Toeka Tokkel: Omgewing

17 06 2015

Scrapy praat die week oor die omgewing.

Een van die eerste wetenskaplike terme wat ‘n mens leer is habitat.  Habitat beteken omgewing, hoewel dit nie heeltemal so wyd as omgewing is nie.  ‘n Habitat is basies die omgewing waarin ‘n organisme gevind word.  Die omgewing het ook ‘n impak op die organisme, in die sin dat die organisme sekere eienskappe ontwikkel om by die omgewing aan te pas.

Dit is dan seker ook net gepas dat die mens die organisme is wat die moeilikste by ‘n nuwe omgewing kan aanpas.  Dit is immers net die mens wat die mag het om die omgewing te misbruik, mismaak en vernietig.  Al die ander lewe ly daaronder.  Tog is die mens die weerloosste van al die lewe op aarde.  Daar word tans gevrees dat die lewe in die see deur die mens uitgewis gaan word.  Ek dink dat lank voordat die laaste vis vrek, gaan daar beslis nie meer mense op aarde wees nie.

Dit is nou al jare lank dat daar gemaan word dat die mens die aarde vernietig.  So graag as wat ‘n mens dit as bangmaakstories of wetenskapfiksie wil afmaak, kan ‘n mens dit nie heeltemal ignoreer nie.  Die menslike bevolking word nie heeltemal deur die natuur beheer nie.  Nogal ironies, soveel as wat die mens die natuur wil beheer, is daar ‘n groot deel wat hulle nie kan beheer nie.  Nogtans is die aanwas van die mens te vinnig.  Hoe meer mense daar is, hoe meer hulpbronne word benodig.  Hulpbronne wat van die aarde af moet kom, hulpbronne wat (nog) nie terug geploeg kan word nie.

Lewe op ander planete is dalk moontlik.  Die kanse dat die Amerikaners (of dalk die Russe) ons almal op hulle ruimteskippies gaan laai is maar skraal.  As 7 biljoen mense nie eers gevoer en gehuisves kan word nie, wat is die kans dat hulle almal na ‘n beter heenkome geneem kan word?  Hoe lank sal dit wees voordat daardie planet ook deur die mens se stert getrek word?

Die alternatief is seker om die vernietiging om te keer.  Dit sal natuurlik ‘n hele lewensstyl en lewensstandaard verandering verg.  Dit is nou as daar nie reeds al te veel skade is nie.  Ek sal egter nie my koningkryk daarop verwed nie.

Die enigste hoop is dat wetenskaplikes ‘n manier kry om die skade om te keer.  Om die nodige hulpbronne vir die mens te kry, sonder om dit uit die aarde uit te pers.

Eendag as ons groot is.  Miskien.

Breinvasbrand:  Wie was die vervaardiger wat Boney M gestig het?

Breinlosbrand:  Olga en Scrapy was reg met Burma.


Aksies

Information

5 responses

17 06 2015
Olga

EERSTE!!!!!!!!!
Frank Farian.

17 06 2015
Olga

Dis skone hebsug wat die planeet vernietig. Kyk al die teenkanting wat “fracking” in die Karoo gekry het. Tog het die anc besluit “Fok julle almal. Hier kan nog ‘n nkandla uitspring.” Dit gaan voort. Skone hebsug en blink palms.

17 06 2015
scrapydo2.wordpress.com

Ja die mensdom is maar deurbringers. Hier wil hul nou ook vir olie boor in die see. Natuurlik naby aan die kus en n natuurreservaat! Wat n gemors. Natuurlik gaan daar gemors word. Inkomste vir die mensdom is belangriker. Dankie vir jou bydrae vir Omgewing!

18 06 2015
18 06 2015
Lewies Mymer

Die mens se absolute minagting vir die natuur is skrikwekkend. G’n wonder Moeder Gaia protesteer met oa virusaanvalle nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: