Toeka Tokkel: Huis

6 05 2015

Scrapy mymer die week oor huise.

“The Blindside” begin met ‘n vertelling van hoe ‘n huisvrou haar begroting aanwend.  Die eerste tjek word volgens die fliek uitgeskryf om die dak oor die gesin se koppe te verseker.  Die dak is dan ook gewoonlik die grootste uitgawe in menige huishoudings.  Dit is seker meer korrek om te sê dat dit die geval is vir gevestigde, verantwoordelike mense.  Ek het egter al gelees dat die meeste jong mense eerste wiele aanskaf en dan ‘n huis.

Hierdie was seker die norm wat ek wel gevolg het.  Dit is nou nie dat ek elke jaar ‘n ander kar gekoop het nie, maar ek het beslis ‘n hele klompie jare meer aan my kar as aan my huis spandeer.  Ek het aanvanklik by ‘n tannie loser, voordat ek in ‘n klein tuinwoonstel ingetrek.  In die woonstelletjie het ek amper vasgegroei.  Nie omdat ek verknog aan die gehuggie was nie, bloot net omdat ek my nie juis kon steur oor waar ek slaap nie.

Wat is ‘n huis tog in elk geval?  Verskillende mense sal ‘n verskillende omskrywing daarvoor gee.  Vir my was dit basies ‘n plek waar ek gebad, geslaap en soms geëet het.  Dit was dan ook omtrent al wat ek by die huis gedoen het.  Daar was nie juis ‘n rede om huistoe te gaan nie.  Sou ek besluit het om Durban toe te gaan, was daar niks wat my gekeer het nie.  Siende dat ek tog ‘n verantwoordelike persoon is, sou ek net moes sorg dat ek betyds vir werk die volgende dag was.  Mits ek my huur betaal het, was die eienaar ook tevrede.

Ek het later ‘n kamermaat gekry, met die idee dat ons ‘n groter plek sou kry.  Eenvoudig in teorie, maar dit is wragtig sonde as ‘n mens kyk wat meenthuise se huur kos.  Daar was dus net een genade:  Ons sou moes koop.  Ook makliker gesê as gedaan, maar waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg.  Skielik het ek meer as drie vertrekke gehad.  Ek en my kamermaat het elkeen ons eie pad gevolg, dus was die huis nog steeds net ‘n plek om te bad, slaap en soms te eet.  Mens kan elders slaap en sommer ook bad, dus was daar steeds geen rede om huistoe te gaan nie.

Dit is toe die eerste klok van oujongnooiskap lui en ek vir my ‘n kat aangeskaf het.  Skielik was daar iemand wat heeldag alleen by die huis was en geselskap gesoek het.  Sy moes kos kry, versorg word en uitgelaat word.  Daar is toe skielik ‘n rede om op ‘n redelike tyd huis toe te gaan.  Die moontlikheid van elke aand uitgaan is ook nek omgedraai.

Mens sal dink dat dit ‘n onvergeeflike beperking op vryheid is.  Tog, skielik was daar ‘n rede om huis toe te gaan.  Daarmee het die dak oor my kop ‘n tuiste geword.

Breinvasbrand:  Wie is Leonard Hofstadter se kamermaat?

Breinlosbrand:  Prinses Charlotte se tannie Philippa (Pippa) Middleton se middelnaam is Charlotte.  Haar ma se middelnaam is ook Elizabeth.


Aksies

Information

11 responses

6 05 2015
Olga

EERSTE!!!!

6 05 2015
Olga

So woon jy en jou meisie nou in ‘n huisie????

11 05 2015
Xena Phoenix

Beter as ek en my skoonma wat in ‘n woonwa bly.

6 05 2015
scrapydotwo

In n huisie met n kietertjie katter. Klink nogal na my voor getroude lewe. Ek het darem saans my eie ete gemaak. Dankie vir deelname

11 05 2015
Xena Phoenix

Wie het tyd om kos te maak?

7 05 2015
7 05 2015
Kameel

Nou wonder ek wat ek sou doen het ek nooit getrou nie. Hoe sou ek oor my woonplek gevoel het ens. Sou ook seker ‘n kat aangeskaf het…. So is elke mense se lewe sy eie storie🙂

11 05 2015
Xena Phoenix

Kyk maar, alle enkellopende vroue van om en by 30 het ‘n kat of drie. 😉

7 05 2015
rondomtaliedraai

Mens se huis is jou paleis …

11 05 2015
Xena Phoenix

Op die wêreld is jou speelplek.

11 05 2015
rondomtaliedraai

Grinnik… vertel jy my!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: