Familie Goete

15 07 2015

Die week se Toeka Tokkel is familie.

Daar is nou nie veel skandes in ons familie nie.  😉  Die wat daar is, kan ek ongelukkig nie met julle deel nie.  Mens praat mos nie buite die familie nie.

Ek het ‘n outjie geken wat graag gespog het dat hy 9 niggies en nefies het.  Ek is nie seker in watter grot hy groot geword het nie, maar hy het graag met sy groot familie gespog.  Eendag het hy weer met sy groot familie gespog en uitgevis hoe groot ander se families is.  Ek het hom geëwenaar met 9 niggies en nefies.  Sy oë het groot gerek en ek het amper net daar een van sy familie geword.  Hy kon nie glo dat nog iemand 9 niggies en nefies kan hê nie.  Twee minute later moes hy sy definisie van ‘n groot familie gaan hersien.

Sien, ek het niggies en nefies aan my pa se kant van die familie.  Daardie tyd het ek 20 niggies en nefies aan my ma se kant van die familie gehad.  Hy wou natuurlik weet of ek kreatiewe berekeninge gedoen het.  Ek het nie.  Ek het verwys na die eerste geslag kinders wat uit my ouers se broers en susters gebore is.

Dit laat my nou dink aan ‘n familiesaamtrek wat lank terug gehou is.  My oupa was een van 13 kinders.  Almal het nouwel nie voortgeplant nie, maar ander het met mening volk gebou om vir die wat enkel gebly het op te maak.  Die een vrou het met groot oë gewonder wat sou gebeur as daar ‘n ondertrouery onder die nageslag sou gebeur het.  Die familie was ver genoeg uitgebrei dat jy nou nie met elke vertakking kon kontak hou nie.

Dit is natuurlik nou hier waar die familienaam-voorstaanders vernaam hulle koppe skud.  As almal in die familie dieselfde naam het, dan sal daar mos gevaarligte begin flikker as jy iemand met ‘n bekende naam ontmoet.  Wat maak dit tog saak as elke tweede persoon se naam Adriana Magrieta is?  Dit beteken net dat die familieboom goed gegroei het.

Goed en wel – maar dit bied nie juis veel in terme van individualiteit nie.  Ironies genoeg, as ‘n mens familienaam direk vertaal, verwys dit na van.  Iets wat tradisioneel net deur die manlike lede van ‘n familie voortgedra word.

Nie te lank terug nie, praat ek met verskeie vroulike kollegas.  Die dames het gewone (familierige) name soos Susan, Marie, Alice ens.  Die gesprek het gegaan oor hulle identiteit te behou na hulle troue.  Een en almal van hulle het hulle nooiensvanne behou na hulle troues.  Klink maklik, maar daar is glo uitdagings wanneer hulle amptelik as moeders vir hulle kinders met ‘n ander van moes optree.

Ek kon nie help om te grinnik nie.  Met ‘n naam soos Xena, het ek nie ‘n van (familienaam) nodig nie.

En ‘n ondertrouery?  Dit is nie so dramaties soos mense hoop nie.  As daar geen ander genade is nie, is daar nog so iets soos DNS toetse.  Siende dat daar so iets soos sperm- en eierskenkers is, is DNS dalk nie so ‘n mal idee nie.

Breinvasbrand:  In Suid-Afrika, mag ‘n niggie en ‘n nefie wettig met mekaar trou?

Breinlosbrand:  Scrapy was reg met Gujarat.

Advertisements

Aksies

Information

8 responses

15 07 2015
scrapydo2.wordpress.com

Party neefs en niggies trou in elke geval al is dit ook teen die wet! Hierdie familiename en vanne is party dae vir my ook maar n klug. Dis soos jy sê wat gebeur as mammie haar eie van ook behou- wat van kinders is hul pappie vanne of mammie vanne? Dankie vir jou lekker ou familiestuk! Presies soos dit is

20 07 2015
Xena Phoenix

Gewoonlik die pa se van. 😉 Ek weet van ‘n paar ma’s wat nooit met die pa getroud was nie, maar wat sy van leen vir die skool en dokter. Dit is glo net makliker dat Mev Botha Jannie Botha se ma is, in plaas van Mej (of selfs mev) Koekemoer. Weet nie hoe moeilik dit nou eintlik kan wees nie, maar nou ja.

20 07 2015
scrapydo2.wordpress.com

Laat wenkbroue lig as dit so ge-van word. Dit gaan darem al meer aanvaarbaar in vandag se tyd

16 07 2015
16 07 2015
Olga

Niggies en neefs mag trou in Suid Afrika.

Ons Biol onnie destyds, het gereken as die bloedband aan die vaderskant is, kan dit glo veilig wees om voort te plant. Maar sou die bloedband aan moederskant wees, neem eerder ‘n kind aan.
Daar is eenvoudig soveel mense op aarde. Hoekom dus enigsins met ‘n familielid trou? 4k mense, kom uit, die lewe is groter as jou familie.

20 07 2015
Xena Phoenix

HOekom sal die bloedband aan die vaderskant veiliger wees as die bloedband aan die moederskant?

Laat my nou dink aan ‘n episode van Dr Quinn. Sy het geglo dat ‘n bloedoortapping tussen mense van dieselfde geslag veiliger is.

16 07 2015
Kameel

Sonder dat ek nageslaan het sê ek ja…. my dogter is met haar nefie getroud…. en ek glo dit is wettig. 🙂

20 07 2015
Xena Phoenix

Daar het al weirder goed gebeur. 😉 Solank hulle gelukkig is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: