In vandag se dae . . .

25 05 2015

Noudie dag tel my ma ‘n selfoon in ‘n openbare kleedkamer op.  Daar was vir ‘n oomblik kop gekrap oor wat ‘n mens daarmee moet doen.  Ons kon die foon darem ontsluit en kyk vir ‘n ICE nommer.  Daar was nie een nie, maar daar was darem ‘n “Home” nommer.  My ma het toe die nommer geskakel en gereël dat die eienaar haar selfoon op ‘n openbare plek kon kom haal.  So gesê en so gedaan.  Die eienaar was ‘n student en die “home” was natuurlik waar haar ouers gebly het.

Die volgende dag het haar ma Mev. Phoenix toe weer gekontak.  Sy het my ma se bankbesonderhede gesoek om ‘n ‘klein’ beloning oor te betaal.  My ma het die beloning van die hand gewys.  Dit was immers mos nie haar selfoon om te hou nie.  Die student se ma was stom geslaan.  Sy kon nie glo dat daar in vandag se dae nog eerlike mense is nie.  Volgens haar was die selfoon nogal duur en sy kon nie verstaan hoe my ma dit terug kon besorg sonder om ‘n beloning te verwag nie.  Ek dink die arme vrou herstel nou nog van die skok.

Is eerlike mense regtig vandag eerder die uitsondering as die reël?  Is eerlik ooit die regte woord om te gebruik?  Optelgoed is mos hougoed, maar dit is nie afdwingbaar nie.  Niks dwing jou mos om dit te hou nie.  Jy kan mos nie verwag dat ‘n ander jou goed moet terug gee wat hulle opgetel het as jy nie dieselfde vir ander gaan doen nie.

Ek moet erken, die mensdom het my nogal selde teleurgestel.  Dit is nie van persoonlike ondervinding dat ek nie maklike vertrou nie.  Ek het al my selfoon in ‘n winkel verloor.  Ek het dit dadelik geskakel toe ek dit vermis het en die persoon wat dit opgetel het, het geantwoord.  Sy het by die winkel gewerk.  Een van die kliente het dit opgetel en ingegee.  Twee minute later het ek weer my selfoon gehad.  Ek het al my handsak in ‘n kleedkamer vergeet.  Ek het dit terug gekry, minus R170 wat die skoonmaker vir beloning gehou het.  Ek het nie eers omgegee nie, dit was minder moeite as om nuwe alles te kry.  Ek het al my beursie op ‘n bus verloor en terug gekry sonder dat een sent weg was.  Ek moes wel verduidelik het hoekom ek twee mense se kredietkaarte het.  Ek het selfs al my motorsleutels op ‘n lughawe verloor en dit terug gekry.

Ek weet dus dat sulke dinge vandag nog gebeur.  Al het ek ook al my agterent gesien deur goeters te verlê, het ek meer gereeld as wat ek verwag het my eie persoonlike goed terug gekry.

Glo jy dat daar nog eerlike of selfs goedgesinde mense is?  Het jy al jou goed terug gekry wat jy verloor het?  Het iemand jou al gehelp wanneer jy dit nie verwag het nie?

Breinvasbrand:  Waarvoor staan ICE in ICE nommer?

Breinlosbrand:  Olga en Kameel was reg met Hemelvaart.


Aksies

Information

13 responses

25 05 2015
Olga

Eerste!!!!!!!!!

25 05 2015
Olga

In Case of Emergency?

25 05 2015
Olga

Gelukkige jy! As ek iets verloor is dit weg. Ek self het nog nooit ‘n beursie, foon of blerrie trui teruggekry nie.

27 05 2015
Xena Phoenix

Dalk is jy gejinx, Olga.

25 05 2015
Olga

Ek wil graag “tokkelossie” kaarte en etikette kry om aan my besittings te sit. Laat ek sien of daar swernote dapper genoeg gaan wees om dit op te tel en te hou.

27 05 2015
Xena Phoenix

Whahahahahahaahaha

26 05 2015
scrapydotwo

Daar is nog goeie, eerlike mense. My handsak is uit my kar gesteel. Ons agtervolg die dief. Hy verdwyn toe langs die pad(hul het mos hul wegkruipplekke) Is polisiestasie toe om dit aan te meld. Daar het niks van gekom nie. Seker so 4 maande later kry ek n telefoon oproep. Die persoon vra of ek so en so is en of my seun so en so is. Die persoon verduidelik dat hy my ID boek en tjekboek(wat ek gekanselleer het) gekry het. Ek was toe in Potgietersrus en die persoon in Lydenburg. My handsak is in Naboomspruit gesteel. Die IDboek en tjekboek was op n trein wat lemoene vervoer het. Die dief het seker dit wat hy nie nodig het nie van die voetgangeroorgang in die trein wat onderdeur gery het gegooi! Die vriendelike persoon het die twee boeke vir my per pos gestuur met n mooi briefie daarby hoe dit gekry is.

27 05 2015
Xena Phoenix

Dit is baie cool!!

27 05 2015
scrapydotwo

Ek stem saam! Veral dat die goed so vêr gery het met die trein!

26 05 2015
Kameel

Ons sien nou die dag ‘n man in sy kar klim, sy beursie lê nog agter op die kattebak. ‘n Karwag kom nader vat die beursie en gee dit vir die eienaar. Ek en my man was baie beindruk met die man…… hy kon daardie beursie so maklik vir himself gevat het. Goed om te sien daar is nog sulke mense.

27 05 2015
Olga

Inderdaad.

27 05 2015
Xena Phoenix

Ek dink daar is baie meer sulke mense as wat ‘n mens vir hulle krediet gee.

27 05 2015
Sparkle

Die sout van die aarde mense is nog daar. Dis lekker om te weet dat ons morele standaard darm nie totaal en al verval het nie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: