Gesinsvriendelik

21 04 2015

Die Pretoria Dieretuin is tans besig met ‘n meningspeiling oor drank in die dieretuin.  Die huidige voorstel is om die inbring van drank te verbied en om drank verkope tot een restaurant te beperk.  Party mense het natuurlik baie sterk menings hieroor, veral diegene wat ‘n algemene drank verbod op die dieretuin wil plaas.  Hulle beroep hulle daarop dat die dieretuin gesinsvriendelik moet wees en dat daar dus geen plek vir drank ook is nie.

Die argument kielie my natuurlik pienk.  Veral as die gewig daaragter versterk word met “As jy wil drink, gaan drink by die huis.”  Die mees gesinsvriendelike plek vir ‘n kind is tog seker by sy / haar huis.  In die gemiddelde normale huishouding, gaan die ouers tog seker met tye ‘n drankie geniet.  Gaan hulle dan daardeur hulle kind/ers onherroeplike skade aandoen?

Let wel:  ek praat hier van drank gebruik en nie drank misbruik nie.  Ek weet party mense verstaan nie die verskil so lekker nie, maar daar is niks verkeerds met matige drankgebruik nie.  ‘n Koppie koffie is immers ook skadelik.  Tee ook.  Ons sal nie eers praat oor die suikerinhoud van koeldranke en sappe nie.  Sover my kennis strek, is water die enigste veilige aanvaarbare drankie.  Op watter punt raak die drink van enige iets anders gesinsONvriendelik?

Wat beteken gesinsvriendelik nou eintlik?  Hoekom noem ons dit buitendien gesinsvriendelik as ons eintlik kindveilig of kindtoeganklik bedoel?  Filosofies gesproke (met HM logika) is kindwees ‘n voorbereidingstyd vir die volwasse lewe.  Kinders word in ‘n beskermende omgewing geleer om die uitdagings van ‘n volwassene te hanteer.  Sou hulle genoegsaam voorbereid wees as hulle nooit aan onsmaaklikhede blootgestel word nie?

Toegegee, daar moet iewers ‘n lyn wees.  Ek voel wel sterk daaroor dat die lyn gebaseer moet wees op wat werklik skadelik vir ‘n jong siel is.  Iemand wat ‘n bier drink is waarskynlik nie ‘n tweede kyk werd vir ‘n jongeling nie.  Sou hy/sy ‘n dronkeling teëkom, sit dit die kind dalk heeltemal van drank af.  Gaan dit hom / haar weke lank nagmerries gee?  Gaan dit sy / haar se gesondheid negatief beïnvloed?  Gaan die kind daardeur beseer word?

Indien nie, is dit nodig om dit in die naam van gesinsvriendelikheid te verban?

Wat behoort die kriteria vir gesinvriendelik te wees?  Hoe ver behoort die omgewing die kind te beskerm en hoeveel is eintlik die ouers se verantwoordelikheid?  Plaas ‘n gesinvriendelike plek ‘n demper op mense wat nie kinders het nie?

Breinvasbrand:  Na watter Amerikaanse president is ‘n Teddie Beer genoem?

Breinlosbrand:  Olga was reg met Walton.


Aksies

Information

21 responses

21 04 2015
Olga

EERSTE!!!!!!!!!!!!

21 04 2015
Olga

Prosident Theodore “Teddy” Roosevelt Jr.

21 04 2015
Olga

Na my beskeie mening is beurtkrag, slaggate en verwydering van ons geskiedkundige beelde baie gesinsonvriendelik. Maar wie de vy gee om wat die Olga dink? Duur mediese dienste en nog duurder pryse op daardie dienste is meer gesinsonvriendelik. Dan ook ‘n land wat uit skone hebsug alles wat sy burgers besit en verdien verswelg, is die mees gesinsonvriendelikste ding wat enige mens ooit sal teëkom. Mag die 4kers maai wat hulle saai.

22 04 2015
Xena Phoenix

Wat nog van ‘n keuse tussen kos, skool of mediese dienste vir kinders. Ten minste sien hulle nie iemand wyn drink nie.

22 04 2015
scrapydotwo

Sodra die te bygevoeg word is dit skadelik. Te veel drank, te min of te veel liefde is uiterstes wat gesin opbreek. Wonder of mense die dieretuin minder gaan besoek as daar geen drank beskikbaar is nie.(Sal maar altyd die skelmes kry wat botteltjies saambring) Dis n moeilike situasie sal ek sê.

22 04 2015
Xena Phoenix

Te veel van enige ding . . . . behalwe tevrede.

Jy weet, mense geniet maar hulle storms in ‘n teekoppie. Ek meen, maak dit werklik saak. Die aggressie van die anti-drank mense is vir my net so vermaaklik. Ek gaan gereeld dieretuin toe en het nog nooit iemand dronk daar gesien nie. Ek was seker maar net sover gelukkig.

22 04 2015
scrapydotwo

Dis goed om te hoor. Ek is ook bly die dieretuin kom nog tot sy reg

22 04 2015
Sparkle

Oh my word Xena, jy het ‘n goeie punt weet. Wat maak dit saak as daar kindervriendelike plekke is maar die huis waar die kind woon is nie kindervriendelik nie. Ons moet oppas dat ons nie ‘n generasie grootmaak wat te sag in watte toegerol word nie. Nou die dag toe praat ons huis by die werk oor die feit dat vandag se kinders grootword met die idee dat hulle baie spesiaal is. Die probleem daarmee is dat baie van hierdie “jy-is-vir-ons-tog-sooooo-spesiale” kinders is is dat hulle in ‘n grootmens wereld gaan instap en gaan dink dat die lewe hulle nog steeds met fluweel handkoentjies moet behandel. Anycase, mens gaan dieretuin toe om vir die diere te gaan kuier, nie om die apies te vermaak met ‘n slap, dronk lyf nie. (wonder of daar al ernstige gevalle van besopenheid was?)

22 04 2015
Xena Phoenix

En almal is wenners . . .

Daar is niks verkeerds met goeie kompetisie nie. Vra my, ek het altyd heel laaste gekom. Wel, op die sportveld ten minste. 😉

Ek sal jok as ek sê dat ek nog nooit drank saamgevat het dieretuin toe nie. Ons het eendag as studente ‘n bottel wyn saamgevat. Die heilige aap wou opsluit die bottel afvat. Ek is nie seker of hy nagmaal wou hou daarmee en of hy dit wou uitgooi nie. Dalk wou hy net skelm drink as niemand kyk nie. In elk geval, die glas paneel het sy planne gefuink en hy was glad nie gelukkig daarmee nie.

22 04 2015
HesterLeyNel

Wat MY onvriendelik maak omtrent drank is die oormatige gebruikers wat meer luiddrugtig en vulgêr raak met elke drankie. Dit is ‘n feit dat hulle humeure ook meer dikwels opvlam en dit maak my bang en ongemaklik. Hulle steur hulle nie daaraan dat hulle inbreuk maak op andere se genieting van die omgewing nie. Let wel, ek weet dat nie almal so optree nie en ek kritiseer nie ander mense se reg om ‘n drankie te geniet nie – ek het immers die keuse om NIE te drink nie by my eie huis.

22 04 2015
Xena Phoenix

Ek wonder ook altyd wat die betowering is om agterna te kan spog met hoeveel jy gekots het, waar jy wakker geword het en hoe min jy van alles kan onthou nie.

22 04 2015
Korrelkop Kahuna

Jy kan tog seker nie die gesinsvriendelikheid van ‘n plek beoordeel aan die beskikbaarheid van alkohol nie? Pas net die reëls behoorlik toe. Gooi die persoon uit wat hom/haarself nie kan gedra nie en wys daardeur vir die kinders dat 1. Alkohol kan verantwoordelik geniet word en 2. As jy nie by die reëls hou nie is daar gevolge

22 04 2015
Xena Phoenix

Hoor Hoor

22 04 2015
rondomtaliedraai

Ek wonder tog of ‘n gesinsuitstappie juis drank… wat dan van drink en bestuur. Hoekom nie dit hou by roomys en hamburgers? Ek weet nie … dit hang seker van die gesinne se behoeftes af

22 04 2015
Olga

Wie is in elk geval die dronklappe daar? Na my mening die wie onder die bome lê en een na die ander van hulle bo klere strip sodat al die ander dit kan aantrek vir die foto sessie. Geen nugter vrou sal so iets doen nie.

23 04 2015
Klip

Ek wil fotograaf word! (Natuur tonele afneem)

23 04 2015
Klip

Ek drink nie by die dieretuin nie …. ek vries my drank dan eet ek dit daar binne.

23 04 2015
Klip

Stuur die gesin sonder drank dieretuin toe. Dan drink ek by die huis en sien pienk olifante. As almal terug is het ons almal tenminste n olifant gesien.

23 04 2015
Klip

4 Staduims waardeur n mens gaan wat drink .1.Slim 2.Sterk 3. Mooi 4.Vark.

23 04 2015
Klip

IRISHMAN’S FIRST DRINK WITH HIS SON

While reading an article last night about fathers and sons, memories came flooding back to the time I took me son out for his first pint.

Off we went to our local pub only two blocks from the cottage.

I got him a Guinness. He didn’t like it, so I drank it.

Then I got him a Kilkenny’s, he didn’t like that either, so I drank it.

Finally, I thought he might like some Harp Lager? He didn’t. I drank it.

I thought maybe he’d like whiskey better than beer so we tried a Jameson’s, nope!

In desperation, I had him try that rare Redbreast, Ireland’s finest. He wouldn’t even smell it.

What could I do but drink it!

By the time I realized he just didn’t like to drink, I was so fookin’ shit-faced I could hardly push his pram back home.

24 04 2015
Xena Phoenix

Whahahahahahhahaha!!!!

Net ‘n Ier.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: