Die Evolusiebom

29 09 2015

Daar is min dinge wat mense so warm onder die kraag maak as evolusie en / of die skepping.  Die evolusioniste is net so passievol as die kreationiste (ek het geen idee waar die vieslike woord vandaan kom).  Dit sal my beslis nie verbaas as dit eendag tot ‘n oorlog lei nie.  Elke kant is so hard besig om sy kant te verdedig sonder om die ander kant ‘n regverdige spreukbeurt te gee.

Dit is eintlik lagwekkend.  Dit word immers ‘n evolusieteorie genoem omdat dit nog nie ten volle bewys kon word nie.  Ek kan seker moedswillig wees en uitwys dat daar van ‘n skeppingsverhaal gepraat word.  Die punt wat ek egter wil maak is dat die Bybel nooit noem wat gebeur het toe God die aarde geskep het nie.  “In die begin het God die hemel en die aarde geskep.”  Die Bybel gee nie die besonderhede van hoe die aarde geskep is nie.  Daar is dus niks in die Bybel wat ‘n groot knal kon uitsluit nie.

Netso is daar niks wat moontlike evolusie uitsluit nie.  Dinge raak natuurlik nog meer interessant dat daar twee weergawes van die skeppingsverhaal in Genesis is.  Die uiteinde van die saak is dat daar niks in die Bybel is wat evolusie uitsluit nie.  Terselfde tyd is daar niks in evolusie wat ‘n God in geheel uitsluit nie.  Ja, albei kante van die munt gaan stry tot hulle blou in die gesig is of met geweld hulle punt gemaak het.

Evolusie, in ‘n neutedop, is die vermoë van ‘n organisme om oor tyd by hulle omgewing aan te pas.  Dit was die eerste keer opgemerk aan dieselfde tipe voël wat op verskillende plekke opgemerk is.  Daar is toe geargumenteer dat die voëls van die verskillende plekke verskillende fisiese eienskappe het om hulle te help om in die unieke habitat te oorleef.  So daar genoeg tyd verloop (gemeet in generasies, eeue of selfs millennia) sal die voëls uiteindelik twee verskillende spesies kan vorm.  Die aanname is toe na ander spesies uitgebrei en iemand het durf vra of die mens ook so tot stand gekom het.  Tot op hede kon daar natuurlik nog niks bewys word nie.

Op skool was ek geleer dat evolusie die duiwel se werk is.  Om enigsins oor evolusie te dink, kom daarop neer dat jy glo dat die mens uit die aap ontstaan het.  Siende dat die mens na God se beeld geskep is, argumenteer evolusioniste dus dat God ‘n aap is.  Natuurlik met die ontdekking van Homo Naledi was daar gou oproepe van onder meer Vavi dat hy nie ‘n aap is nie.

Persoonlik is ek nie oortuig dat alles van een gemeenskaplike selletjie ontwikkel het nie.  In elk geval nie sonder ‘n besonderse goeie Wetenskaplike wat Almagtig is nie.  Terselfde tyd kan ek nie evolusie in geheel ontken nie.  Neem die mens byvoorbeeld.  Hoeveel mense word deesdae sonder verstandtande of selfs oogtande gebore?  Hoeveel mense se verstandtande moet uitgesny word.  Is dit alles die oorblysels van iets wat onnodig geraak het?

Ek is dus nuuskierig om Homo Naledi van nader te gaan beskou.  Terselfde tyd vermoed ek dat hulle nooit die bewys sal kry dat dit die mens se voorganger was nie.  In elk geval nie in my tyd nie.

As ek verkeerd is, wat maak dit saak?  Die Bybel het immers nooit ‘n stap vir stap verklaring gegee van presies hoe die mens gemaak is nie.

Hoe voel julle hieroor?

Breinvasbrand:  Wie is die vader van evolusie?

Breinlosbrand:  Olga was reg met London.


Aksies

Information

15 responses

29 09 2015
seegogga

Om evolusie te ontken is net so eng soos om te dink die son draai om die aarde, of die aarde is plat. Die volgorde vd ontwikkeling van diere ( ook d mens) op die aarde, stem verbasend nou ooreen met die skeppingsverhaal vd 1ste 7 dae soos in Genesis. So waaroor die bohaai gaan, kon ek nog nooit kleinkry nie. Die groot fout wat mense nog so d jare gemaak het is om te dink dat slegs hulle enigsinds n siel en gees het. Die Bybel se nooit dat diere nie dit ook het nie. Daar is nou bewys dat Chimpazees se volgordelike geheue ( lw in menslike geskrewe taal!) beter is as die van mense.

30 09 2015
Xena Phoenix

Ek het al lankal gesê dat die drama die nommer 1 dwelm behoort te wees.

Baie interessant omtrent die sjimpansees.

29 09 2015
Olga

Charles Darwin?

Wat gaan volgende ontdek word? Homo zuma of homo mandela? Iemand het gese die bene het nie alles aan een spesie behoort nie. 😉 Ek dink as Bones of dr Isle daardie gebeentes kom ondersoek, gaan hulle dalk nog olie daaraan sien klou. Be that as it may. Evolusie? Ek het al dikwels gedink dat die mens bedoel was om op die kniee te loop. Kyk maar hoe dikwels slaan die lewe ons op ons kniee neer? Bid of kruip? Dalk moet ons meer bid dan sal ons langer staande bly.

30 09 2015
Xena Phoenix

Blykbaar beteken Naledi ster. Die grot waarin hulle gekry is, het voor die ontdekking al as die Naledi grot bekend gestaan.

Interessant genoeg is daar glo net ‘n baie klein gat waarmee ‘n mens die grot kan ingaan. Te groot vir mans. Hulle het toe petite vroue (almal hoogs geleerde dames) gekry om in die grot te gaan grawe. Die vrouens het dit vir die passie van wetenskap gedoen, hulle is nie betaal vir die werk nie.

Tog ken ek nie een van hulle se name nie? Hulle het mos net vir Lee Berger al die vuil werk gedoen.

29 09 2015
mnrnel

Teilhard de Chardin

30 09 2015
Xena Phoenix

Ek het eendag ‘n artikel gelees dat baie van die wetenskaplike ontdekkings wat die wêreld op sy kop gedraai het, deur monniks gemaak is. Teilhard de Chardin was een van hulle. Gregor Mendel, die vader van Genetika was ook ‘n monnik.

30 09 2015
Toortsie

Solank ons net nie God uit die proses uithaal nie, gee ek nie om of dit 7 dae geneem het, of eeue nie.
Van aanpassing gepraat. Dis vir my interessant hoe selfs die koeie op ons plaas aanpas, hoe sekeres net sterker is as ander, aangepas by die omgewing. Ek weet ek maak my naam gat as ek dit sê, en die semensmouse hou nie hiervan nie, maar ek het dit net gister weer op ons kuddekompetisie gesien: Die koeie wat op die ou end uitgesoek word om mee te skou, is meerendeels koeie van bulle wat in ons eie omgewing geteel is… bulle wat in ons omgewing aangepas het, wie se ma’s ook al genoeg aangepas het om uit te staan in hulle onderskeie plase.

30 09 2015
Xena Phoenix

Hoe sê die Amerikaners? Adapt or die? Aanpassing tot die omgewing is een van die voorvereistes om ‘n lewendige organisme te wees.

30 09 2015
Xena Phoenix

Uhmmm. Ek sien die aanhanling is eintlik: “Adapt or perish, now as ever, is nature’s inexorable imperative.” H.G. Wells se woorde, hy was ‘n Engels man. Perish was seker te moeilik vir die Amerikaners.

30 09 2015
Toortsie

Naby genoeg

30 09 2015
Sonlig

Jy dink “kreationiste” is erg! Ek hoor nou een middag op RSG hoe hartlik word daar na die “oerknal” verwys! Wat ‘n vieslike woord?!

30 09 2015
Xena Phoenix

Kreationiste laat nog steeds my vel kriewel. Afrikaans is maar ‘n bietjie stadig met Wetenskap.

30 09 2015
rondomtaliedraai

Die een sluit nie noodwendig die ander uit nie en dus is te tevrede

17 03 2016
Strachan

“” Dit word immers ‘n evolusieteorie genoem omdat dit nog nie ten volle bewys kon word nie.”” Aanhaling.

Ag nee. Rêrig? Ek het ‘n hele paar van jou artikels gelees en geniet, en toe val hierdie boomstomp oor die pad.

Jy haal wikipdia orals elders aan. Gaan loer dan tog bietjie na die definisie van ‘scientific theory’. Jy is mos ‘n geleerde dame met ‘n universiteitsgraad, Jy behoort hierdie goed te weet. Gaan lees dan sommer oor ander teoriee soos ‘gravity’ en ‘atomic’ theories om die ding ‘n bietjie konteks te gee.

Tensy jy die oer-oue ‘just a theory’ bloot as ‘n ‘cop-out’ gebruik when the going gets tough…

21 03 2016
quokie

ha ha ha strachan jy klink na n re
gte wikiweetals. alles wat jy hoor gaan wiki jy en versprei dit qys wn suid as feite. en haal die wiki kak orals aan en begin graag gesprekke met ‘in my dae op varsity, toe ek nog geswot het’ of ‘toe ek nog n student was’ om almal re impress met jou hoge geleerdheid. maar die feit dat jy n ander se kennis altyd in twyfel trek is weer n goeie indikasie van jou gebrekkige geleerdheid.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: