Na geboorte

5 05 2015

Skiet my, maar ek kan nie ‘n goeie samesweringsteorie (is dit Afrikaans vir conspiracy theory?) ignoreer nie.

Tensy jy in ‘n grot gebore is, weet jy teen die tyd dat Georgie Saterdag ‘n sussie gekry het.  Haar naam is Charlotte (vroulik vir haar oupa) Diana (haar ouma) Elizabeth (haar oumagrootjie).  Sy is al klaar ‘n sosiale vlinder, het vir die skare gewaai ‘n paar uur nadat sy gebore is.  En dit is veral vir die Russe te dik vir ‘n daaler om te sluk.

Blykbaar is dit onmoontlik vir ‘n vrou (dit is nou Charlotte se ma) om so goed te lyk ‘n paar uur nadat sy geboorte geskenk het.  Kate is blykbaar net te stralend en net te gemaklik vir iemand wat so pas ‘n kleintjie uitgedruk het.  Blykbaar het sy al haar babavet net na die bevalling verloor.

Wel, van geboortes het ek net teoretiese kennis.  Ek is egter van Afrika en hier kan vrouens die een oomblik onder ‘n boom kraam en die volgende oomblik verder stap terwyl die baba drink.  Ek is dus bereid om te aanvaar dat Kate ‘n Yster Aster is.

Die Russe twyfel.  Hulle reken dat Kate 3 dae voor die “amptelike” datum geboorte geskenk het of dat al die werk deur ‘n surrogaatma gedoen is.  Hulle spekuleer self dat Kate ‘n kunsmatige boepie gedra het.

Wat dink julle?  Het Kate hare op die tande of het iemand anders al die werk gedoen?

Terloops!  Beroepwedders dink nie dat William en Kate nog kinders gaan hê nie, maar, sou daar ‘n derde wees, sal sy glo Alice heet.

Breinvasbrand:  Watter lid van Prinses Charlotte se familie se middelnaam is Charlotte?

Breinlosbrand:  Olga was reg met makes the whole world blind.


Aksies

Information

7 responses

5 05 2015
scrapydotwo

Daar sal altyd maar stories wees. Sy is nog jonk en gesond so daar behoort nie rerig probleme te wees met die geboorte en die opstaan daarna te wees nie! My beskeie meening.

5 05 2015
KleinKitti

Ek stem saam – Kate is ‘n tawwe meisie. Ek glo wel daar was bietjie hulp met haar hare en grimering en iemand het dalk haar rokkie gestryk sodat sy mooi lyk. Een videogreep wat ek gesien het was haar maag als behalwe plat maar tipies soos ‘n ma wat die vorie dag gekraam het. Eks so bly Diana is ook by haar name gevoeg.

5 05 2015
Kameel

Ai toggie, kan ‘n mens nie eers geboorte skenk sonder dat mense dit bevraagteken nie? ‘n Mens herstel heel vining na ‘n geboorte, en met hulp van ‘n bietjie mooimaak goed, kan jy goed lyk, veral as jy so mooi soos sy is.

5 05 2015
Olga

Ou Karel Bakoor homself? Kom ek wees maar naais vir ‘n verandering.
Die kleine prinsessie is na oupa Charles vernoem.

Tjk. klink of my Russiese voorouers nie eers kaalvoet oor die straat sal kan stap sonder nie. Slapgatte. Haar ou boepie het dan heel pertinent agter die ou bondeltjie uitgesteek. Kyk haar “mamma” wange ook. Nee wat, ek dink die Russe vang vis in die pispot.

Btw, kyk die hand gebreide hoedjie op haar koppie. Dan is Suid Afrikaanse mamma’s tog so bang hulle ou pienkvoetjie gaan “houm maids” geskenk kry.

5 05 2015
Olga

Btw 2: Ek het gewonder wie jy gaan uitskel as ‘n nageboorte.

5 05 2015
rondomtaliedraai

Ag en die ou gesiggie is nie eers lelik en rooi nie. Ek lig my my spreekwoordelike hoed vir hulle

5 05 2015
Daniel Bezuidenhout

Nah, sys die Mammie. Ek het selfs paar uur na die geboorte self my kind gaan haal in die nbbakamer nadat die Ingelse Suster vertel het ek moet “rus”. My kind gevat en uitgestap, mouter toe…en vandaar huistoe.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: