Die alewige skottelgoed

16 09 2015

Scrapy se toeka tokkel die week is skottelgoed.  Beslis nie my gunsteling onderwerp van bespreking nie.

Soos ek reeds al verduidelik het:  Xena Phoenix is nie die skoonste of netjiesste mens ooit nie.  Inteendeel, ek kan maklik aan ‘n Olimpiade vir luiheid deelneem en baie goed daarin vaar.  Helaas, vind ek die kat se manier van skottelgoed was nie baie aanvaarbaar nie.  Sy is ook nogal puntenerig oor watter skottelgoed sy sal was.  Ons het toe maar tot ‘n vergelyk gekom dat ek dit maar eerder sal was voordat sy in die versoeking kom om die taak oor te neem. 😉

Grappies op ‘n stokkie.  Ek haat dit as daar vuil skottelgoed die wêreld volstaan.  Ek het eendag ‘n braai by my huis gehad.  Teen die einde van die aand, was elke glas wat ek besit vuil.  Glo my, ek het verskeie kere deur die loop van die aand skottelgoed gewas, maar een van my gaste het himself elke keer aan ‘n skoon glas gehelp.  Ongelukkig het hy nie sy vuil glas kom omruil vir ‘n skone nie.

Ek glo in ‘n een beker, een bord, een bakkie ens. aanslag per persoon.  My skottelgoed is in die minimum, hoewel ek gewoonlik die reël oortree.  Dit is nogal ‘n probleem as jy jou glas gebruik vir jou vitamienpil, maar ook gou water wil drink.  Ek was dus gewoonlik een keer ‘n dag skottelgoed.  As ek in die nag iets oorkom en vreemde mense my huis moet inkom, gaan hulle lekker kan skinder.  Ek was gewoonlik in die oggend net voordat ek ry skottelgoed.

Dit is natuurlik ‘n taak wat ek uit noodsaaklikheid verrig.  Niemand kan daarvan hou om skottelgoed te was nie.  As jy eet en drink, gaan jy skottelgoed maak.  Party mense trou met ‘n skottelgoedwasser, ander los dit vir die feetjies en dan is daar die ape wat altyd met die skottelgoed opeindig.   Die enigste manier om skottelgoed te vermy, is om nie te eet nie.  Dit is ook nie so onmoontlik soos wat jy dink nie.

Prahlad Jani het blykbaar sedert 1940 nie nat of droog oor sy lippe gehad nie.  Hy het nie eers ‘n toilet nodig nie.  Hy produseer wel uriene, maar skei dit nie uit nie.  Hy was al vir 15 dae sonder kos en water toegesluit en het oorleef sonder dat hy ooit die toilet hoef te gebruik het.  Hy reken sy Hindu godin sorg vir hom deur ‘n gat in sy verhemelte.  Ander mense reken dat sy liggaam aangepas het aan langdurige gebrek aan kos en water.  Hy is egter baie gesond.

Hoe dit ook al sê:  hy maak nie skottelgoed nie en hy het ook geen rede om ooit ‘n toilet te was nie.  Hy maak my amper jaloers.  As kos nou nie so lekker was nie.

Breinvasbrand:  Aan watter godin het Jani sy lewe gewy?

Breinlosbrand:  Olga was reg met “Ek wil jou nooit weer sien”.


Aksies

Information

14 responses

16 09 2015
Toortsie

Sedert 1940? En hy leef steeds?

18 09 2015
Xena Phoenix

Deur geloof is baie dinge moontlik😉 Toegegee, baie mense is skepties.

16 09 2015
rondomtaliedraai

Neeeeee ek weet darem nie van die oom nie… hy verneuk sekerlik. Mens kan darem uit pakkies en bakkies eet en dan is die skottelgoed ook minimaal.

18 09 2015
Xena Phoenix

Minimaal is nog steeds meer as niks.

Die oom is nog nie uitgevang dat hy verneuk nie. Die wat dit gesien het (as daar iemand is) gaan hom nie verklik nie.

16 09 2015
scrapydo2.wordpress.com

Party mense is net grootgemaak om altyd n skoon koppie/glas te gebruik en dit net te los waar dit gebruik is! Ek is ook soos jy een koppie vir al die dag se teedrink, een bordjie vir eetgoed en een glas vir water. Einde van dag is dit tjop tjop gewas en skoon.(of volgende oggend!)

18 09 2015
Xena Phoenix

Elkeen kan seker in hulle huise doen wat hulle goed dink. In my huis, behoort my reëls te geld. 😉 My borde, glasse ens soek altyd ‘n soortgelyke maatjie om hulle geselskap te hou. Dink dit is die heks se skuld.

18 09 2015
scrapydo2.wordpress.com

Dis n goeie een. Sal dit moet onthou vir n volgende storie.

16 09 2015
Olga

Amba?

Ek het nog al die jare bekers aan my gesinslede toegeken. Dit het nog altyd gekeer dat ek my kaduks was aan koffie bekers. Die oompie is verseker rasend! Kos is te lekker om nie te eet nie. Jy kry mense wie dink hulle is so spesiaal dit behoort vir enige iemand anders ‘n eer en voorreg te wees om agter hulle allies skoon te maak.

18 09 2015
Xena Phoenix

Hulle moet dan in ‘n hotel bly waar daar ‘n spul mense is om agter hulle stêrre skoon te maak. Daar is seker ‘n span bediendes in hulle huise.

Daardie oompie mis beslis uit. Blykbaar mediteer hy die hele dag.

17 09 2015
17 09 2015
Spokie sny spoor

Interessant geskryf, Merrie. Die Omie se storie ook – en nogal gesond ook? wys jou net hoe aanpasbaar die liggaam van die mens is. My liggaam hou daarvan om aan te pas by sjokolade.

18 09 2015
Xena Phoenix

Myne pas ook graag by lekker goed aan. Dit is omdat die liggaam meestal uit water bestaan. Water pas in enige vorm. 😉

18 09 2015
Kameel

Ag toggie daardie een glas, een bord ding werk nie in ons huis nie.

21 09 2015
Viga? | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie

[…]  Viga? Is dit jy? Het jy probeer om ‘n sms te stuur vir my? […]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: