Koffie Connoisseurs

11 05 2015

Ek was die afgelope naweek verstom hoe groot kapsule koffie skielik geraak het.  Orals waar ek my voete gesit het, was daar ‘n promosie op ‘n geskikte kapsule koffiemasjien.  Mense het ook heel opgewonde gespring om hierdie wonderwerkies op te raap.  Skielik is almal ‘n koffie-connoisseur.  Nee, ‘n fynproewer is net so af soos ‘n koppie flou Frisco.

Is ek die enigste een wat verstom is oor die skielike koffiesnobs wat Suid-Afrikaners geword het?  Moet my nie verkeerd verstaan nie.  Daardie kapsulekoffies is ongelooflik lekker.  Teen ten minste R11 ‘n kapsule (elektrisiteit, suiker, melk en beker gebruik uitgesluit) verwag ‘n mens ook niks anders nie.  Toegegee, ek weet nie of die goedkoper R11 koffies (by jou huis) net so lekker as die Nestle Dolce Gusto’s gaan proe nie.  Tog, solank dit uit ‘n kapsule kom, is al wat ‘n connoisseur is gelukkig.

Kom ons weer nou sommer bar.  Baie van die connoisseurs sal hulle hande saamslaan en hulle erfporsies verruil vir ‘n bord boerekos.  Laat ek vertaal.  Van die connoisseurs reken die beste kos op aarde is opgekookte vaal papperasie wat met botter en suiker gegeur is.  As jy werklik avontuurlik wil wees, gooi jy ‘n tikseltjie kaneel in.  Die papperasies word dan verkieslik met droog, smaaklose fotostaatvleis bedien.

Klink dit nou regtig na mense wat puntenerig is oor wat hulle drink?  Indien wel, moet ek aan ‘n patent werk waarmee koffie met suiker en botter gegeur word.  Ek sal kan aftree en die res van my lewe my mond net aan kapsule koffie sit.  Dit sommer emmersvol kan uitdeel.

Is hierdie nuwe neiging net ‘n mode?  Iets wat mense kan oortuig hulle is nie platvloers en / of kommin nie?  Of is Suid-Afrikaners regtig gesteld op hulle koffie?  Is ek net suur omdat ek nie Nestle Dolce Gusto kan bekostig nie?

Wat is vir jou ‘n lekker koppie koffie?

Breinvasbrand:  Met watter advertensie het die man foreign gepraat met cappuccino?

Breinlosbrand:  Sheldon Cooper.


Aksies

Information

18 responses

11 05 2015
skryfgoed

Jip…dit is so….ons het n Espresso masjien wat pitte maal en eintlik net n ORDENTLIK koppie koffie maak….vrek lekker….net jammer dit maak dat jy sukkel om by ander….waar ook al….sommer net gewone plastic koffie te drink….wel nou….ek dink ook die Nespresso speletjie is veels te duur….maar nou ja….n lekker koppie koffie bly lekker….

11 05 2015
Xena Phoenix

Daardie vars gemaalde koffie IS besonders lekker. Net ‘n gesukkel, duur en meer as wat ek op ‘n dag kan drink.

11 05 2015
Olga

Was dit nie Wimpy nie?

Hoe lekker lag ek nou. Gaan die bottergegeurde koffietjies ook sulke groot drywende vetkolle op hê? Suid Afrikaners hou daarvan om die Amerikaners te na-aap. Ek wonder hoe sal hulle vaar as jy hulle Frisco gee met ‘n groot skuimkop? Wonder of hulle die verskil gaan ken.

11 05 2015
Xena Phoenix

Die Amerikaners drink net koffie uit Starbucks. Eerlik, hulle kan maar verby hou. Dit is nie lekker nie. Hulle creamers is veral nie lekker nie.

11 05 2015
Olga

Wat ek hier bo gewonder het, is of die Amerikaners die bottergegeurde koffie gaan na-aap. Maar nou ja, om 108 te wees, beteken mens vergeet soms so ”n bietjie.

11 05 2015
HesterLeyNel

Ek moes nou eers vir Oom Google gaan vra waarvan jy praat. Ek drink nie koffie nie. Ook nie tee nie. Ook nie wyn of koeldrank nie. Ek drink darem water – uit die kraan. Sh#t, ek besef nou eers hoe vervelig my drinkgewoontes is. Ek eet darem – amper enigiets.

11 05 2015
Xena Phoenix

Google is ‘n tannie. Soos in ‘n XX chromosoom en sit as sy piepie. Net ‘n vrou is so betroubaar en vol draadwerk.

Nie eers ‘n bietjie sjampanje nie? Wat van bier, vodka, kapokstertjies, milo en melk?

11 05 2015
HesterLeyNel

Ek bestel ‘n bier elke keer as ons by die pizza restaurant kom, tot my man se groot vreugde, want dan kan hy twee drink.

11 05 2015
Kameel

My man drink geen drank nie, maar is ‘n koffieverslaafte. Hy hoort ‘n koffiekroeg te hê. Drink net Douwe Egbert, of Filterkoffie en dan het hy so ‘n kapsulemasjien. Ek dink jy ontwikkel ‘n smaak vir koffie. Soos die kinders hier gekom het en saam met hom koffie begin drink het, het hulle koffiesmaak heeltemal verander. Niemand wil meer Riccoffee ens drink nie.

12 05 2015
Xena Phoenix

Net jammer ‘n mens se smaak ontwikkel nie saam met jou begroting nie. 😉

Ek drink gewoonlik Jacobs (die hoekom is ‘n storie en ‘n half) by die huis en Jacobs by die werk.

Interessant: hulle reken ‘n regte koffiefynproewer drink nie suiker of melk in die koffie nie omdat dit die smaak belemmer. Daar is dus geen manier hoe ek na myself as ‘n koffiefynproewer kan verwys nie.

12 05 2015
Kameel

Dit is soos my man hom drink…. swart, en bitter. Mag nie koffie drink nie, dus het ek geen idee waaroor al die bohaai gaan nie🙂 Sou ook nie ‘n koffiefynproewer kon wees nie…. te lief vir my suiker.

11 05 2015
rondomtaliedraai

Nee wat sulke sterk koffie wikkel my lewer

12 05 2015
Xena Phoenix

Wat? Hoe drink jy koffie as die lepel nie regop in die beker staan nie? 😉

12 05 2015
rondomtaliedraai

oooo nee dankie my gestel is te brros vi8r dit!

13 05 2015
scrapydotwo

Nou is ek terug op die brug!? Het nie geweet van “kapsules”koffie nie! Het Desember n kursus gedoen en n kwalifiseerde barista anderkant uitgekom. Daar het hul niks daarvan gesê

14 05 2015
Twilight

Ek is lief vir sterk kitskoffie – Jacobs of Douwe Egberts en ek drink hom met room, dankie! Ons (doodgewone) 12 jaar oue filtreermasjien het die gees gegaf sonder dat ek ooit sy cappucino funksie probeer het. Te bang die warm melk ontplof. So as ons wil moerkoffie, gebruik ons deesdae ‘n plunger. Daai ander magafters is te duur vir my…

17 05 2015
MaanKind

Die koffie in die kapsuletjies doen dit nie vir my nie. Ons koop ons eie pitte, maal dit. Of koop klein pakkies gemaaldes. My man maak vir my elke oggend filter, en vir hom Americano. Hy kompakteer sy eie espesso, vir syne, en ek kry medium roast van wat hy ook al koop. As ek moet maak, maak ek plunger. Dit moet presies 3 en half minuut trek.

17 05 2015
Klip

Party mense kan nou maar net nie koffie maak nie! (tee ook). As ek wimpy koffie bestel dan kry ek n espresso meng dit, sodat die koffie darem na iets smaak. Anders drink ek net espresso. Nog nooit die kapsule ding gedoen nie. Ek drink ook nie die koffie wat ons by die werk kry nie ( ricoffy en Nescafe classic) Ek bring my eie Jacobs, Douwe Egberts of Nescafe Gold.Ek eht ook my eie espresso masjien en plunger by die werk en gebruik Lavazza, Edusco of Ily.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: