Goue oues van TV

20 07 2015

Daar was ‘n tyd wat Suid-Afrikaners aand na aand voor net een kanaal vasgenael gesit het.  Dit was natuurlik in die tyd toe SABC 2 nog TV1 (as ek reg kan onthou) was.  Soos julle weet, het TV1 in Afrikaans en Engels uitgesaai.  As ek terugdink tot die tyd waar my geheue vaag begin raak, het dit uitsendings in die middag begin.  Vir alle praktiese doeleindes het dit vir my 20:00 saans beëindig, maar ek weet daar was nog later uitsendings gewees.  Ek mag dit net nie gekyk het nie.

Die uitsendings was egter nie lukraak nie.  Maandae, Woensdae en Vrydae was die programme tot 20:00 in Engels.  Dinsdae, Donderdae en Saterdae (?) was die programme tot 20:00 in Afrikaans.  Na 8 saans, was dit tyd vir die ander amptelike landstaal.  Op ‘n Maandag bevoorbeeld sou die 8 uur nuus in Afrikaans gewees het en die res van die programme sou in Afrikaans gevolg het.

Ek vermoed die 50% van die programme was meer as wat plaaslik vervaardig kon word.  Met die gevolg dat heelwat programme in die tyd oorgeklank was.  As die oorklanking van die reeks jou nie aangestaan het nie, was jy welkom om die oorspronklike Engelse dialoog op radio (Radio 2000?) te volg.  Ek kan nie onthou dat ons dit ooit gedoen het nie, maar ek het al gesien dat twee radio’s wat op presies dieselfde stasie is, met ‘n paar sekondes van mekaar kan verskil.  So ek vermoed nogal dat dit nogal ‘n frustrasie kon wees om die storie op die radio te luister en op die TV te kyk.

Helaas het tyd, uitvindings en seker ook ouderdom ‘n geneigdheid om goed wat die kyk werd was van ‘n paar dekades, nou belaglik te maak.  Gelukkig darem nie alles nie.  As jy egter jou geheue wil verfris en nie 12:00 in die week voor SABC 3 kan / wil kamp nie, kan jy die DVD’s koop.  Op eie risiko natuurlik.  Daar is egter net een vlieg in die salf.

Wat is Spioen-Spioen se oorspronklike Engelse naam?

Tensy jy toevallig weet wat die eintlike naam is, toevallig daarop afkom of genoeg kan onthou om kreatief met Google te raak, is dit waarskynlik net ‘n aangename herinnering.  Wat dalk ‘n goeie ding kan wees, jy onthou dit dalk beter as wat dit was.  Aan die ander kant mis jy net dalk uit.  Ek meen Golden Girls is nou baie snaakser as wat dit was toe ek dit die eerste keer gesien het.  Dit was darem nooit bekend as die Herfs Tantes nie.

Breinvasbrand:  Watter program word met Judith Light, Danny Pintauro en Katherine Helmond geassosieer?

Breinlosbrand:  Olga en Kameel was reg.  Niggies en nefies mag met mekaar trou.


Aksies

Information

14 responses

20 07 2015
dalenatjie

Eeek! Maak jy nou my dag! Ek het altyd saam met my pa ‘Sending Vietnam’ (‘Tour of duty’) gekyk, goeie tye…

21 07 2015
Xena Phoenix

Ons mag dit nooit kyk nie. Wel, soms as my ma’le laat iewers gekuier het. 😉 Ek was mal oor die helikopter vlieënier. Juis omdat hy altyd musiek gespeel het. Ek onthou die een episode waar hy afgeskiet was. Toe hy agterkom dat daar van sy mense in die omgewing is, speel hy sy musiek kliphard om hulle na hom te lei.

21 07 2015
dalenatjie

Ek kan nie veel van die storie onthou nie behalwe die keer wat die een soldaat ‘n blommetjie gepluk het en toe trap hul voertuig ‘n landmyn af.. Dit was vir my so hartseer

20 07 2015
Lewies Mymer

Arsene Lupin, Derrick, Koerier van die Tsar (of so-iets)… lekker gekyk!

21 07 2015
Xena Phoenix

Ek het van Asyn Lippe vergeet!! Ek was mal daaroor. Alhoewel, as dit nie oorgeklank is nie, kan hulle dit maar hou. Ek weet Frans is ‘n taal en dit is hoe ver my kennis daarvan strek.

20 07 2015
Olga

Who’s the boss?

20 07 2015
Olga

Wee jy wat ne???? Ek dink Spioen Spioen was The Scarecrow and mrs king. Indien ek my nou nie lelik misgis nie, het Kate Jackson en Bruce Boxleitnet (0f was dit Boxlighter) daarin gespeel. Ek dink hy het in baie “cowboy” reekse ook gespeel. Ek was dol oor Sending Vietnam.

21 07 2015
Xena Phoenix

Sien my punt? Hoe de duiwel gaan hulle van Spioen Spioen na Scarecrow and Mrs King? Daar is soos geen logika daar nie.

21 07 2015
Olga

Albei was mos spoiene.

21 07 2015
scrapydo2.wordpress.com

Nou kom daar darem lekker herinneringe hier uit. In begin van TV het ek naweke na my suster in Naboom gegaan om die begin v TV programme te kyk,Dit was kinderprogramme( iets van beertjies!?) en dan bietjie grootmens storie en nuus. Kan onthou dit was so vroeg dat dit te lig was om lekker te kyk.

21 07 2015
Xena Phoenix

Dit was voordat ek gebore was.

Dit is skokkend hoe dom hulle die kinderstories deesdae maak.

21 07 2015
Olga

Solank daar gevloekery, sex en geweld is, kan alles gaan. Van sex gepraat….. Kan jy glo die ouderdom vir toelaatbare sex is na 12 verlaag? Great!!!!! Die swart kinders kry mos die “Pappilon inspuiting” van tien jarige ouderdom af. Dus is die gevaar van servikale kanker (in ou aaron se boekie) hokgeslaan onder die swart kinders. Ek glo al ‘n mens moet reguit hare hê om oor verstand te beskik.

21 07 2015
scrapydo2.wordpress.com

Stem saam, die oues het beslis meer kykgenot. Kyk maar na die oorspronklike Thunderbirds wat hul hul weer gemaak het

22 07 2015
Olga

Kyk maar “Ballade vir ‘n Enkeling” of lees die boek. Dit laat my aan Graskop se paaie dink. Soveel slaggate dat daar weinig storie aan is. Maar dit skree verkragting en skimp op molestering. Sex sells.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: