Ander mense se kinders

11 08 2015

Daar is beslis voordele daaraan om ‘n kind te wees.  Een daarvan is dat niemand skeef opkyk as jy in jou slaapklere reis, funksies bywoon of self kerk toe gaan nie.  Daar is ‘n tyd om formeel te wees, maar daardie tyd is nie wanneer jy ‘n kind is nie.  Dit is ‘n tyd om prakties te wees.  As jy in die bed gaan spring as jy tuis kom (of gaan aantrek nadat jy gearriveer het), wie gaan daaroor kla?

Goed en wel!  Die vraag is tot watter ouderdom is toelatings en toegewings geskik?  Kom ons neem kerk toe gaan as ‘n voorbeeld.  As jou ouers verkies om ‘n aand diens by te woon, is dit geskik om op 8 of 9 jarige ouderdom nog in jou slaapklere kerk toe te gaan?  Elke week?  Ons praat nou nie van ‘n middernagdiens of ‘n laat aand diens wat buite die normale roetine is nie.  Is dit geskik as die 8 / 9 jarige kind die enigste kind is wat week na week in slaapklere opdaag?  Veral as daar aansienlik jonger kinders is wat normaal aangetrek is?

Nie dat ‘n mens die kind kan bevraagteken daaroor nie.  Hy / sy besluit immers nie wanneer dit tyd is om te bad of kerk toe te gaan nie.  Dit vra egter vrae.  Dit het seker niks met my te doen nie, tog kan ek nie help om te wonder nie.  Sien, dit is nie die enigste ‘afwyking’ van die ander kinders nie.

Die spesifieke kind is nooit meer as 2 cm van sy / haar ma nie.  Die ma doen dikwels aktiewe diens in die kerk.  Wanneer sy voorlees of selfs nagmaal uitdeel, hang die kind aan haar.  Die kind sal nooit by die pa sit vir die paar minute wat die ma ‘n spesifieke funksie moet verrig nie.  Dat sy by iemand anders sit is ook buite die kwessie.

In die spesifieke diens is daar ‘n ouerpaar wat ‘n handvol kinders het.  Ouer en jonger as die kind waarna ek verwys.  Van die ander kinders kom sit graag by hulle tydens die diens.  Ek het al gesien dat die pa, ma en die kinders die pramhanger nooi om by hulle te kom sit, maar die uitnodigings was nie eers met ‘n antwoord vereer nie.

Dit laat ‘n mens wonder.  Snaaks genoeg vermoed ek dat dit nie die kind self is wat onveilig voel by enige iemand anders as sy / haar ma nie.  Die ma het kinders wat al in hulle 30’s is.  Kan dit ‘n geval wees van leënessindroom wat te ver gevoer word?  Hoe langer die kind ‘n baba bly, hoe langer bly die nes vol.  Is dit egter regverdig vir die kind?

Hoe voel julle?  Hoe lank is ‘n kind geregtig om ‘n baba te bly?  Is dit die ouer se reg om ‘n kind ‘n baba te hou?

Breinvasbrand:  Wie was Mickey se stem in Look who’s talking?

Breinlosbrand:  Olga en Ekmyselff was reg met Juanita du Plessis.


Aksies

Information

7 responses

11 08 2015
ekmyselff

Dit is beslis die ma en nie die kind nie. En beslis is dit tot nadeel van die kind.
Ek glo kinders moet onafhanklik wees.
Party mamma’s is baie erg oor goed wat vir ander weer nie saak maak nie. Ek glo maar dat alles met ‘n TE te erg is.

11 08 2015
Olga

Bruce Willis (of was dit Roxanne Barr?)

11 08 2015
Olga

As dit nou ‘n middernagdiens was, sou ek niks daarmee fout gevind het nie. maar aangesien ek die mafiakerk ken, was aanddiens heelwaarskynlik 6 – 7. Self as die kind tuis was, sou hy /sy nog nie nagklere aangehad het nie. Almal sien wat gebeur, hoekom het niemand nog daaraan gedink om die welsyn te vra om te gaan loer hoekom die kind ‘n pram hanger is nie?

11 08 2015
Olga

Wat nog ‘n erger sielsdoder is, is wanneer volwassenes aansit. Goeie moer! Dan sal hulle nog ewe vra “Hoekom kom kuier jy nie vir ons nie?” Askies? Wil hulle nou regtig sien as die Olga se moer deurrafel? Fok praat van brille, dan hoor jy go sy het net 18/18 visie. Sy het ‘n gehoor apparaat wat in die kas lê. As iemand verkoue het, dan wonder sy of sy nie longkanker het nie. Nee, aarde, ek vererg my eerder vir die blerrie molle wat alles opneuk.

11 08 2015
rondomtaliedraai

My kerk het nie meer aanddienste nie. Hulle het wel 5uur katkesasie vir die tieners Baie spesiaal – daar word baie moeite gedoen.

12 08 2015
scrapydo2.wordpress.com

Daar is maar ouers en … ouers! Mens moet so n moeder sommer bietjie onder vier oë spreek. Sy maak die lewe moeilik vir die kind. Die kind gaan dieselfde met haar kinders doen eendag

12 08 2015
Toortsie

Gevaarlike onderwerp hierdie!🙂
Tye verander, ouers raak meer gemaklik. My kinders het geslaap in slaapklere en gespeel in speelklere, behalwe as ons baie laat by die huis gekom het en ek nie nog krag gehad het om kinders te bad nie, dan het hulle geslaap in speelklere.
My meisiekind was baie vas aan my, soos ‘n Venter sleepwaentjie. Dalk het ek dit toegelaat omdat sy die jongste was?
As ek in die kerk klavier moes speel, moes hulle by hulle pa sit. Of ek het iemand gevra om my te help, om die kinders onder my voete uit te kry. Tog het dit gebeur dat ek by ‘n operette klavier moes speel en my tweeling weerskante van die klavier gestaan het, tjoepstil. Dit moes seker gepla het, maar hulle was ten minste tevrede. Maar dit was nie die norm nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: