O Gaats!

14 05 2015

. . .  as julle die eufenisme sal verskoon.

Ek weet nie of dit ‘n naam het nie, maar dit verdien wragtig een.  Daardie oomblik wat jy besef die lewe het jou ‘n moersleutel gegee.  Die tydstip wat jy besef jy is geskroef.  So erg dat jy sommer ‘n kalender raadpleeg om te verseker dat dit nie Vrydag die 13de is nie.

Ken julle sulke oomblikke?  Dit is soos om skyf te skiet en dan te besef jy het ‘n mens dood geskiet.  Gou vining in die wildtuin iets uit jou kattebak te haal en dan te besef daar staan ‘n vuilbaard agter jou.  Miskien self onthou dat hulle altyd die blou draad knip in die flieks en dan besef dit laat die klok net vinniger loop.  Presies soos dit in die flieks ook gebeur, maar helaas onthou jy dit eers nadat die lyntjie geknip is.

Goed, goed my voorbeeld is dalk ‘n bietjie te wild.  Dink eerder aan ‘n dringende vroeë oggend afspraak wat jy nie kan mis nie.  Jy besef dan jou kar is vasgeparkeer en jy kan net mooi niks daaraan doen nie.  Dalk ‘n duik skop in die kar wat droog gemaak het, of beter nog die bestuurder aanrand.  Waarvoor jy in die eerste tyd nie tyd het nie en in die tweede plek jou net mooi niks gaan help nie.

Daar is dan basies twee keuses.  Kies waarmee jy jou polse wil optert vir ‘n smaaklike ete of aanvaar die uitdaging.  Laat is mos beter as nooit, nie waar nie?  Kreatiewe denke maak mense miljoenêrs.  Daar is bittermin goed wat net een kans het.  Behalwe as jy summier opgee as die lewe jou ‘n morsige poets bak.

Het jy al sulke “O gaats!” dae gehad?  Wie het toe gewen?  O gaats of jy?  Vertel ons ‘n bietjie van jou O gaats dag.

Breinvasbrand:  Watter Christelike Feesdag word vandag, 14 Mei 2015, gevier?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Rude.


Aksies

Information

17 responses

14 05 2015
Sparkle

Somtyds as ek daardie “oe gaats” oomblikke het, dan kom ‘n pel se woorde in my kop: “geduld is ‘n stadige manier om jou moer te strip” (dis nou as dit kom met dinge soos vasparkering en so aan) Gelukkig kan ons darm ons selfone uithaal en kyk wat op almal se blogs aangaan.🙂

25 05 2015
Xena Phoenix

Deesdae kan ek nie meer beleef praat oor verkeer, e-tol, elektrisiteit, slaggate of die regering nie.

14 05 2015
scrapydotwo

Dis nou om enige normale mens te laat opstyg sulke OOO gaatse

25 05 2015
Xena Phoenix

Eers wanneer jy onder jou skoene uitgekruip het.

14 05 2015
Korrelkop Kahuna

Ek en die universe het ‘n staande reëling: Alle ongebruikte O gaatse word weekliks voor my deur afgelewer…behalwe natuurlik dat ek nog nooit daarna verwys het as o Gaatse nie. Ek dink ek het eenkeer in ‘n onbewaakte oomblik die woord oepsie gebruik. My kleurvolle taalgebruik gedurende O gaats insidente skep natuurlik oepsies van hulle eie, en dit is waar die sneeubal effek vandaan kom

25 05 2015
Xena Phoenix

Jou middelnaam is dalk nie Adriaan nie? Soos in Korrelkop Adriaan Kahuna nie? Lyk my jy sit altyd daarin. 😉

14 05 2015
Olga

Hemelvaart.

Net gister gewonder wanneer die dag gebeur. Sou nog op almanak gaan dae tel het, maar vergeet. Ewentwel, Ek het onlangs baie “O, Gaats” dae beleef. Alles oor ‘n hoender miskraam wat nooit KFC sal word nie. Met ander, is dit regtig jy wen ‘n paar, maar die ander &^%^% *&^&$%# wen jou.

25 05 2015
Xena Phoenix

Die ergste is dat jy net mooi niks daaraan kan doen nie. Jy moet vining – bittervinnig – ‘n plan maak en hoop vir die beste!!!!

14 05 2015
Twilight

Ja, dit het al met my gebeur dat ek gevoel het ek gaan nou maar liewer terugklim in die bed, want wat ek beleef is sweerlik ‘n nagmerrie.. Een so ‘n voorval was toe ‘n 5 liter roomyshouer koeksisterstroop op die vloer uitgeval het. En daar is mense wat wag vir hulle koeksisters en stroop moet yskoud wees as jy daarmee wil bak… Ek kan gelukkig niks verder onthou nie. Regtig.

25 05 2015
Xena Phoenix

SKEMER!!!!! Jou lanklaas gesien! Hoe gaan dit?

Daardie koeksisterstroop moes ‘n gatslag gewees het. Het jy toe ‘n nuwe resep ontwikkel?

15 05 2015
Klip

OOOOOGaats , n poep wat toe n klontjie ingehad het……………………

15 05 2015
Olga

Solank dit droog is…..

25 05 2015
Xena Phoenix

Beter as ‘n blerts

15 05 2015
Lewies Mymer

Baie o gaatse gehad, ek dink ek is magneties daarvoor, gewoonlik te doen met die vergissing van total onbekende mense vir bekendes.

25 05 2015
Xena Phoenix

Soos in waai jou arm af vir iemand en maak dan of jy vir die persoon agter hom gewaai het.

16 05 2015
Kameel

Begin sommer by die dag; so lekker om nie eers te moet gaan google nie – hemelvaart🙂 Daar is daardie dae waarin jy net nie uit die bed moes geklim het nie, punt.

25 05 2015
Xena Phoenix

Help veel as die O gaats jou klaar getref het. Vooraf waarskuwing sal nogal hoog waardeer word.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: