10 2015
Xena Phoenix

Daar is regtig niks wat my so irriteer as die self aangestelde verkeersbeamptes nie. Dit is gewoonlik ooms wat dink hulle moet almal rondom hulle aan bande lê.

28 10 2015
rondomtaliedraai

Grinnik… ja en hulle kan niks verkeerd doen nie!

21 10 2015
scrapydo2.wordpress.com

Dis nou n tamaletjie vir n Afrikaner. Hul so gewoond om te koes en jaag dat die verkeerde kant van pad maak nie so n groot verskil nie(Tong in kies hoor!) Jy ry mos verby die ou voor jou aan die regterkant v d pad! Dit is hier ook n probleem met veral Sjinese bestuurders. Hul hou van die verkeerde kant en dan kan hul nie juis bestuur nie omdat daar nie rerig mense is wat moters het nie! Alles per bus, trein, taxi.

28 10 2015
Xena Phoenix

En te jaag. En verby te steek op ‘n sperstreep wat nie so goed soos jy kan sien nie.

28 10 2015
scrapydo2.wordpress.com

Ha ha, daardie sien is n groot probleem! Baie gevaarlik

22 10 2015
24 10 2015
Olga

m en by 1918? Suid Afrika het N amibia/Suid Wes Afrika/Duits Wes tydens die eerste wereld oorlog (1915 as ek dit nie mis het nie) geannekseer en kort daarna verplig om aan die regterkant van die pad te ry. Ek wil nie eers ‘oorsee” gaan nie, te moer nog met daar bestuur.

28 10 2015
Xena Phoenix

Jy mis.

26 10 2015
Toortsie

Kan ek maar vir jou my adres stuur vir my prys?

28 10 2015
Xena Phoenix

Daar is geen prys nie en ek het jou adres. 😉

28 10 2015
Toortsie

Ai tog

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: