Is dit hoe trots jy op jou taal is?

14 09 2015

imagesCAYER6AD

Ek moet seker begin om te erken dat ek nie groot op tale is nie.  Dit was my swakste vakke op skool.  Daar was ook geen sprake dat ek ooit tale my beroep sou maak of verder daarin sou studeer nie.  Dit is ‘n vreeslike omslagtige manier om te beken dat ek beslis nie taalkundig perfek is nie.  Ek is seker die laaste een wat kan vingers wys.

As jy logika in reëls soek, gaan doen eerder Wiskunde of Wetenskap.  Daar is nie altyd logika in taalreëls nie.  Daar is nie eers noodwendig ‘n eenvormige reël nie.  Nogtans, is daar reëls wat toegepas moet word.  Een van die sodanige reëls is die dubbele ontkenning in Afrikaans.  As dit te hoogdawerend is, daar moet altyd twee NIE’s in ‘n sin wees.  Geen teen ook as nie.

Ek kan nog verstaan dat ‘n koerant adverensie nie altyd plek het vir die tweede NIE nie.  Tog sien ek deesdae dat bykans alle Afrikaanse nuusbronne die twee NIE vergeet.  Van Netwerk 24 waar daar verwag word dat jy vir swak Afrikaans moet betaal tot Maroela Media wat so vreeslik trots Afrikaans is.  Dit laat my altyd na die tweede NIE gaan soek en frustreer my grensloos omdat daar nie ‘n tweede NIE is nie.  Is joernaliste nog Afrikaans magtig?

Nie dat my taalvaardighede my ooit ‘n geskikte joernalis sal maak nie.  Dalk moet ek by die gepeupel bly.  Die trotse Afrikaners wat so hard vir Afrikaner regte baklei op elke platform wat hulle kry.

As jy ‘n trotse Afrikaner wil wees, moet jy ten minste soos ‘n trotse Afrikaner klink.  Geen redelike volwassene sal ‘n argument van ‘n kleuter ernstig opneem nie.  As jy dan soos ‘n kleuter skryf, hoe kan jy verwag dat iemand jou ernstig gaan opneem.  Ek het simpatie met ‘n moedswillige sleutelbord en spell check, maar daar is ‘n duidelike onderskeid tussen tikfout en spelfout.  Een spelfout is nog gangbaar, maar die herhaaldelike verkeerde spelling van ‘n eenvoudige word?  Jy leer mos al op laerskool wanneer dit ‘n i of ‘n u, ‘n v of ‘n f is.

As jy nou opsluit moet vloek, dan is dit die F.  Ek verstaan!  Daardie les was nie op die skoolbanke gedek nie.

My niere word nog steeds met anglisismes vergruis, maar ek het al daaroor gekerm.

Is jy ‘n Taal-Nazi?  Wat dryf jou teen die mure uit?  Is daar vandag nog plek vir taalreëls en spelreëls? Wat van leestekens? Hoekom is dit warm, maar darem?  Watter reëls maak vir jou geen sin nie?

Breinvasbrand:  ‘n Baie gewilde liedjie van André Schwartz het ook die tweede nie weggegooi.  Watter liedjie is dit?

Breinlosbrand:  Olga was amper reg.  “God vergewe ons baie, maar God vergewe ons nie die kwaad wat ons ´n kind aandoen nie.”


Aksies

Information

23 responses

14 09 2015
dalenatjie

Ek kan nie verstaan dat mense nie verskil kan insien tussen vervelig en verveeld nie…

14 09 2015
rondomtaliedraai

Ek luister verveeld na die vervelige storie?

14 09 2015
dalenatjie

Ja, want hy/sy is nie vervelig as hy/sy niks het om te doen nie, hy/sy is verveeld… 😉

16 09 2015
Xena Phoenix

Ja!! Iemand moet tog eendag vir hulle prentjies teken.

16 09 2015
dalenatjie

Is hier nie ‘n illustreerder tussen ons nie?

14 09 2015
rondomtaliedraai

Waardeer/waardeur … laat my tone krul! Jammer ek laat somer baie keer die tweede nie uit pure luiheid weg! Dit verwar niemand (nie)?

16 09 2015
Xena Phoenix

Nog ‘n goeie een. Dit het dalk te doen met die manier wat mense woorde uitspreek. Ek kan egter glad nie vingers wys na ‘n ander se uitspraak nie.

Uhm. . . dit is sommer. 😉 Somer is ‘n seisoen. (koes)

16 09 2015
rondomtaliedraai

Jaaaaaa en dan is daar maklikes soos mier/muur.

14 09 2015
Olga

Ek wil jou nooit weer sien…..

Daar is soveel, maar ‘n gtoot euwel is die komma gevolg deur die woord en. Dan is dit onnies se geskrifte ne.

Die reels is vir ‘n rede daar. Gehoorsaam hulle. Ek laat ook dikwels woorde weg uit luiheid. Maar nie as ek van aangesig tot aangesig met iemand praat nie. Wat my veral so blerrie naar maak, is die sogenaamde trotse Afrikaanse kunstenaars wie veronderstel is om rolmodelle te wees, wie nie vier woorde kan praat sonder dat twee woorde Engels is nie. Ek sien dit as gatkruip in sekere kringe.

15 09 2015
Spokie sny spoor

Ekself is ook nie mal oor hierdie ver-ingels tussen in nie.

16 09 2015
Xena Phoenix

Ek sien deesdae lag Engelse mense. “If you want a lekker lag . . .” Dalk word ons 11 amptelike tale eendag vervang met ‘n bastertaal.

15 09 2015
scrapydo2.wordpress.com

Die liewe taal. As mens regtig omgee sal daar minder foute wees. Die omgee en trots moet hand aan hand loop anders werk dit nie. Ek glo nie dat daar werklik nog in die skool klem gelê word op reëls nie. Ek is self ook nie te suiwer nie maar as n “geleerde” taalgebruiker sommer onnodige foute maak kan ek my so vererg dat ek nie eers klaar lees nie!

16 09 2015
Xena Phoenix

Ek onthou daardie weeklikse speltoetse en diktee’s (was dit ‘n diktee genoem?). Nou nie my gunsteling deel van skool nie, maar die middele het seker die doel gedien.

As jy iemand verwag om geld op ‘n produk te spandeer, dan maak jy mos seker die produk het nie sigbare foute nie.

16 09 2015
scrapydo2.wordpress.com

Beslis ja, mens moet beslis probeer om reg te spel! O ja, daardie speltoes en diktee elke Vrydag en ook tafeltoets! As jy nie 10 uit 10 kry moet jy uitskryf of n hou op jou hand kry.

15 09 2015
Toortsie

Jy hoef nie ‘n taalkundige te wees om swak taal raak te sien nie. As taal nie jou sterkpunt is nie, is jou syfers sekerlik UITSTEKEND!
Australianers gee my ‘n PYN. Gister ‘n nuwe woord gehoor: Deforestasie.
Kyk, ek verstaan dat die wêreld ontwikkel. Daar ontstaan soms ‘n behoefte aan nuwe Afrikaanse woorde, soos in die tegnologie, omdat dit nie voorheen daar was nie, MAAR AS DAAR ‘N MOOI, REEDS ERKENDE, AFRIKAANSE WOORD IS, HOEKOM ‘N NUWE, GEMORSWOORD ONTWIKKEL?
Ek dink in die verlede is net goeie Afrikaans gepubliseer. Deesdae, met sosiale media, en ‘n foon in elke persoon se hand, raak dit ‘n probleem, en die swakste taalkundiges het, lyk my, deesdae die grootste sê.

16 09 2015
Xena Phoenix

Hier is ons weer by my een filosofie klas. Wiskunde is eintlik die enigste taal wat reg oor die wêreld dieselfde betekenis het. Daar is altyd iets wat verlore gaan wanneer woorde vertaal word. Tog het ‘n uitdrukking in Wiskunde orals presies dieselfde betekenis.

Ek kry ook ‘n kramp met Angligismes. Dit is amper asof mense nie eers probeer om die korrekte spelling te kry nie. Deforestasie. Kots! Ontbossing klink soveel beter.

16 09 2015
Toortsie

Ek het ook so gevoel oor ontbossing.🙂

15 09 2015
Spokie sny spoor

Mmm – ek sê maar net baie dankie vir spel-check en woordeboeke. Ek onthou nou nog die houe op die hand met ‘n liniaal, vir elke spelfout in die skool.

16 09 2015
Xena Phoenix

Die probleem met spellcheck is dat dit alewig my Afrikaanse woorde Engels wil maak. Ek is te lui om my skriffel eers na te gaan en kom party kere is lank na die tyd agter dat spellcheck my soos ‘n idioot laat klink het.

16 09 2015
coetzee2014

Baie dankie, kan ek maar net sê. Dit was nou Stunning en awesome. Jig en nog ´n jig en nog ga ook.

16 09 2015
Xena Phoenix

As daar maar ‘n goeie Afrikaanse word vir Stunning was.

1 10 2015
O Moedertaal, soetste taal, kaalvoettaal, lekkerste taal | dalenatjie se sketsblad

[…] het so ‘n tydjie terug geskryf oor die gebruik van ons mooie taal. Toe ek gister rondblaai op Netwerk24.com loop ek hierdie skrywe van Riaan Grobler raak en reken […]

3 01 2016
Twilight

Totaal mosterd na die maal. Maar ek sit net gister en naarword vir mense se spelling op Faceboek en op my blog. Miskiet (muskiet), ritslyter (ritssluiter) en soms is die spelling so swak dat mens regtig nie kan uitmaak wat die persoon wou gesê het nie… Ek aanvaar almal van ons gaan soms ‘n foutjie maak. Maar om darem elke tweede woord verkeerd te spel…? Is dit swak skoling, net geen aanleg vir die taal nie of is dit sommer maar net omdat iemand glad nie omgee nie? Een ding weet ek beslis en dit is dat mens tot ‘n mate kan verleer om ordentlik te spel. Nes jy dit kan aanleer. Swak spelling maak ‘n verskriklike slegte indruk.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: