Herinneringe

30 09 2015

Scrapy se huiswerk die week is herinneringe.

Die mens sal seker nooit weet wat regtig in ‘n dier se kop aangaan nie.  Wat dink hulle, wat vind hulle snaaks, wat onthou hulle?  Diere het tog seker ook herinneringe.  Hoe herleef hulle dit en hoe sal hulle dit met ander deel.  Dit is goed bekend dat diere droom, maar gee slegte herinneringe hulle ook nagmerries?

Toevallig dat Memory juis uit Cats uitkom.  Soos julle weet het die heks mos eendag met ‘n kat oor die skouer by die huis aangekom.  Voordat ek my oë kon uitvee, is die kat ingeburger, het sy my uit die bed geskop en staan sy aan die stuur van sake.  Die kat is ook op ‘n planeet van haar eie.  Daar was eendag ‘n groot geveg omdat sy wou gaan buite speel het terwyl dit hael.  Sy speel mos buite as dit reën en selfs as dit donderweer is.  Sy het nie so lekker besef dat hael seer maak nie en die hael was te groot dat sy persoonlike ondervinding kon gaan opdoen.

Al hou sy daarvan om in die reën te speel, geniet sy glad nie nat gras nie.  Sy hou ook nie van water nie.  Ek verstaan self nie die logika daar agter nie.  Toegegee, ek is nie welkom op die kat en heks se planeet nie.

Die kat was nog jonk toe iemand eendag die tuin natspuit.  Siende dat sy aan die stuur van sake staan, moes sy persoonlik self toesig gaan hou het oor die takie.  In die proses word sy toe per ongeluk raak gespuit.  Ons praat hier van 3 druppels maksimum.  Daar was nie eers ‘n nat kolletjie op haar nie.  Vererg die kat haar in ‘n ander haarstyl in.  Water is mos nie reën nie.

IMG_20150928_193940

Julle sal my nie glo nie, maar die kat onthou die dag asof dit ‘n groot trauma was.  Sy maak doodseker dat die ongeluk nie herhaal kan word nie.  As iemand net na die tuinslang kyk, hol sy om in die huis te kom.  Sy sal maar eerder later kom kyk of sy tevrede met die werk is.

Wat was vir julle diere ‘n goeie of slegte herinnering?

Breinvasbrand:  Wie het Cats gekomponeer?

Breinlosbrand:  Olga was reg dat Charles Darwin die vader van evolusie was.  Teilhard de Chardin was ‘n paleontoloog wat ook heelwat werk oor evolusie gedoen het.


Aksies

Information

9 responses

30 09 2015
rondomtaliedraai

Ek was/is dol oor Cats

1 10 2015
scrapydo2.wordpress.com

Mmmm, dis n oulike kat wat van reën hou maar nie van natspuit nie. Wys dat sy dit tog wel onthou. Ek hou van die idee dat sy in n ander haarstyl geskrik het. Hou van jou vertelling. Dankie vir die deel van jou kattewalise.

1 10 2015
1 10 2015
Toortsie

Andrew Loydd Weber natuurlik, hoe spel mens dit?

1 10 2015
Olga

Weet jy soms het ou Blaffer se pote bewegings soos hardloop gemaak terwyl hy gele en slaap het. Ek het altyd gedink hy droom oor sy jagtogte in die voorlewe. Dis ook seker onthou. Ek weet mans met oorpakke was genoeg om Bessie die ritteltits te gee. Sy het onthou hoe daardie man haar verinnerweer het.

1 10 2015
Spokie sny spoor

Hiehiehie! Oulik geskryf, en die foto, ‘n treffer. Is die storie nou werklik, is dit jou kat? Ongelooflike mooi kat.
Eerste foto wat ek van die kat sien.

2 10 2015
seegogga

Ek se mos diere dink en voel , nes mense. Hulle word net nog altyd onderskat.

9 10 2015
Kameel

As ek so na daardie kat se hare kyk, en die byskrif dan klink dit my ek loop verergd deur die lewe.
Ons wyfie Rottweiler hol ook wanneer die tuinslang uitgehaal word….. die tuinjong het haar natgespuit toe sy nog klein was…. nou haat of bang sy water.

9 10 2015
Kameel

Nee liewe, dit is seker teef en nie wyfie nie….. weet ook nie meer so mooi nie; die kop van my wil nie aldag helder dink nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: