Riller van Teaters

22 07 2015

Ek het dit al van te vore gesê en ek sê dit weer:  hospitale is gevaarlike plekke.  Dit is nie toevallig dat so baie mense in ‘n hospitaal doodgaan nie.  Moenie jou laat flous nie.  Dit is nie net  bloot omdat siek en beseerde mense in ‘n hospitaal gestop word nie.

Waarskuwing:  hou eerder verby as jy binnekort ‘n operasie moet ondergaan.

Wat is die eerste ding wat hulle doen as jy jou kranklike voete in ‘n hospitaal sit?  Hulle dwing jou om ‘n vrywaringsvorm te teken.  ‘n Stukkie papier wat hulle basies toestemming gee om jou aan te rand.  Ek praat onder korreksie, maar ek dink amper toestemming vir ‘n aanranding wat onder vrees (of dreigement) gegee is, nie geldig is nie.  Kyk maar hoe pers hulle jou af!  As jy ons nie toelaat om jou aan te rand nie, sal jy sterf, siek bly, gestermd wees of die res van jou lewe in pyn deurbring.  Is daardie vrywaringsvorm dan regtig vrywillig?

Nog voordat die ink van jou handtekening droog is, word die kaartmasjien nader gesleep.  Hulle gaan jou beslis nie uit die goedheid van hulle hart help nie.  Baie dinge kan met jou gebeur voordat jy die hospitaal verlaat en hulle wil nie wag op boedels wat beredder word voor hulle betaal word nie.  Netnou kry hulle net ‘n ons van die pond vleis wat hulle wil hê.

Nou het jy hulle nie net toestemming gegee om jou aan te rand nie, jy het hulle boonop betaal om dit te kan doen.  Het julle al opgelet dat daardie vrywaringsvorm nogal wyd en algemeen is?  Dit gee hulle nie net toestemming om jou appendiks uit te haal of om net aan jou linker duim te werk nie.  Probeer hulle net administrasie rompslom vermy?  Ek twyfel.

Dan word jy aan die genade van ‘n slagter dokter oorgelaat.  Wat reeds betaal is en toestemming het om met jou te maak wat hulle lus het.  Dokters weet hulle is volmaak.  Ons wil hulle graag glo en sommer aanvaar dat hulle eerbaar is.  Helaas is dit nie (altyd) die geval nie.  Jy is gerieflik bewusteloos en kan nie keer as dinge handuitruk nie.

Mense het al ingegaan om hulle blindederms te verwyder en dan met ‘n bobbejaan vir ‘n maaksel wakker geword.  Goed, mens kan seker nie Tolla se word daarvoor aanvaar nie.  Daar is egter duisende (miljoene?) stories waar ‘n gesonde been afgesit is in die plek van die een met gangrene.  Waar iemand dink hulle kry prosedure X en wakker word na prosedure Y.  Sommer goed oor te gebruik wat lankal weggegooi moes word.  Waar ‘n dokter net hande in die lug gooi en iets / iemand anders blameer.

Hoekom sal hy gesteur wees daardeur?  Nie net is hy reeds betaal en het hy volle toestemming om jou aan te rand soos hy wil nie, hy kan jou nou nog meer vra.

Natuurlik net as jy nog kan kla.  Des te beter as hy jou kan begrawe.  Heelwat minder ongerief.

Dit is ‘n dapper mens wat vir ‘n operasie kans sien.  Dit is beslis ‘n dobbelspel met hulle lewe.

Breinvasbrand:  Wie is die dokters wat verantwoordelik vir die eerste penis oorplanting in 2014 was?

Breinlosbrand:  Hogwarts School of Witchcraft and Wizardry.


Aksies

Information

7 responses

22 07 2015
Kameel

Liewe land, dit is soos om na ‘n riller te luister😯 nou is ons almal bang vir ‘n hospitaal, en die dokter.😉

23 07 2015
Xena Phoenix

My openbare diens vir die dag.

22 07 2015
Olga

Drs van Matieland onder leiding van André van der Merwe en plastiese sjirurg Frank Graewe. Ek is lankal bang vir die dr. Wat my veral bang maak is die feit dat hy sal sê “Met jou mediese geskiedenis, is daar niks wat ek jou kan gee nie.” Nie eers ‘n voorskrif vir die apteek nie. Dan stuur hy ‘n volle rekening vir die maksimum wat die fonds toelaat. Hospitale is ek nog banger voor. As hulle bevestiging kry dat die mediese fonds kaart geldig en die fondse goed is, laat hulle jou nie gaan voordat hulle nie geopereer het nie. Aanrand? Hulle moet hoop ek onthou dit nie. Ek kan jou belowe, dit sal met geweld vergeld word.

23 07 2015
Xena Phoenix

Gaan slaan iemand op straat oor die kom en slag hulle blindederm uit. Sien waarvoor gaan staan jy in die hof. 😉 Moet net nie maak of jy ‘n dokter is nie – dit is ‘n heel ander storie.

22 07 2015
scrapydo2.wordpress.com

Beslis n riller om so daaraan te dink. Dis rerig soos jy sê: betaal eers voor ons jou opneem. As jy privaat is en geen geld het nie laat hul jou maar doodgaan! Oneties moet ek sê. Daar is darem ook sukses verhale! Dankie vir jou lekker teater bydrae!

23 07 2015
Xena Phoenix

Dit behoort ‘n misdaad te wees.

23 07 2015

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: