Sakkaboela

25 08 2015

Wie is bang vir ‘n petite Koreanse meisie wat opera sing op pop musiek?

Wel, laat ek vir julle een ding vertel?  As jy nog nie een van jou bang hare verloor het nie en jy nog nie eers aan die tandmuis dink nie, is daardie ooggrimering regtig skrikwekkend.  Dalk net in ‘n stal?  Hoe dit ook al sê, Kimera het vir Xena Phoenix die ritteltits gegee.  Vandag kan ek egter nie met sekerheid sê hoekom nie.

Kimera het van jongs af klassieke musiek in kore gesing.  Sy is Frankryk toe gestuur vir haar universiteitopleiding en in die tyd het sy ‘n liefde vir pop musiek ontwikkel.  Iets wat haar pa dwars in die krop gesteek het, hy het nie ooghare daarvoor gehad nie.  Kimera het selfs vir ‘n tyd lank opgehou sing weens sy afsku in pop musiek.

Kimera het later opera in Frankryk studeer.  Nadat sy graad gevang het, het sy besluit om haar liefde vir opera met pop musiek te verbind.  So het sy Popera of te wel Rock Opera geskep.  Volgens Wikipedia, persoonlik glo ek die genre was deur Queen met Bohemian Rhapsody gestig.  Sonder dat hulle klein merries bang gesing het.

Kimera se Popera het baie kritiek uitgelok, maar dit was glo besonders gewild in Suid-Afrika.  In 1987 is haar 5 jarige dogter ontvoer.  Die kind is wel ongedeerd teruggevind, maar dit het Kimera sku vir die openbare lewe gemaak.  Dus het haar loopbaan tot ‘n einde gekom.

Onthou julle Kimera?  Wie het vir julle die ritteltits gegee?  Is dit vandag nog die geval?

Breinvasbrand:  Wat is Kimera se regte naam?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Eric Knight.


Aksies

Information

4 responses

25 08 2015
rondomtaliedraai

Ek is nie dol oor soprane nie, maar ek kan nogal soms na haar luister

26 08 2015
Olga

Kim Hong-Hee.

26 08 2015
Olga

Kyk, laat ek eerlik wees, Kimera het my ook die ritteltits gegee. Van lekkerte, ek het haar musiek so geniet. Ai, dit moes die oordadige grimering en vreemde kleredrag gewees het wat kinders so bang vir haar gemaak het. Ek kan so na haar musiek luister.

26 08 2015
Griet

Mooi musiek. Aaklige grimering.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: