Kleure

8 07 2015

Scrapy gorrel die week oor kleur.

Daar is ‘n ou studente grappie dat die verdekselse appel nooit op Newton se kop moes geval het nie.  Die boom moes.  Geen Newton, geen gravitasie.  Geen wette van Newton nie.  Dus geen Fisika nie.  Of ons natuurlik vandag dieselfde lewenstyl met al ons moderne geriewe sou kon geniet het, is natuurlik ‘n ander vraag.  Aan die anderkant, Newton se bewegingswette is ook onafhanklik op ‘n Wiskundige manier gedefinieer.  Daar sou dus geen ontsnapping gewees het nie.

Hoe dit ook al sê, Isaac Newton was maar ‘n moeilike kalant om te te dood.  Nadat sy universiteit uit vrees vir die Groot Plaag gesluit het, het hy nie soos enige goeie student leeg gelê nie.  Nee, hy moes opsluit wetenskap gaan herontdek het.  In die tyd wat die universiteit gesluit was, het Newton Calculus, optika en gravitasie gaan oopkrap.  Vergeet die appel, mens sou dink die Groot Plaag sou ‘n beter werk kon doen.

Wat het dit met kleur te doen?

In 1666 het Newton met glasprismes gespeel en ontdek dat wit lig kan opbreek in die verskillende kleure.

Daar het intussen baie water in die see ingeloop, maar wat vir die meeste mense net iets cools vir ‘n paar minute se vermaak sou gewees het, was op ‘n stadium die voorpunt van wetenskap gewees.

Die mensdom strompel dikwels oor ‘n stukkie briljantheid.  Die sleutel lê daarin om dit te herken.  Dit help natuurlik ook as jy dit kan verduidelik en kan toepas.

En dit is hoekom party mense stinkryk raak en ander net voortploeter!

Advertisements

Aksies

Information

11 responses

9 07 2015
scrapydo2.wordpress.com

Nie eers voort ploeter nie net sit en vergaan van elende(twee ll of een l?) Dis pragtige kleure in jou eerste spatsel kleur! Wys jou ook weer hoe dood alles sou wees sonder Newton en ook kleur! Dankie vir jou bydrae. (Dit sneeu hier en is ysig koud!)

20 07 2015
Xena Phoenix

Wel, kleur was darem lank voor Newton daar. Hy het net somme gekry om rondom kleur te maak. 😉

20 07 2015
scrapydo2.wordpress.com

Ha ha, netso

9 07 2015
9 07 2015
Toortsie

En so amper het ek hier oor ‘n stukkie briljantheid gestrompel!

20 07 2015
Xena Phoenix

Snork!! 😉

9 07 2015
Olga

Sulke mooi helder kleure. So lewendig. Dis sit sommer ‘n huppel in my stap op die trietsige dag.

20 07 2015
Xena Phoenix

Die prisma of die skildery? Die skildery is iets anders. Die prisma laat my aan hoërskool Skeinat dink. Daar was ‘n prisma op ons handbook.

9 07 2015
rondomtaliedraai

Ek strompel sommer in!

20 07 2015
Xena Phoenix

😉 Moet net nie die reënboog deurmekaar krap nie.

20 07 2015
rondomtaliedraai

Sug… soms doen ek ook dit

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: