En die punt is?

8 07 2015

“An eye for an eye makes the whole world blind.”  Wyse woorde van Ghandi.  Ek het dit altyd vertolk as ‘n teregwysing teen wraak.  Ek weet dat daar baie mense is wat tot hulle laaste asem op ‘n oog vir ‘n oog, ‘n hand vir ‘n hand en ‘n lewe vir ‘n lewe sal aandring.  Feit is egter dat ons almal op die ou einde kreupeles sou gewees het as ons nie sou kon vergewe nie.

Ek het die aanhaling onlangs op ‘n plakaat vir Xenofobie gesien.  Toegegee, dit was nou nie juis in ‘n gebied waar ‘n mens vreemdelingsgeweld sal verwag nie.  Julle ken die tyd my klein brein, dit is natuurlik genoeg om my pienk te kielie.  Is die aanmaning vir die immigrante bedoel?  Word daar gehoop om die immigrante te ontmoedig om ‘n teen aanval te loots wat ‘n volskaalse oorlog kan wees?  Indien nie, is dit seker vir die plaaslike vreemdeling haters bedoel.  Die plakkaat erken dus dat hulle rede gehad het om die immigrante aan te val.  Jy kan tog seker nie ‘n oog eis as jy nie ‘n oog verloor het nie.  Is dit die waarheid?

Dalk was dit net een of ander nar wat gedink het dat ‘n aanhaling slim is.  Sonder om regtig daaroor te dink wat dit moet probeer sê.

Ek dink dit is dikwels die geval by advertensies.  Hulle het hierdie konsep, maar dit pas nie noodwendig by hulle boodskap nie.  Tog sal hulle met die konsep voortploeter.  Wie gee in elk geval om oor die boodskap.

Soos die DSTV advertensie oor hulle vermaak oor die vakansie.  Die ma kry ‘n kwaai oproep omdat haar seun die bure se luislang laat ontsnap het.  Die luislang het vermoedelik die bure se voëltjie en kat opgeëet of ten minste tot hulle verdwyning by gedra.  Die ma is natuurlik nie baie gelukkig daaroor nie.  Die advertensie lui dan dat as DSTV die regte tipe avontuur het.  Die kinders sou dan nie hulle eie avontuur moet maak nie.  Ek wonder nou maar net:  van wanneer af is televisie kyk avontuur?  Kan dit gesond vir enige iemand wees om die hele dag televisie te kyk?

Daar was ook die advertensie wat jou vertel hoe afgryslik dit is om in verkeer vas te sit.  Dit is frustrerend en dit maak jou laat.  Jy het egter nie die probleme as jy by Bidvest ‘n kar huur nie.  Beteken dit dat Bidvest karre oor verkeersopeenhopings kan vlieg?  Wanneer kan ons sulke karre vir ons self koop?

Wat dink julle?  Watter advertensies maak nie vir jou sin nie?

Breinvasbrand:  Waar is Mahatma Gandi gebore?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Fiela Komoeti, deur Dalene Matthee natuurlik.


Aksies

Information

4 responses

8 07 2015
scrapydo2.wordpress.com

Gebore Gujarat, western India, dis nou Mahadma Gandi.
Baie advertensie weet ook maar nie waaroor sekere dinge gaan nie.

8 07 2015
Olga

Net die ander dag geluister toe vriendinne van Ghandi gepraat het. Eks mos net 108, het die Ghandi ding gemis.

Ieder geval, teen die tyd, na meer as 21 jaar onder die anc bewind, weet ons mos almal die wet is wit, geel, swart, rooi en wit. Aanpasbaar om die gabbas te help. Die uitbrake van xenophobie kan oor die algemeen terug gespoor word na ‘n slim politikus wie die sweep geklap het. Agterna sal hy wel APARTHEID skree.

8 07 2015
rondomtaliedraai

Geen advertensie is vir my so Grieks soos die vodacom adevetensie en die van die lappies waarmee jy jou watsenaam moet agvee maak my behoorlik naar

8 07 2015
Olga

Ek wil so ‘n appeloen eet. Nou sal ek maar ‘n appel en ‘n lemoen moet eet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: