Is neutraliteit ‘n sonde?

29 04 2015

Daar word gesê dat ‘n mens jou neus uit ander se sake te hou.  Dit is presies wat Switserland met die Tweede Wêreldoorlog gedoen het.  Switserland; wat vandag nog diensplig het en waar die regering privaat huise bewapen ingeval van nood.  Sodoende het hulle land staande gebly terwyl die hele Europa gebrand het.  Switserland was goed genoeg vir Churchill om die einde van die oorlog aan te kondig.  Tog moes hulle ‘n duur prys vir hulle neutraliteit betaal.  Hulle was beboet omdat hulle nie saam in die oorlog baklei het nie.

Let wel:  Switserland was neutraal.  Hulle het nie vir Duitsland geskerm nie, maar hulle het ook nie teen Duitsland baklei nie.  Hitler se dade in die tyd kon nie regverdig geword het nie.  Iets of iemand moes hom (en sy gespuis) gestop het.  Engeland, Frankryk en maatjies het hand opgesteek om helde te speel.  Het Switserland hulle plig versaak om nie ook held te speel nie?

Dit laat my na die onlangse reaksie op xenofobiese geweld dink.  Orals het mense hulle stemme dik gemaak.  Daar was ook nie gehuiwer om in die openbaar te verkondig as jy nie ook teen xenofobie baklei nie.  Beroemdes en berugdes het seker gemaak die ultimatum is word harder verkondig as hulle misnoë.

Dalk het hulle ‘n punt beet.  Soos Edward Burke gesê het:  “The only thing necessary for the triumph of evil is for good men to do nothing.”  Desmond Tutu het dit dalk duideliker gestel:  “If you are neutral in situations of injustice, you have chosen the side of the oppressor. If an elephant has its foot on the tail of a mouse and you say that you are neutral, the mouse will not appreciate your neutrality.”

In die geval van xenofobie is dit nie barbare wat die uitlanders uitmoor wat gestraf word nie.  Hulle vaderlande (waarvan baie van die uitlanders gevlug het – die ironie!) is glad nie gedien daarmee dat hulle burgers vir geen rede aangeval word nie.  Wie word gestraf daarvoor?  Elke Suid-Afrikaner wat hulle in die hande kry.  Wel op ‘n minder barbaarse manier.  Helaas, raak dit nie diegene wat die buitelanders uitmoor nie.

Dit is waarskynlik genoeg om almal na ‘n plakkaat te laat gryp en sommer jou eie optog te begin.  As jy egter verkies om eerder op die draad te sit, kan niemand jou ‘n held noem nie.  Is dit egter reg om jou ‘n skurk te noem?

Hoe voel julle daaroor?  Hoe voel julle oor xenofobie?

Breinvasbrand:  Wat het Ghandi gesê van ‘n oog vir ‘n oog?

Breinlosbrand:  Razzies

Advertisements

Aksies

Information

3 responses

29 04 2015
Olga

Eerste!!!!!!!!

29 04 2015
Olga

An eye for an eye only ends up making the whole world blind.

29 04 2015
Olga

Weereens wil ek ten eerste antwoord HOU OP OM ELKE SLEGTE DONNERSE DAAD ‘N NAAM TE GEE! Geen wonder die 4kers buit elke “siekte” uit nie. Wat hulle doen is eenvoudig krimineel. Vandag die uitlanders en voor jy weet waar jy is, is ons ook uitlanders. val hulle Nigiriers en Chinese ook aan? Aan die eenkant dink ek die kleuter sit agter die stront. Aan die ander kant, wie dink julle gaan agter die kleuter gevind word???

Dan ook ne, die mense kom in ons land, maak ‘n winkel oop. WOON IN DIE WINKEL en stuur elke pennie wat hulle maak land uit. Betaal hulle belasting aan die SARS? Behoort hulle toegelaat te word om handel te dryf in Suid Afrika? Ek sê NEE!!! Hoor my lied, ek sê nie maak hulle dood nie. Ek sê nie steel hulle handelsware en brand hulle winkels nie. Ek sê bloot HULLE IS TOG ‘N EKONOMIESE LAS VIR SUID AFRIKA. Maar wie behoort vir hulle dade gestraf te word? Ek sê die wetter wie hulle verblyfreg en ‘n handelslisensie gegee het. As die massas (KAK) wil staf, laat hulle die aanspreeklike mense gaan straf. Maar hulle is Suid Afrikaans genoeg om te lafhartig daarvoor te wees.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: