Passie in die onderwys

1 07 2015

Eish!  Ek wou nog iets sê oor drama, maar Scrapy se Toeka-Tokkel trek nou al by onderwys.

Hoekom word daar van ‘n leerling (leerder as jy wil) verwag om stukke Shakespeare te onthou, maar dieselfde word nie verwag van ‘n leerling se Afrikaanse voorgeskrewe boeke nie?

Hierdie was iets wat my pla vandat ek die Lady Macbeth se monoloë te doen gekry nie.  Nou nie dat ek noodwendig stukke Afrikaanse prosa wou memoriseer nie.  Dit het net altyd vir my onregverdig geklink.  Vandag, etlike jare later, is dit tog net Macbeth se hekse wat ek met tye sal aanhaal.

Niemand kon my al ooit geantwoord het nie.  Vet weet hoekom, maar daar is baie mense wat ‘n ding vir Shakespeare het.  Wanneer ‘n mens iets oor en oor sien of oor en oor lees, hak daar maar iets in jou brein vas.  Dit is dan gereed vir gebruik vir waar iemand dit nodig vind.  Daar was dan seker ‘n paar onderwysers wat Shakespeare vir ontbyt gehad het.  Hulle het hulle passie met hulle studente gedeel tot dit vandag nog ‘n verwagting is waar Shakespeare op die lessenaar geland het.

Daar kom ek nou met ‘n wye draai by passie uit.  Iets wat te dikwels in onderwys makeer.  Hoeveel mense betree regtig die onderwys omdat hulle ‘n besonderse liefde vir ‘n vakgebied met skoliere wil deel?  Dikwels is die onderwysers net so lusteloos en verveeld met hulle vakgebied as die kinders self.  Dit lok nou nie regtig ‘n gesonde belangstelling nie.

Kom ons neem Geskiedenis as ‘n voorbeeld.  Hoeveel onderwysers lees die les woord vir woord uit die handboek uit?  Geen vakboek word ooit geskryf om boeiend te wees nie.  Dus, Geskiedenis is ‘n dooie vak wat geen doel dien nie.  Dit is soveel meer werd om te gaan kyk hoe die gras groei.

Ons st. 3 Geskiedenisjuffrou het altyd vir ons stories vertel.  Die stories het heeltemal ooreengekom met wat in ons Geskiedenis boeke gestaan het.  Nogtans het dit beter in ons koppe vasgehak omdat ons nie eers agter gekom het ons leer nie.  Geskiedenis was ‘n boeiende vak, iets wat ons amper te bang was ons mis.  Sy het ‘n passie vir haar vak gehad, iets wat ek seker is in talle van haar leerlinge inslag gevind het.

Sy was egter in die minderheid.  Die vrou het Afrikaans ook aangebied en sy was beslis ook daaroor passievol gewees.  Helaas het ons haar nie op hoërskool gehad nie.

Ek dink die groot rede hoekom ons nooit aangemoedig was om aanhalings van ons voorgeskrewe boeke te onthou nie, is omdat die onderwysers nooit self die waarde daarin gesien het nie.  Amper asof daar niks waardevols is wat uit Afrikaans uit aangehaal kon word nie.  Daarmee saam is die idee dalk gekweek dat Afrikaans minderwaardig is, al was jy gereeld vertel watse mooi taal dit is.  Jy was dit egter nooit gewys nie.

Voel julle onderwysers het genoeg passie vir hulle vakgebiede?

Breinvasbrand:  Wie se gevleuelde woorde is dit:  Nou vang baas vis in ‘n pispot?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Frank Farian.


Aksies

Information

17 responses

1 07 2015
rondomtaliedraai

Ek ken net so paar gedigte – gelukkig is mr Google baie gewillig

8 07 2015
Xena Phoenix

Google moet ‘n vrou wees. 😉 Van wanneer af is ‘n man so hulpvaardig?

Persoonlik is ek nie groot op poësie nie. Met die regte taal onderwyser, wie weet?

8 07 2015
rondomtaliedraai

Ons moes Robin Williams in Dead Poet Society vir jou gestuur het? … o maar dan is jy nie ‘n seun nie

1 07 2015
Toortsie

Oor Shakespeare – ek weet nie eens hoe om sy naam te spel nie!
Ons het die einde van st 9 die matriekboek gekry. King Lear. Toe tree mnr van Zyl af en mnr Silvis kom in matriek. Hy sê: Dis nou sommer strooi dat Engels 2e taal kinders Shakespeare moet doen. Hy neem die boeke in en daar kry ons ‘n splinternuwe storie: The land God gave to Kain. Of so iets. 🙂

8 07 2015
Xena Phoenix

Ons moes Macbeth doen. Dieselfde boek as die eerste taal Engelse.

2 07 2015
Sparkle

My grootste teleurtelling was toe ek in die hoerskoolbanke sit en my nuwe geskiedenis onnie vervekug is. Van St 2 tot 5 het ek dieselfde geskiedenis onderwyser gehad, Meneer Boshof. Hy het die gewoonte gehad om by ons op een van die banke te kom sit en dan het hy ons weggevoer na die mees ongelooflike gebeure waaraan mens kon dink. Was dit nie vir hom nie sou ek nooit so lief vir geskiedenis en navorsing geraak het nie!

8 07 2015
Xena Phoenix

Geskiedenis word in ‘n groot mate deur Suid-Afrikaners (kan ek dalk sê Afrikaners) af gemaak. Dalk omdat hulle skaamkwaad vir die verlede is? Iemand het my eendag vertel die enigste Geskiedenis van belang is die wat op die sportgronde gemaak word.

2 07 2015
scrapydo2.wordpress.com

Daar is darem gelukkig passievolle onderwysers en ook die wat nie die naam onderwyser werd is nie. Bly jy het geskryf nou het ek darem weer n ekstra een by. Ek moet nou net my agterent in rat kry en die nuwe een vir die week gou opsit. Het bietjie tyd nood. Pas my vriendin se honde en huis op en het nie internet daar nie.

3 07 2015
Olga

Ai, Scraps, jy moet reminders (soos tags) opsit. Ek het nie altyd internet toegang nie. Dan sal vodadom se baie slim Dean (dink seker hy is superman) dit mos waag om te sê “Ma’am the problem is your device.” Die laaste keer het ek hom sy moer vertel. Maar intussen ‘n epos adres gekry om hom te verkla. Maar in elk geval, sulke tye moet ek opera mini op my foon laai. Dan lees ek en kan self op my blog antw. Maar as ek na ander blogs gaan, vra dit my om te registreer. 👿

8 07 2015
Xena Phoenix

Ek hoop dinge gaan weer beter met jou vriendin.

8 07 2015
scrapydo2.wordpress.com

Ja sy was vandag sommer heel opgewonde toe sy tuiskom en sê haar man is na rehab oorgeplaas!

2 07 2015
3 07 2015
Olga

Ek weet!!!! Ek weet!!! Ek weet! Dit was Fiela Komoeti so reg uit die pen van tannie Dalene in Fiela se kind.

3 07 2015
Olga

Snaaks hoe twee uit drie Gissies onnies so begeesterd is met hulle vak. Ons het op Hoërskool ‘n onnie gehad wie ook Afr gedoseer het. Hy was ‘n Ace in die gissies klas en vrek vervelig in Afr klas. Ons was te bly dat hy nie st 7 Afr geslaag het nie. Toe moes hy agtergebly het.

8 07 2015
Xena Phoenix

Jy moet seker ‘n passie vir Geskiedenis hê om dit verder te bestudeer. Die wat Gissies ‘n slegte naam gee, het dit seker teen hulle sin geërf.

7 07 2015
Kameel

Ek het al gewens ek kon geskiedenis aanbied. Ook gedink dit kan so interessant gemaak word, maar word so vervelig aangebied.

8 07 2015
Xena Phoenix

Helaas vergeet baie onderwysers en dosente dat hulle studente net so goed soos hulle kan lees. Hulle moet dus die handbook verduidelik en nie net voorlees nie.

Lewer kommentaar op scrapydo2.wordpress.com Kanselleer antwoord