Ouer as ‘n dekade en nog nooit gebruik nie

26 08 2015

Scrapy toeka tokkel die week oor Wasdag.  Laat ek vir julle vandag een ding vertel.  Ek is loshande die luiste huisvrou in die hele Suid-Afrika.  Dit is nou my nederige streep wat praat – die wêreld is immers baie klein.  Gelukkig soek ek mos nie eie roem nie, ek sal maar volstaan by die slegste huisvrou in Suid-Afrika.  Ek hou nie van huiswerk nie.  Ek hou beslis ook nie van wasgoed nie

Op skool het wasgoed wat in die wasgoedmandjie geland het maar die gewoonte om skoon en netjies terug in die kas te kom.  Wonderlike stelsel, wat helaas nie met vingersklap geskiet nie.  In elk geval, dan skryf mens mos matriek en skielik verander die wêreld.  In my geval, ek het in die stad gaan swot waar ek bloot te ver was om elke week vir my ma ‘n bondel (of 3) wasgoed te bring.  Ek sou dit self moes was en wee jy!  Self moes stryk!

Ek neem aan my ma het haar nogal verlekker aan die gedagte.  So oppad universiteit toe, kry ek toe ‘n strykyster.  Daar was net een klein tegniese besonderheid waarvan sy nie geweet het nie.  Geen koshuisstudent wat sy / haar sout werd stryk iets nie.  Nie eers as ‘n eerste jaar vir ‘n senior student nie.  Ek dink ons het sommer in oriëntering geleer dat stryk onnodig is as jy jou goed direk uit die tuimeldroeër opvou.  Buitendien, in ‘n koshuis is daar ook net soveel wasmasjiene.  As jy per ongeluk 5 minute laat is, het een of ander oorhaastige siel sommer jou klere vir jou opgevou.

Helaas kan ‘n mens nie altyd ‘n student bly nie.  Die groter tragedie is dat wat netjies is vir ‘n student, is nie noodwendig wending vir jou eerste pos nie.  Weereens, geen probleem.  Ek het seker gemaak dat ek by ‘n tannie loseer wat wel wasgoed gedoen het.  Later het ek  in ‘n tuinwoonstel gewoon.  Ek het toe my klere na ‘n washuis of na my ma geneem om skoon en gestryk te kom.  Julle wil nie weet vir hoe lank nie.  Ek het bloot nie plek vir ‘n wasmasjien gehad nie.  Wie stryk as jy nie wasgoed gewas het nie?  Dus was die strykyster wat saam met my universiteit toe is, nog net so in die oorspronklike verpakking.

So word ‘n mens se studielenings afbetaal en skielik is ‘n tuinwoonstel(letjie) net te klein.  Jy kry ‘n kamermaat en trek by ‘n meenthuis.  Jou kamermaat het ‘n wasmasjien.  Die strykyster is al ‘n dekade gelede gekoop en is nog nooit uit die verpakking gehaal nie.  Dalk is dit nou die tyd om ‘n verhouding met ‘n strykyster aan te koop.  Dankie tog daar is soveel droogskoonmakers wat bereid is om vir jou te stryk.

Vandag deel ek ‘n huis met die heks en die kat.  Nie die heks of die kat kom naby die wasmasjien nie.  Ek moes toe maar noodgedwonge begin wasgoed was op ‘n gereelde basis.  Ek het lanklaas vir my ma gaan kuier met ‘n groot bondel vuil wasgoed.  Maar ek trek die lyn by stryk!  Daardie strykyster is nog steeds ongebruik.

Breinvasbrand:  Van watter land is die Speed Queen afkomstig?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Kim Hong-Hee.


Aksies

Information

33 responses

26 08 2015
Olga

eerste!!!!!!!!!

26 08 2015
Olga

Ripon, Wisconsin, USA

Ek haat dit om te stryk. Dis asgevolg van stryk dat ek so lank op Viagra was. Die Viagra het my bene styf gemaak sodat ek ure lank kon staan en stryk.

7 09 2015
Xena Phoenix

LOL! Jammerte Viagra kan nie op hulle eie bene staan en stryk nie.

27 08 2015
scrapydo2.wordpress.com

Gelukkig het my seun my man se handigheid mert wasgoed ge-erf. Hy weet om te was en te stryk. Hy stryk soggens steeds sy hemp wat hy gaan aantrek. Is maar n storie as daar so n hoop wasgoed is en op einde is daar nie iets om aan te trek nie!

27 08 2015
Olga

Dan is mens bitter spyt jy het nie die oorspronklike twaalf goedjies gestyk nie want nou sit jy met sestig.

27 08 2015
scrapydo2.wordpress.com

Ha ha, dit is beslis so. Ek het gelukkig genoeg onderklere vir twee weke. Hoef soms net elke tweede week te was, genoeg om te verskoon en niks om te stryk nie.

7 09 2015
Xena Phoenix

Ek is seker sy vrou waardeer hom daarvoor. Ek ken dames wat niks vir hulle self sal stryk nie, maar wat altyd die man se hemp sal stryk. Dit is om van te kots.

8 09 2015
scrapydo2.wordpress.com

Ek weet nie of sy dit genoeg waardeer nie. Sy kan self nie stryk nie of te wel het nooit nodig gehad om dit te doen nie.

27 08 2015
27 08 2015
ekmyselff

Nee wat ek sal ook n baie slegte bediende maak. Ek haat stryk en skottelgoed was. Die res kan ek nog hanteer. Ai maar eks dankbaar vir my bediende al is dit net 1x n week.

7 09 2015
Xena Phoenix

Ek sal ook van die bediendes wees wat steel. Teen die tyd wat die werknemers agterkom ek is nutteloos, het ek reeds ‘n neseier.

7 09 2015
ekmyselff

Bawhaaaa…. sies!

7 09 2015
Xena Phoenix

Ten minste is ek eerlik. 😉

7 09 2015
ekmyselff

My vriendin se bediende “leen” haar juwele… min weet sy die “madam” sien haar op face book met haar juwele aan…. lol

7 09 2015
Xena Phoenix

En die “Madam” beskyt haarself nie? As ‘n mens wil skelm wees, moet jy slim wees. Nie jou gelenery op FB verkondig of die Madam as ‘n vriend aanvaar nie.

7 09 2015
ekmyselff

Madam is n roofkyker… sy loer op ha ptofile… sys nie bewus die madam weet nie….

7 09 2015
Xena Phoenix

Madam “Vlieg teen die Muur”. LOL!!

27 08 2015
Toortsie

Oeee vroeër het ons ALS gestryk! Nou het ek ook al lui geraak.

7 09 2015
Xena Phoenix

Duidelik was daardie mense verveeld. Ek het altyd iets beters om te doen as om te stryk.

7 09 2015
Toortsie

Baie wersmense gehad in ou dae

7 09 2015
Xena Phoenix

Seker goed vir werkskepping gewees.

27 08 2015
HesterLeyNel

Ek stryk net my man se t-hemde en my winter-pajamas – ek weier om in kreukels te slaap.

7 09 2015
Xena Phoenix

Uh . . . durf ek vra hoekom die somer pajamas nie kreukels het nie?

8 09 2015
HesterLeyNel

Wel, jy sien, dis minder materiaal en dus minder kreukels!

27 08 2015
rondomtaliedraai

Ek is ook hondlui!

7 09 2015
Xena Phoenix

Ek is sommer katlui. Al ooit ‘n kat sien draf agter ‘n kar / bal / stok aan?

7 09 2015
rondomtaliedraai

Te oulik! Maar dan het het katte ‘n persoonlikheid van hulle eie en laat hulle nie so maklik gebruik nie

28 08 2015
Kameel

Jy is so allergies vir stryk soos ek. As jy in Frankryk bly hoef jy nie klere te stryk nie…. so het ek verstaan uit Marieta van der Vyfer se boek. Die naam is nou skoonveld weg😦
Dankie, het lekker gelees.

7 09 2015
Xena Phoenix

In Frankryk hoef jy ook nie te bad nie. Nee, dankie. Ek bly net hier. 😉 Solank daar iemand is wat ek kan betaal om vir my te stryk.

28 08 2015
Kameel

Speed Queen word in Wisconsin USA vervaardig.

30 08 2015
Klip

Ek het ook my strykyster al vir meer as 3 dekades, nog steeds in die oorspronklike verpakking , so bietjie gekreukel , maar die “benefits” is absoluut die moeite werd. My strykyster se “settings” maak koffie en tap badwater in……
My T hemde sal ook nooit kreukel nie , ek tel net so een kilo op dan span hulle weer lekker styf……….geen kreukels

7 09 2015
Xena Phoenix

Eish! As jou strykyster jou nou moet hoor, bly daar net ‘n bloedkol van jou oor. 😉 Ek neem aan haar naam is nie Van der Merwe nie.

30 08 2015
Klip

This morning I was sitting on a bench next to a homeless man, I asked him how he ended up this way.

He said: Up until Last week, I still had it all !!!

A cook, cooked my meals, my room was cleaned,

my clothes were washed, pressed, I had a roof over my head, I had TV, internet, I went to the gym, the

pool, the library, I could still go to school. . …

I asked him, “What happened? Drugs? Alcohol,? Divorce??????

Oh No, nothing like that he said. No, no … I got out of prison.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: