En . . . mis!!!

19 08 2015

Oe!  Ek het al soveel kere getoeka tokkel met TV Programme, dat ek nie weet wat om te sê nie.  Toegegee, dit was nie voorheen vir Scrapy gedoen nie.

Televisie is maar ‘n slinkse karakter.  Niemand hou mos van televisie.  Dit is maar aan omdat die kinders / man / vrou kyk.  Dit is dalk net aan omdat ‘n mens ‘n bietjie agtergrond geraas soek.  Jy kyk nou nie regtig nie, maar tog gebeur daar iets wat jou aandag vang.  Dit fassineer jou, walg jou of irriteer jou.  Wat dit ook al is, jy moet net weet wat verder gebeur.  Terwyl jy dit probeer vastel, vang iets anders jou.  En goodness gracious, voordat jy weet, is nog iemand op die paal (wel, is jy die slaafse volgeling van een of ander program).

Dit is natuurlik.  Dit is ook snaaks hoeveel ‘n mens in die verbygang kan optel terwyl jy met die een oog televisie kyk.  Jy leer die breë storielyne ken en al die karakters se agtergronde.  Jy weet wie met wie getroud is en wie elk een se skelmpie is.  Jy weet hoekom die spesifieke persoon week na week op die rooi tapyt afgeneem word.  Dit is goed en wel.  Ten minste bou dit jou algemene kennis.  Dit kan egter net gebeur as jy iewers ‘n oog op ‘n televisie het.  Verkieslik op die regte kanaal.

Op hoërskool, het die televisie maar ver tweede gekom.  Ek was amper elke middag op straat en het ook naweke gewerk.  Ek het wel saans die programme gevolg, ook maar net toe ek koshuis toe is.  Ja, ons het toegang tot ‘n televisie gehad, maar dit was gewoonlik diegene wat eerste daar was se reg om te kies.  Party meisies het nooit die TV kamer verlaat nie, hulle het letterlik die een sepie na die ander gekyk.  Ons was oor die algemeen nie veel gepla nie, ons het beter dinge gehad om te doen as om oor ‘n program te baklei.

Ek het toe ek begin werk het, nie ‘n televisie gehad nie.  Ek het op ‘n stadium my broer se televisie geleen, maar ek het eers toe hy dit weer nodig gehad het, daaraan gedink om ‘n televisie te koop.  Dit is nou vir die aande wat ek wel by die huis was.  Miskien, as daar iets wat die moeite werd is om te kyk.  Ek dink DSTV is belaglik duur (ek koop eerder DVD’s en boeke), dus het ek net die gewone kanale.  Tot tyd en wyl my TV vir openbare uitsending geskik is.  Nie dat ek sal treur nie, daar is letterlik niks wat ek wil kyk nie.

Punt wat ek wil maak, is dat jy nogal kan mis as jy nie toegang tot ‘n televisie het nie.  Goed en wel, jy kan nie mis wat jy nie ken nie.  Jy lyk maar net dom as jy verward rondpik oor McDreamy of McSteamy (ek het eers in die 8ste seisoen daarmee opgevang – nie op TV nie).

Dit is nie al wat ek gemis het nie.  Ek het geen idee waaroor die ophef van Friends of Dawson Creek is nie.  Dit het nog nooit oor my TV stel gekom nie.  Ek het gehoor Orange is the new Black is briljant.  Ek aanvaar maar die mense se word daaroor.  House was blykbaar ook briljant, maar ek kon met die paar episodes wat ek daarvan gesien het dit nie insien nie.  Hoeveel hospitaal reekse kan daar wees?  Ek het net gehoor van Scrubs, ER en Binnelanders.

Het ek gemis?  Ek het geen idee nie.  Ek kyk gewoonlik die programme wat mense my in bloed belowe briljant is.  Ek het so onlangs met Dexter begin.  Ek vang alles in ‘n paar weke op (ipv jare as jy dit op die televisie volg).  Soos in letterlik alles.  Ek kyk met die een oog en as iets my kielie vra ek my goeie vriendin google.  Wanneer ek dus met ‘n reeks klaar is, is daar niks wat ek nie daarvan weet nie.

Ek is nie een van daardie mense (tot almal wat dit waag om saam met my TV te kyk) wat in spanning my naels afkou tot alles oopgegooi word nie.  Ek kan lewe met kunsmatige spanning, nie met nuuskierigheid nie.

Waar laat dit my?  Dalk ‘n obsessiewe TV kyker, al is dit nie noodwendig uitgesaaide TV wat ek kyk nie.  Ek het persoonlik niks teen TV kyk nie, mits dit iets is wat my kan amuseer.

Breinvasbrand:  Ek het ‘n aanhaling van Vetkoekpaleis in die die stuk gebruik.  Watter karakter se gevleuelde woorde was dit?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Diane Kohler-Barnard.


Aksies

Information

13 responses

20 08 2015
scrapydo2.wordpress.com

Ag wat, dit bly aan eenkant n euwel en tog ook n lekkerte as jy die regte program kyk. Dankie vir die Tokkel al is dit op n ou snaar!🙂

21 08 2015
Xena Phoenix

Wel, daar is natuurlik die juwele, waar jy elke episode so 10 keer moet kyk. Ander kan jy ‘n episode of selfs ‘n maand se episodes mis, en eintlik niks mis nie.

21 08 2015
scrapydo2.wordpress.com

Ha ha, ja ek weet. Daardie wat jy maar n week oor kan slaan en jy het net een episode nodig en jy is terug in die hele storie. Daar is beslis sekeres wat mens oor en oor kan geniet.

20 08 2015
20 08 2015
Kameel

O ek het vergeet van The Mentalist waarvan ek so baie gehou en elke week gevolg het. Soos gewoonlik het ek nie ‘n idee wat op die einde gebeir het nie. Ons tv is afgeskakel voordat ek die laaste twee seisoene gesien het. Kan seker maar soos jy google…. maar ek sal dit graag met my eie oë wil sien.

21 08 2015
Xena Phoenix

The Mentalist is op my kyklysie. Sodra ek my rekenaar reg laat klap het.

20 08 2015
rondomtaliedraai

Ek kyk maar… pure nuuskierigheid

21 08 2015
Xena Phoenix

Ek is ook altyd bang ek mis iets.

20 08 2015
Olga

Ek kon in House nie insien hoekom sy assistente die pasiënte sonder uitsondering tot aan die drumpel van die hiernamaals bring voordat die dronkaard homself verwerdig om skouer aan die wiel te sit of sommer net gesê het wat skort nie. Dexter is heeltemal te dom met sy roetine wat hy volg. Ek wat Olga is, wat nie ‘n bloedspatsel spesialis is nie, sou hulle baie slimmer en met baie minder risiko kon doodmaak. Maar nou ja, dit is mos hoekom daar nie Mev. O. Oksle is om te kyk nie.

21 08 2015
Xena Phoenix

House is beslis nie so briljant soos wat House dink hy is nie.

20 08 2015
Olga

skuus, dit was Worsie se gevleuelde woorde. Ek kyk Vetkoek paleis, kitsch soos dit is, oor en oor en kry altyd iets nuuts om oor te lag.

24 08 2015
ekmyselff

kunsmatige spanning, nie met nuuskierigheid nie – ek hou van!
Ja, die ou TV, ne! Ek hou van n gerasie in die huis, nie noodwendig die TV nie, al is dit musiek. en… ek is bietjie nuuskierig – lol

25 08 2015
Xena Phoenix

Ek is nie verniet Xena N. Phoenix nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: