Mengelmoes

5 08 2015

Scrapy wil die week van ‘n mengelmoes weet.  Wel, laat die gedagtes begin spat.

Kom ons begin met die nuus wat die wêreld tot in hulle skoene in geskok het.  Die dood van Cecil die leeu.  Daardie tandarts kan sê wat hy wil, maar die idioom is nie verniet lieg soos ‘n tandetrekker nie.  Dit is net baie minder moeite om ‘n geblikte leeu vir ‘n ryk Yankee nader te sleep as om ‘n bekende leeu uit ‘n reservaat te lok.  Ek vermoed hy het betaal om spesifiek vir Cecil te skiet.

Die gemiddelde (en etiese) jagter beteken veel meer vir die ekologie as ek wat met my kamera jag.  Die natuur is beslis nie meer op so ‘n vlak dat dit sonder menslike inmenging kan voortbestaan nie.  Wel, dalk as al wat ‘n mens is van die aarde verwyder word nadat alle heinings plat geslaan is.  Ek sien dit nie gebeur nie.  Diere se getalle moet beheer word en as iemand wil betaal vir die werk, des te beter.  Daardie jag en geld beskerm spesies.

Terselfde tyd moet ek nogal erken dat ek noudie dag lekker gekry het toe ‘n jagter ‘n armadillo (gordeldier in Afrikaans) geskiet het en die dier se skudde die koeël terug na die jagter gestuur het.  As jy wil uitdeel, moet jy kan ontvang ook.

Die hele Cecil storie is hartseer.  Hartseerder is dat dogtertjies uit hulle huise gelok word om verkrag te word voordat hulle verewig stil gemaak word.  Dit gebeur daagliks.  Hoekom is die dood van ‘n leeu ‘n groter tragedie?  Net om een voorbeeld te noem.

Cecil het ons darem ‘n breek gegee met die hele “love wins” sepie.  In die eerste plek, “love win” al sedert 2006 in Suid-Afrika.  Hoekom die groot vreugde / afgryse as jy nie self in Amerika bly nie?  En ja, mens kan simpatiseer met die twee ooms van in hulle 80’s wat in Texas hulle liefde kon formaliseer het.  Is dit regtig ‘n geval van liefde wat oorwin het?  Of is dit eerder ‘n geval van “Everything you can do, I can do better?”

Laat ek verduidelik:  in SA was die kopseer nie so seer om twee mense van dieselfde geslag te laat trou nie.  Die eintlike pyn was hoe om hulle weer te kon skei.  Daar was nie net ‘n stormloop om eerste getroud te kom nie.  Ek onthou een artikel baie goed van ‘n gay paar wat baie trots daarop was dat hulle heel eerste kon skei.  Hulle het spesifiek met die doel gaan trou.

Dit is seker ‘n menseregte saak.  Na die opspraakwekkende referendum in Ierland het iemand nogal ‘n baie interessante vraag gevra:  Behoort die meerderheid oor die regte van ‘n minderheid te besluit?  Is dit reg?

Ek moet sê dat ek vreeslik geamuseerd is dat baie mense wat die instelling van die huwelik verag, voorstaanders van homoseksuele huwelike is.  Ek sien nie die logika nie.

Die laaste twee jaar is dit asof gayregte die hoogste prioriteit geniet waar dit mense regte aangaan.  As jy nie daarvoor staan nie, is jy so goed soos ‘n bloedafstammeling van Hitler.  Ek meen, in ‘n wêreld waar mense nog doodgemaak word oor hulle geloof, van hongerte sterf, nie kan lees of skryf nie, waar mense (of hulle organe) verkoop word of sommer net soos diere behandel word, is dit regtig die hoogste prioriteit?  Om te kan trou (en skei)?

Paulus word dikwels in die gay debat ingesleep.  Ek is nie self ‘n aanhanger nie, maar hy het soms groot wyshede kwyt geraak.  Dit is goed om te trou, maar beter om nie te trou nie.  As jy pro-gay huwelike is, geluk.  Dit is egter nie nodig om daarop aan te dring dat almal na die partytjie moet kom nie (verskoon die anglisisme en pun).  As jy anti-gay is, die goeie nuus is dat jy nog steeds kan trou met wie jy wil trou.  Jy hoef nie met iemand dieselfde geslag as jy te trou nie.

Ek wonder regtig soms wat van ‘n vrou se vryheid van denke en beweging word as ‘n man betrokke is.  Kan jy werklik gelukkig wees om te spring elke keer wat iemand sy vingers klap?  Wat is die sin daarin om jou persoonlikheid te verander om ‘n vent te plesier?  Hoekom het nie meer vroue rugprobleme nie?  Daardie agtertoe buig kan regtig nie goed vir die liggaam wees nie.

Jacaranda het my gunsteling program van die lug afgehaal.  Dit is beslis nie meer lekker om na hulle te luister nie.  Ek het altyd Andrew se speletjies geniet.

Van speletjies gepraat, die LUR van onderwys in Gauteng het alweer nie gepoep toe hy moes nie.  Hy het op sy nalatenskap besluit en dit gaan glo “Twining” wees.  Model C skole (wat meestal deur die ouers befonds word) gaan met ‘n arm, swak presterende skool moet ‘saamsmelt’.  Hulle sal een begroting hê (alles natuurlik van die model C skool sal kom) en een beheerliggaam (wat ten minste 50% van die arm skool sal insluit).  Natuurlik weer ‘n geval vat van die een wat goed doen en bogger nog ‘n skool op.  Dit is terloops dieselfde man wat onlangs verklaar het dat township skole nou beter toegerus is as van die land se voorste skole.

Wel, ons moet toegee.  ‘n Standard 2 van ‘n township skool is goed genoeg om van jou ‘n president te maak.  Aan die anderkant, dit was daardie tyd ‘n heel ander standard as wat vandag in die onderwys was.  Dit maak jou nou net nie ‘n goeie president nie.  Het die man enigsins iets goeds in sy termyn gedoen?

Het ek iewers tone gemis? Wel, ek kan dit seker met ‘n volgende skrywe bykom.

Breinvasbrand:  Wie het Mengelmoeskardoes gesing?

Breinlosbrand:  Olga was reg met André van der Merwe en Frank Graewe.

 


Aksies

Information

15 responses

6 08 2015
scrapydo2.wordpress.com

Eers baie dankie vir jou mengelmoes bydrae. Jy het nou so reg na my smaak gepraat(smaak? bitter) Dis hierdie minderheid eise wat my die duiwel in maak. Die goed word in jou keelgat afgewurg. As jy nie sluk nie moet jy maar doodgaan. Cecil, gay en skole is sulke neerdrukkende dinge. Is soos jy sê, mense en kinder handel is baie belangriker as regte om jou selfsoortige persoon te trou en te skei. Jy kan gerus n opvolg skryf.

11 08 2015
Xena Phoenix

Daar is nogal iets wat aan my krap wat ek nie hier wou ingooi nie. ‘n Opvolg is dus moontlik. 😉

Daar behoort ‘n skaal van prioriteite te wees. Dan weer, elkeen se skaal sal seker anders lyk.

11 08 2015
scrapydo2.wordpress.com

Solank daar mense is sal daar verskille wees en ook altyd struwelinge

6 08 2015
6 08 2015
Olga

Die du Plessis tannie?
Anita?
Juanita?

6 08 2015
HesterLeyNel

Dis nou sommer ‘n lekker bredie hierdie – dankie!

11 08 2015
Xena Phoenix

Met ‘n tikseltjie byt.

6 08 2015
Olga

Wat die liewe LUR vergeet het is, as hy en elke ander “VOORAANSTAANDE’ swart mens nie hulle bene afgehardloop het om in die wit buurte die grootste, duurste huise te koop of te bou nie, as hulle nie hulle kinders in wit skole gaan insit het, dan kon hulle van die townshipskole goeie instansie van geleerdheid gemaak. Maar hy en mense soos hy, wie die townships agtergelaat het, is verantwoordelik vir die verval. So as sy platkop baas hom aangesê het om die witskole se beursies oop te maak vir sukkelende swart skole, hoop ek die beheerraad-liggame van die wit skole fok hulle op tot in die hoogste hof. Hoe kan die nar so ‘n moerse vrees in almal inboesem? Die kleuter het sy eie party gaan skep, maar wie se propaganda sprei hy? Tot die anc is bang om die mens uit sy amp te lig. Die vorige president het nie helfte van die kak aangevang nie, toe verwyder die anc hom. Maar die ene? ‘n Gunfree S.A? Vir my vertaal dit nes die “nuwe vuurwapen wet” van so ‘n paar jaar gelede as “Ontwapen al wat ‘n wit mens is.” Die spul narre wie so gehardloop het om hulleself te laat ontwapen voordat al wat leef sien hulle het wapens soos jy nie sal glo nie, maar kan nie ‘n waenhuis op tien meters tref nie, skree deesdae al harder. Plaas van het hulle eerder geleer skiet.

11 08 2015
Xena Phoenix

Ek het juis gewonder hoeveel van die polisiemoorde was met gelisensieerde wapens gepleeg. Kry eers die onwettige wapens van die straat af. Gaan dan agter die wettiges aan.

6 08 2015
Toortsie

Ai jai jai. ‘n Behoorlike mondvol, net soos ons jou ken.
Die erge aktiviste irriteer my, hulle wat jou so ongeskik wil DWING om die ding op hulle manier te doen. Jy het ‘n hele paar genoem.

11 08 2015
Xena Phoenix

Niks met ‘n te is ooit goed nie.

Dit is ironies hoe onverdraagsaam mense is in hulle eise vir verdraagsaamheid. Of is dit eerder teenstrydig?

6 08 2015
ekmyselff

Juanita du Plessis Mengelmoeskardoes gesing!
Tjo, ek het lekker aan jou bek vol spoeg gelees! Moet se ek stem saam met die MEESTE van dit wat hier staan, dit was lekker lees!

11 08 2015
Xena Phoenix

😉 Waarmee het jy nie saamgestem nie?

6 08 2015
rondomtaliedraai

Lekker gelees… dankie

11 08 2015
Xena Phoenix

Plesier.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: