Vinnige kontant

28 09 2015

Ek het die naweek so ‘n bietjie in die boendoes gaan wegkruip.  Sondagoggend het ek vergeet dat ek in die Boendoes is en ek stop toe op die Gauteng manier by ‘n Stopteken.  Ek moet dit seker beskryf vir die van julle wat nie bekend met Gautengse ryreëls is nie.  In Gauteng maak ons gewoonlik net of ons Stop.  As dit veilig is, ry ons.  Ons het nie tyd om ‘n hele drama rondom die stop op te voer nie.  Tensy daar natuurlik ‘n verkeersbeampte in die omgewing is.  Dit is natuurlik ‘n ander storie.

Dit was egter nie net van die Boendoes waarvan ek vergeet het nie.  Ek het van die verkeersbeamptes ook vergeet.  ‘n Fout wat ek vining besef het toe ek klaar gedraai het.  Die poephol het vir my gewaai en ek moes hom toe maar geselskap hou.  Laat ek eers die poephol beskryf.  Hy het al in die vorige bedeling gewerk en is beslis nie as ‘n kwota aangestel nie.  Diegene wat ons graag wil glo eerbaar, opreg en hardwerkend is.

Ek word eers heel kopskuddend ingelig dat hy my naweek gaan bederf.  Ek is bly hy besef dit, al was dit tegnies gesproke ek wat nie ‘n hele opvoering van ‘n stop gemaak het nie.  Hy vra my of ek weet wat ek verkeerd gedoen het en ek erken my oortreding sonder ‘n sweem sarkasme.  Hy vra my bestuurderslisensie en gaan haal sy boeteboekie.  Ek word gewys dat die boete R750 is.  Ek het nie veel kommentaar daarop nie, dit is nie asof die verkeersowerheid my gevra het wat ‘n geskikte boete is nie.  Ek kan hulle dalk raad gee oor strafbare oortredings.

Die poephol mik-mik om te skryf en wil weet of ek van die omgewing is.  Nee, ek is nie en ek is oppad kerk toe.  Hy mik-mik weer om te begin skryf.  “R750 is baie geld.” merk hy op.  Jip, ek kan nogal baie met daardie geld doen.  Hy sug en mik om weer te skryf.  Ek wil al aanbied om namens hom die boete te skryf, toe kry ek my lisensie terug sonder ‘n dagvaardiging.

Sien?  As ‘n verkeersbeampte my lisensie vra, kry hy/sy net my lisensie.  Daar is nie ‘n bloupapiertjie wat daarmee saam kom nie.  Ek weet mens smeek vir afslag by ‘n landdros, nie by die poephol wat jou skryf nie.  Ek vat eerder ‘n boete / dagvaardiging as om ‘n ooreenkoms onder die tafel aan te gaan.  Selfs al word ek met toesluit gedreig, soos wat al in die verlede gebeur het.

Sies tog!  Die poephol moes maar iemand anders kry wat hom admin sou spaar vir ‘n fooitjie.

Ek haat korrupsie en weier om aan enige korrupte bedrywigheid deel te neem.

Kla jy oor korrupsie al moedig jy korrupsie onderlangs aan?  Of wen jou beurs altyd wanneer jy tussen ‘n boete en etensgeld moet kies.

Breinvasbrand:  Waar was die eerste tipe verkeerslig in 9 Desember 1868 in gebruik geneem?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Amba.


Aksies

Information

8 responses

28 09 2015
rondomtaliedraai

Nee wat ek redeneer ook nie.

29 09 2015
Xena Phoenix

Help nie met ‘n boelie nie.

29 09 2015
rondomtaliedraai

Net so!

28 09 2015
Olga

London. Buite die parlementshuis?

28 09 2015
Olga

Wil jy nie aan die muisipale bestuurder van die boendoes skryf en hom inlig watse verkeersoortredings jy moontlik opgemerk het in die tyd dat jy die man geselskap gehou het nie? Daar word immers nerens gespesifiseer hoe lank jy by ‘n stop moet stilstaan nie.

29 09 2015
Xena Phoenix

Veral nie by ‘n stop waar jy net een rigting toe kan beweeg. Regtig, iemand kan die metaal seker vir iets beters gebruik.

29 09 2015
Spokie sny spoor

Wel, wel, die poephol is nie te sleg as hy genade bewys het nie? Kom ek sê jou, hierdie poepholle het my ook al baie genade bewys. Die streng, stywe afrikaners toon GEEN genade nie – wat seker meer wetties korrek is. Maar ek verkies die genade-gewers.
Ek jaag ook een oggend vroeg vir kerk om die musikante gou reg te kry, en oepsie, hier staan hy toe oorkant die 4-rigting waar ek glad nie gestop het nie. Dis nou die poephol. Ietsie sê in my oor: “Trek net jou bybel tot op jou skoot.” Is jy so vroeg al oppad kerk toe Mev? Ja. Is ok – jy kan maar gaan. Die vorige keer het ‘n opregte afrikaner my vir ‘n R1000 daar geskryf… My bybel het my R1000 gespaar. Hiehie. Agterna het ek gewonder wie het in my oor gefluister…?

29 09 2015
Xena Phoenix

Spokie, hier was geen sprake van genade nie. Hy het gevis vir ‘n “spotfine”. Gewoonlik probeer wat jou genade probeer wys jou nie eers intimideer nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: