Hoort enkelkind en matigheid in een sin?

27 03 2015

Die ouers van enkel kinders is gewoonlik baie beslis hieroor:  “Ons bederf ons kind glad nie.”  Enkel kinders stem volmondig saam.  “Ek is nie bederf nie.”  Hulle glo hulle self beslis.

Dit is soos ‘n kennis met ‘n enkel kind my kort voor Kersfees vertel.  “Die jaar gaan Santie maar min geskenke kry, want een van haar geskenke was baie duur.”  Die vrou het ons toe alles van Santie se geskenke vertel.  Nie net was haar groot geskenk duurder as my hele geskenk begroting nie, maar haar min geskenke was meer as wat ek in totaal gekoop het.   Verskeie van die geskenke was ook meer as ‘n R1000 elk.  Gelukkig word Santie nie bederf nie.  Anders was ek beslis jaloers op die snotkop.

Santie is natuurlik nie die eingste onbederfde enkelkind wat ek al ontmoet het nie.  Oor verskeie kulture en ekonomiese klasse is daar een ding wat paal bo water uitstaan.  Wanneer dit kom by verjaarsdae, Kersfees en paasfees; het ouers nie remme nie.  O, ekskuus.  Daar vroetel ek in hulle gesigte.  Kom ek stel dit eerder so:  hulle definisie van matigheid en my definisie van matigheid verskil soos dag en nag.  Toegegee, ek is dalk net ‘n suinige vrek.  Feit bly staan dat ouers wat meer as een kind het, effens meer besadig is as dit kom by Kersfees, Paasfees, verjaarsdae, ‘n uitstappie winkels toe, of sirkus toe of . . .

Van waar ek op die wal staan lyk die verskil vir my as volg:  Ouers met meer as een kind, koop iets (of ‘n paar ietse) vir ‘n spesiale geleentheid.  Enkel ouers koop alles en gooi sommer ‘n iPhone in om dit ekstra spesiaal te maak.

Nee, ek het niks teen enkelkinders nie.  Ek was self vir ‘n jaar of so ‘n enkelkind gewees.  Sou ouerskap in my sterre wees, sal ek waarskynlik self die ouer van ‘n enkelkind wees.  Dan doen ek waarskynlik presies dieselfde.

Hoe voel julle?

Breinvasbrand:  By wie het Oliver Twist gebly terwyl hy siek was en wie Oliver later ontdek het sy oupa is?

Breinlosbrand:  O aarde!  Ek het droog gemaak.  Ek wou julle vertel het dat Kaliel vir Saul vertel het dat jy saam met ‘n kat van ‘n skip moet afklim.  Toe onthou ek dat Saul vere vir skepe gevoel het.  Verkeerde storie!  (Dammit!  Dit is hoekom mens altyd eers seker moet maak van die vraag)!!  Kaliel het dit vir Lukas (Benjamin) vertel!  In Fiela.  Ek vonnis myself om altwee die boeke die naweek te lees terwyl ek die eier van my gesig af krap.

Toortsie was in elk geval reg.


Aksies

Information

19 responses

27 03 2015
scrapydotwo

Het n enkel kind grootgemaak. Daar was ongelukkg nie geld om te oordryf met geskenke nie. Sal nie sê hy het spesiale voorkeur gekry nie.

28 03 2015
Xena Phoenix

Wel, ten minste is hy nie voorgetrek nie. 😉 In ander gesinne is daar altyd een wat voorgetrek word.

Uhm. Laat my nou dink . . . daar is gewoonlik ook ‘n swart skaap. Is die enkelkind sommer die swartskaap ook?

(Snertpraat is my tweede taal).

28 03 2015
scrapydotwo

Enkelkind kan ook swartskaap word as hy wegbreek van die “normale”. Hul kan ook voorgetrek word omdat hul alles kry wat hul wil hê. Gelukkig in my geval was ons oop vir mekaar en kon ons dinge redelik goed en vinnig uitsorteer

27 03 2015
pienkpantoffels

Die geskenke ding was nogals altyd ‘n doring in my vlees. Veral as mens ‘n ‘family gathering’ het en die ‘haves’ deel hierdie GROOT en DUUR geskenke uit en jy – wat val onder die ‘have nots’, het net ‘n klein geskenkie vir elkeen van jou eie kinders.

28 03 2015
Xena Phoenix

Slippers!!! Jou eeue laas gesien. Ek het ‘n vriendin, wat uit ‘n gesin van professioneles kom. Hulle het ‘n R50 limiet op Kersgeskenke. So iets moet dalk by julle familie byeenkomste ingestel word.

29 03 2015
pienkpantoffels

Hi Xena. Ja, ons doen ook deesdae daai ding. Dis baie makliker en plaas niemand in ‘n moeilike posisie nie.

27 03 2015
Olga

Mr. Brownlow? Of was dit man ‘n dokter? So iets.

27 03 2015
Olga

Ieder geval, dis soos die tande muis. Ek was onder die indruk die muis bring munte. Deesdae dra die muise al R200 note of hy deel tweeR100 note uit. Gelukkige kind.

28 03 2015
Xena Phoenix

Ek ken iemand wat een aand by die huis gekom het en deur ‘n splinternuwe haasbekkie gegroet is. Tussen haar en haar man het hulle net n R200 gehad. Die muis (wel, in hulle geval was dit ‘n tooth fairy) het toe maar ‘n brief geskryf om die sign on bonus te verduidelik. Daar opvolgende tande het iets soos R10 gekry.

27 03 2015
carolredelinghuys@Losbek

Dit wissel seker van gesin tot gesin. Die enkelkinders wat ek ken is nogal goed bederf

28 03 2015
Xena Phoenix

Wat??? Jy ken bederfde enkelkinders? Dit is ‘n eerste!! Stem hulle en hulle ouers saam met jou? 😉

31 03 2015
carolredelinghuys@Losbek

Hehehe, hulle bloedjies bederf…. nooit aste nimmer

27 03 2015
rondomtaliedraai

Ek hou nie van uitspattige geskenke nie, en ek hou daarvan om die kinders vroeg die vreugde van gee te leer.

28 03 2015
Xena Phoenix

Ek het in beginsel nie ‘n probleem met ‘n uitspattige geskenk nie. Volgens my behoort dit eerder die uitsondering as die reël te wees.

28 03 2015
rondomtaliedraai

Ja en dit moet sinvol wees – nie ‘n kar vir ‘n 16jarige nie

29 03 2015
Sparkle

Ek het al een of twee “eenkind” gesinne ontmoed waar alles net om daai kind draai. Om nee te se is somtyds die beste geskenk wat jy vir ‘n kind kan gee.

31 03 2015
Xena Phoenix

😉 Is daardie een of twee eenkind gesinne die enigste gesinne wat jy ken met een kind?

30 03 2015
Gogga

Ek dink dis nogal baie maklik om die een kind te bederf. Myne word defnitief met ekstra goed groot. Maar ek probeer ook maar die ander kant van respek vir goed en werk vir wat jy wil he inprop. My mnrtjie is 3 en hy kry £1 vir elke jaar van sy lewe per week. Maar hy kry dit net as hy deur die week gehelp het. (bv Kouse in die mandjie in pare sit, sy speelgoed optel, sy bed opmaak) en dan as ons winkels toe gaan dan moet hy kies of hy sy geldjie wil spaar of in sy bussie gooi. Sover werk dit vir ons maar so nou en dan kan ek nie help om maar ietsie ekstra te koop nie.

31 03 2015
Xena Phoenix

😉 Klink vir my na ‘n goeie plan. Teen die tyd wat hy 18 is, gaan hy 18 pond ‘n week kry. Self in Suid-Afrikaanse rand en gemeet aan inflasie, sal dit darem bekostigbaar wees.

Leer jy hom Afrikaans praat?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s




%d bloggers like this: