Koooeeewwwwwwiiiiiiiiiiiiieeeeeeee

2 10 2015

Hallo Maatjies!

P1230130

Die simpel Tannie Tossel maak mos of sy vergeet het hoe ek lyk!  Gmph!  So al asof sy my nie met die toon gegroet het nie.  Ek het ‘n foto en alles, maar Merriegriet sê ek kan julle nie  wys hoe lyk Tannie Tossel nie.

Ek wil net dat die plaat wys dat ek my besem kan vlieg!  Ek vlieg nie in bome en goed vas nie.  Buitendien is daar Tannie Tossel se heks vet.

Ek wil haar nie eintlik ken nie, maar dit is my verlangse, agtertoe, aangeklapte, verskoning van ‘n niggie Suielina.  Maatjies!  Daardie lelike heks hou van goue koeldrank en gooi altyd swart koeldrank by.  Merriegriet sê dit is groot sonde om ander koeldrank by rooi koeldrank te gooi.  Ek is ‘n goeie heks, wat reguit hemel toe wil gaan.  So ek mors nie met rooi koeldrank nie.

Soos julle kan sien, dans Laviga die mooiste heks nog altyd.  Beter as ou Suielina en Tannie Tossel.  Ek is die mooiste, slimste en oulikste heks wat julle ken.

Weet julle waar ek wegkruip?

1

2

3

Blok myself!

Advertisements

Aksies

Information

7 responses

2 10 2015
Toortsie

Sjoe! Ek is VERLIG dat jy nog rondvlieg met jou besempie! Ek het darem daai ou heks se skoene so bekyk en gedink… kan nie ONS heks se skoene wees nie!
Kruip jy in Kleinmond weg?

2 10 2015
scrapydo2.wordpress.com

Amper gedink dis Hartebeespoortdam maar dit lyk nie so nie. Dis al dammerigheid wat ek ken.

2 10 2015
Spokie sny spoor

Hiehie – jy moet nou al Laviga se stories bymekaar vee met jou besem en soos Scrapy ‘n e-boek begin maak …

2 10 2015
Lewies Mymer

Moet net nie teks en vlieg nie! dan is jy gouer in die hemel as wat jy kan sê “Mes”!

2 10 2015
Toortsie

Maar kyk net jou BRILLE! Sjoee

2 10 2015
rondomtaliedraai

Die ou prentjie is darem ne te klein vir my ou oë. Dit moet iewers naby die see wees. Dis lekker om jou terug te sien

5 10 2015
Olga

1
2
3
Blok vir Laviga.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: