Spaar, Spaar, Spaar

12 06 2015

Fakkel het nou die dag gevra hoeveel is genoeg gespaar vir aftrede.  ‘n Baie goeie vraag.  Daar is ook verskeie sakrekenaars beskikbaar wat vir jou die sommetjie kan maak.  Dit is nogal ‘n intimiderende bedrag.  Jy kan seker ook oë toeknyp, verwoed spaar en hoop vir die beste.  Volstruis taktiek het niemand al ooit regtig gehelp nie.  Jy moet tog seker ‘n doel hê om te weet waarvoor om te mik.

Nietemin is daar ‘n algemene reel om vir jou aftrede te mik.  Spaar 20% tot 33.3% van jou inkomste.  Net toe jy gedink het daardie eindbedrag was onmenslik baie.  Deel jou inkomste deur 3 (of 5 as jy nou regtig wil dobbel) en kyk waar laat dit jou.  Heelwat armer as wat jy aan die begin van die skrywe gedink het jy is.

So dit laat jou met ‘n Everestelike bedrag waarvoor jy moet spaar met kontant wat jy iewers moet uitkrap.  Die vraag is natuurlik waar.  Spaar vir jou oudag is natuurlik een ding, maar terselfde tyd moet ‘n mens ook versekering hê vir ingeval.  ‘n Mediese fonds, aangevul met korting versekering (GAP) en kritiese siekte versekering.  Ek moet seker ook ongeskikheidsversekering daarby gooi.  Daar is dan natuurlik ook korttermyn versekering en lewensversekering.  Die meeste rekeninge vat ook ‘n paar rand ‘n maand ingeval jy afgelê of afbetaal word.

Alles is natuurlik goed wat jy moet hê as jy nie op jou weerloosste in ‘n vreeslike penarie wil sit nie.  Alhoewel, die oomblik wanneer ‘n mens al jou “vir ingeval” uitgawes bymekaar tel, kom jy nogal by ‘n aardige bedraggie uit.  Geld wat jy eintlik hoop om nooit weer te sien nie, maar wat jy nie in ‘n spaarrekening kan gooi nie.  As jy maar kon, was jy baie nader aan jou 33.3% om maandeliks weg te sit.

Die volgende vraag is natuurlik wat om as ‘n spaarbankie te gebruik.  Die eerste stap van spaar is om al jou skuld (dus jou huis, kar ens) te delg.  Mens betaal meer aan rente as wat jy aan rente kan verdien.  Jy moet immers op jou oudag ook ‘n dak oor jou kop hê.  Wat seker help, maar dit bring geensins daardie ander berg nader nie.  Die idee is seker dan ook om wanneer jy alles afbetaal het, meer in jou spaarplanne te druk.

Persoonlik dink ek dat dit beter is om ‘n goeie middeweg tussen spaar en afbetaal te vind.  Jy hoef nie elke twee jaar ‘n nuwe kar te hê nie en jy hoef nie die grootste huis wat jy kan bekostig te koop nie.  Nogtans wil jy ook ‘n goeie lewe hê.  As jy nooit by jou spaargeld uitkom nie, was dit ook nie tot jou voordeel nie.

Wat is jou spaar wenke?  Wat reken jy is die beste spaarvarkies?

Breinvasbrand:  Wanneer is Old Mutual gestig?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Phillipyne.


Aksies

Information

6 responses

12 06 2015
Olga

EERSTE!!!!!!!!!!

12 06 2015
Olga

Spaar? Vir wie? Sodat zuma nog ‘n nkandla kan byvoeg wanneer hy homself vreklag op tv omdat hy weggekom het met die rente wat ek nie gekry het nie? Om eerlik te wees, fok daai kak. Ek sal oor ‘n paar jaar by die res van die freeloaders aansluit en pensioen, gratis mediese dienste en lae koste behuising gaan eis.

14 06 2015
scrapydo2.wordpress.com

Asof dit gaan help. Sodra jy meer as jou stukkie klere aan jou lyf het kan jy vergeet om al daardie freeloader se voordele te deel!

15 06 2015
Xena Phoenix

Dit is deesdae nogal ‘n bekommernis. Ek weet van mense wat bedank het omdat hulle bang was die regering vat hulle pensioene.

14 06 2015
scrapydo2.wordpress.com

Daardie jare se spaar en versekerings het my in die verlede gehelp om te lewe. Nou het ek geen medies of enige versekering meer. Ek kan darem na nog 5 jaar hier vir medies en lae koste behuising in aanmerking kom.

15 06 2015
Xena Phoenix

Nog 5 jaar? Eish!!! Sterkte

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: