Scrapy, Scrapy, Scrapy – wat het ek nog nie oor musiek gesê nie? Almal weet teen die tyd dat wanneer ek die emmer op 133 gaan skop, gaan hulle “No-one but you” op my begrafnis speel. Die liedjie van Queen (minus Freddie vir voorhandliggende redes) staan ook bekend as “Only the good die young”. Maak maar julle eie afleidings. Ek kan enige tyd ‘n tesis van ABBA skryf, al was hulle tyd basies verby toe ek gebore is. Ek is net so groot aanhanger van Queen. Moet net nie van Tannie Tina vergeet nie. Daar is ook baie alleenstaande liedjies, wat enige tyd ‘n huppel in my stap kan sit. Ek sal hulle nie weer vandag herhaal nie. Ek moet egter erken dat ek noudie dag die eerste keer van Slim Whitman gehoor het by Hestertjie.
Op die einde van die dag, hoef niemand namens musiek te praat nie. Musiek praat vir hulle self. Ek sal dus ‘n paar musiek nommers neerplak wat julle hopelik saam met my kan geniet.
(Ek kry nie ‘Ek en my kitaar nie’).
Great stuff! Een uitsatl venster waar ek nie kan verby loop nie. Al wou ek ook.
Nooit besef hoe oordrewe Engels Cora Marie die r’s uitgedruk het nie.
Ek moet erken, ek het ook meer van Gee my ‘n bietjie Country verwag. Sal dit beslis nie een van my gunstelinge noem nie.
Ek was nog nooit groot op Jannie Moolman nie.
Sien! Ek was nou so besig om te windowshop, ek het skoon vergeet om EERSTE te skree.
mm mooi bly mooi maak nie aak hoe oud mens is nie
😉
Dis almal my tydse musieke! Ek lief hul almal. Dankie vir jou deelneem en die lekker terugflitse wat verby gekom het.
Sal nou nie sê dit is my gunstelinge wat ek hier gelys.
Gee darem n idee! 🙂
[…] https://herriemerrie.wordpress.com/2015/05/20/toeka-tokkel/ […]
Ook maar lekker outyds… *koes*
Jy sal verbaas wees.