Toeka Tokkel: Ouersvra

12 05 2015

Scrapydo se uitdaging die week gaan oor Ouersvra.

Ek het redelik onlangs my mening oor ouersvra gegee.  Daar is geen sin daaraan om dit te herhaal nie.  Die punt waarby ek vandag wil uitkom dat dit net tande het by mense onder 18 wat wil trou.  As die ouers nie tot die huwelik instem nie, sal daar dus geen troue wees nie.

Iemand het my noudie dag vertel dat dit streng gesproke ongrondwetlik is.  Ons grondwet verhoed enige diskriminasie ten opsigte van geslag en seksualiteit.  Die probleem is dat net hetroseksuele mense kan trou wanneer hulle jonger as 18 is as hulle ouers natuurlik daartoe instem.  ‘n Homoseksuele tiener moet maar wag tot hy / sy mondig is om ewige trou aan ‘n ander te sweer.

As ek die storie reg het, kon net meisies bo die ouderdom van 16 met hulle ouers se toestemming trou.  Mans kon eers van 18 af met die toestemming van hulle ouers trou.  Wel, tot die dag wanneer hulle 21 geword het, waarna daar geen toestemming meer nodig was nie.  Tegnies kon jy onder 16 en 18 respektiewelik trou, maar net as een of ander minister daartoe ingestem het.  Die mondigingsdatum is intussen verlaag na 18.  Ek weet egter nie of die manlike ouderdom ook verlaag is nie.  Die wet is diskrimineer dalk nie net op seksueliteit nie, maar ook op geslag.  Dit is nou as iemand dit die moeite werd ag om hof toe te sleep.

Waaroor ek egter nuuskierig is hoe om dit reg te stel?  Die een manier is natuurlik om almal tussen die ouderdom van 16 en 18 toe te laat om met ouerlike toestemming te trou.   Aan die ander kant; in vandag se tyd en ruimte; wie de duiwel wil op 16 of selfs jonger trou?

Sal ‘n 16 jarige getroude meisie of seun toegelaat word om skool by te woon?  Hoeveel 16 jariges is finansieel onafhanklik?  Het hulle die geestelike volwassenheid en vermoë om hulle tot ‘n huwelik te verbind?

Behoort daardie vergunning nie in geheel geskrap te word nie?

Ek het noudie dag ‘n onderhoud gesien waar die vrouens gewonder het wat die regte ouderdom om te trou is.  Die een het 27 voorgestel en die ander 39.  Wat reken jy is ‘n goeie ouderdom om te trou?  Of as ouderdom nie saakmaak nie, aan watter vereistes moet voornemende paartjies voldoen voordat hulle allerhande groot beloftes maak.

Van die os op die jas – heteroseksuele mans trek verder aan die kortste ent wanneer dit by huwelike kom.  ‘n Vrou en ‘n homoseksuele man kan hulle van (insluitende enige van wat hulle in die verlede gehad het) behou, hulle maat se van aanneem of hulle van met hulle maat se van kombineer.  ‘n Heteroseksuele man moet sy van behou of spesiale toestemming kry om sy van te verander.  Dit is moontlik, maar net met baie meer moeite.

Breinvasbrand:  In watter liedjie sing Magic! van ‘n pa wat nie wil ja sê dat sy dogter kan trou nie?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Wimpy.


Aksies

Information

10 responses

12 05 2015
Olga

EERSTE!!!!

12 05 2015
Olga

Rude???

12 05 2015
Olga

Ek sal sê trou voordat hulle kinders wil kry. Aan die einde van die dag het so ‘n kind net meer regte as die een wie buite die eg gebore is. Ek wonder hoeveel mense wie op 16 en jonger getroud is, het saam ou bene gemaak. Dit is maar net tradisie om die ouersvra ding te doen. Wat vir my so belaglik is van tradisie is wanneer mense vir jare soos getroudes saamgewoon het, dan word daar skielik OUERS GEVRA. Les bes, in ‘n wit rok getrou. Was daar ook ouers gevra voordat daar saam ingetrek was?

12 05 2015
HesterLeyNel

Het jy die storie gehoor van Gert Agterdieklip wie se aster geweier het om met hom te trou oor sy naam? So, hy moes toe nou maar die lang wetlike pad aanpak om van naam te verander. Na maande se gesukkel, baie geld uitbetaal, amptenary omkoop en voetseer geloop van staatskantoor tot staatskantoor, kom hy toe uiteindelik die nuus aankondig dat sy naam nou amptelik verander is. Trots haal hy sy ID dokument uit en oorhandig dit aan die aster: “Daarsy”, straal hy, “Ons kan nou maar trou. My nuwe naam is nou Piet Agterdieklip!”.

12 05 2015
rondomtaliedraai

Ek het nie regtig ‘n mening hieroor nie Ek hoop altyd mense behou ‘n goeie ondersteuningsbasis en dat jong mense sal studeer of ten minste kursusse sal doen om ‘n behoorlike beroep te kry sodat hulle hulsef behoorlik kan onderhou.

13 05 2015
scrapydotwo

Die saamblyery is maar n tammaletjie. My seun het dink ek 8 jaar ge-partner. In begin was dit vreemd maar dis maar aanvaar. Skoonouers het egter bly karring aan hoe onchristelik hul lewe! Op end is daar darem nou getrou : en was die boere(ouers) toe tevrede? Daardie in wit trou is vir my ook maar n tradisie tammaletjie. Maagde trou in wit! Wie is nog n maagd as hul trou? Oeps nou krap ek die wurms lekker deurmekaar. Dankie vir jou lekker uiteensetting. Gee mens iets om oor te dink.

13 05 2015
Olga

Leef en laat leef. Elkeen na sy sin.

13 05 2015
scrapydotwo

Beslis! 🙂

14 05 2015
14 05 2015
Toortsie

Die regte ouderdom om te trou? Beide moet darem seker volwasse genoeg wees om die verantwoordelikheid daarvan te verstaan, en ek sou dink hulle moet lief vir mekaar wees. Hulle moet darem al vir hulleself kan sorg, of hoe? Maar ook hier is uitsonderings. Ag dis MOEILIK!
Maar… ek dink jy is oud genoeg. 🙂
En ek weet jy sal tog vir jou ouers gaan “vra”… mmmm?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: