Township skole voor in die koor

21 07 2015

Panyaza Lesufi het gister ‘n groot verrassing vir die agtergeblewe skole van Gauteng gehad.  Klaskamers is toegerus met “Smart” borde, onderwysers het skootrekenaars gekry en leerders het nou tablette met onbeperkte internet toegang van 05:00 tot 21:00.  Die projek het die onderwysdepartament R1.2 biljoen gekos en 61000 matrikulante van 375 skole word daardeur bevoordeel.

Lesufi was trots daarop dat gehalte onderwys beskikbaar was vir die kinders van huiswerkers, tuiniers en werkloses.  Die kinders sal glo ‘n museum moet besoek as hulle gewone swartborde wil sien.  Hy hoop om daarmee jong meisies te bemagtig dat hulle nie vir “sugardaddies” moet uitkyk nie.  Hy hoop om die kinders te bemagtig om eendag salarisse te betaal en nie te ontvang nie.  Hy is ook verseker daarvan dat swart kinders nie op maatskaplike toelaes afhanklik gaan wees in die toekoms nie.

Die reëling omtrent die tablette klink sinvol.  Kinders mag dit gebruik om foto’s te neem, maar hulle mag nie pornografiese webtuistes, Twitter of Facebook daarmee besoek nie.  Die tablette bly die departement se eiendom, aan die einde van die skooljaar moet dit aan die skool terug besorg word.  Die ouers moet die wagwoorde van die tablette hê.  Sou die tablet gesteel word of breek, sal ‘n ander aan die kind uitgereik word.  Lesufi het genome dat hulle lewens meer werd as die tablet is.

Goed en wel.  Lesufi maak al die regte geluide en baie van die agtergeblewe skole is haaglik.  Dit is goed dat die skole opgehef word en verbeter word.  Tog wonder ek of die R1.2 biljoen nie beter aangewend kon word nie.

Hoeveel van die tablette gaan aan die einde van die jaar oorwees?  Van waar ek sit, lyk dit of daar elke jaar nuwe handboeke uitgedeel moet word.  Papier is geduldig, maar as ‘n handboek nie eers jaar na jaar gebruik kan word nie, waar sal ‘n tablet jaar na jaar gebruik kan word.  Gaan die gehalte van onderwys verbeter net met die opgradering van tegnologie?  Dit gaan mos immers oor hoe kennis oorgedra en gevestig word.

Sou die skole nie beter af gewees het as daar in hulle geboue, onderhoud en sanitasie belê is nie?  Ek meen, selfs met die beste tablet in die wêreld gaan jy niks leer as jy koudkry, wil piepie of nie in ‘n klas kan sit nie.  Verder, sou dit nie meer sinvol gewees het om hoë standaard rekenaarsentrums/internetlaboratoriums te bou nie.  Die kinders kan van daar af ook al die inligting wat hulle begeer kry met beter beheer van die toerusting en toegang.  Wat dan nog van goed toegeruste biblioteke, wetenskap en biologie laboratoriums, hotelskole en werkswinkels?  Praktiese ondervinding tel tog meer as iets wat jy gelees het?

Staar die Onderwys hulle deesdae net blind aan tablette dat hulle die basiese goed vergeet?

Of was Lefusi net op ‘n vingergooi missie.  Ek haal aan van News 24:  “I am proud to declare that those that thought that quality education is for the privileged, from tomorrow we will shame them.”

Breinvasbrand:  Watter skool het Harry Potter bygewoon?

Breinlosbrand:  Olga was reg met “Who’s the Boss?”


Aksies

Information

8 responses

21 07 2015
vuurklip

Nee, kyk. Ons oueres het sonder tegnologie wetenskap, wiskunde en tale onder die knie gekry. Die rede was dat ons meestal vaardige onderwysers gehad het. Daai biljoene sou beter aangewend gewees het as die gegaan het om onderwysers op te lei, meer van hulle in die skole te kry, luies en onbekwames uit te gooi, skole op te knap, skole se bestuur op te lei en te bemagtig.

Nuwe blink swartborde en tablette is ‘n vermorsing sonder bekwame onderwysers.

Einstein, Newton en die magdom wetenskaplikes wat ons moderne wêreld moontlik gemaak het, is byna almal met papier, potlood en swartbordkryt opgelei – deur bekwame onderwysers.

21 07 2015
rondomtaliedraai

Ai toggie ek wonder hoe lyk die kleedkamers. Ek hoor hulle wil gevangenis gebruik om die op te knap omsdat skole se kleedkamers slegter lyk as die in tronke . Ek wonder ook of hulle die tablette huis toe vat?

21 07 2015
Olga

Ek sal nie verbaas wees as ‘n hele paar al more nuwe tablette nodig gaan hênie. Apartheid sou hulle sn oppad huis toe opgeslurp het. Belaglike mense hoor.

21 07 2015
Olga

Dit terwyl die skole waar duur skoolgelde betaal word, met stokou handboeke oor die weg moet kom.

22 07 2015
scrapydo2.wordpress.com

Ons openbare bib hier het gratis WIFI vir gebruikers. Rekenaars wat deur studente gebruik kan word as jy nie jou eie het. Wat wil jy meer hê? Wie gaan daardie agtergeblewe outjies leer om die tablette te gebruik? Waar is die batterye of krag wat nodig vir die tablette? Dis nou rerig perd agter die kar inspan. Onderwysers kan skaars hul inligting aan leerders meedeel laat staan nog om almal op selfde plek te kry om die inligting te kry.

23 07 2015
Nikita

Dis goed en wel hulle kry die tablette, kan foto’s neem ens. Maar wat van foto’s neem en dan negatiewe goed van ander daarmee oplaai op webtuistes? Daar sit jy al klaar met bullying en E-safety probleme. Dan: jy is reg met die opleiding van onnies, beter klaskamers/toilette en toerusting. Wat help al die ‘mercedes’ tablette as die Onnies nie weet HOE om daarmee te werk te gaan nie? Hulle sal moet opleiding kry. Ook: daardie tablette gaan nie lank hou nie – hulle gaan gou-gou ‘wegraak’ – wie kry die skuld dan? Dit behoort in die skole gehou te word sodat Onnies dit daagliks kan gebruik. Hoeveel van daardie Onderwysers weet regtig hoe om dit doeltreffend te gebruik? Dis net soos gedurende ‘daardie’ jare, toe splinternuwe trekkers en implemente in die tuislande afgelewer is vir gebruik en toe staan dit en ROES, want niemand is opgelei om dit te gebruik nie. – mors van die belastingbetaler se geld, weereens. [sug]

5 08 2015
Xena Phoenix

Nikita!

Jou lank laas gesien.

Jy raak goeie punte aan. Ek sien hoe sleep hulle swartborde oor ‘n dekade weer uit ‘n museum om te kyk of hulle ‘n generasie kan red.

Aan die ander kant, ‘n wit bord met gekleurde penne raas nie.

5 08 2015
Nikita

hi Xena, dis ook net omdat ek vakansie het dat ek nou kan ‘rondloop’🙂 Dis soos jy daar sê. Btw, toe ek hier in Engeland aangeland het, het ek swartborde en kryt in ‘n hele paar skole gesien. Ek het self in een skoolgehou waar ek dit gehad het- dis nie lank terug dat die tegnologie oorgeneem het. Ek sal nie verbaas wees as daar dalk nog ‘n verdwaalde swartbord hier iewers nog in skole is nie – veral op afgeleë plekke. In Ierland glo ek jy sal dit defintief kry. Ons het 2 Onnies van hulle afgehad en een het nie eers internet gehad waar sy vandaan kom nie!🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: