Toeka Tokkel: Daardie stemmetjie

25 03 2015

Scrapy se onderwerp van die week is Geloof / Bygeloof.

Ai!  Mense en hulle bygelofies.  Partykeer kan ek my verwonder oor waar dit oorspronklik ontstaan het.  Dit is ook verstommend dat een ongeluk aan ‘n onderwerp kan toedig en vir die volgende persoon is dit weer ‘n bron van geluk.  Dit opsigself is dan seker die bewys hoeveel vertroue daar aan ‘n bygeloof gegee kan word.

My gunsteling woord is nie verniet hoekom nie.  Ek is met ‘n gesonde hoeveelheid skeptisme gebore.  Ek aanvaar beslis nie ‘n storie net omdat dit aan my vertel is nie.  Ek moet oor die algemeen iets selfs sien, voordat ek dit glo.  Beter nog, ek toets dit sommer self om absoluut seker te wees.  Ek glo ook dat ek my eie geluk en/of ongeluk maak.  Ek is dus nie juis gepla met ‘n hoefyster, swart kat, oop sambreel of gebreekte spieëls nie.  Ek het al genoeg onder lere deur geloop om te weet dat dit beteken dat ek onder ‘n leer deurgeloop het.  Niks meer en niks minder nie.

Dit keer my natuurlik nie om aan die prettige bygelofies deel te neem nie.  ‘n Diertjie moet ‘n plesiertjie hê.  Ek gooi sout oor my skouer as ek mors, want dit is lekker om sout verder oor jou skouer te mors.  Ek moet my dak klap wanneer ek oor ‘n oranje lig ry, omdat ek geboelie was om dit te doen.  Dit voel net of jy verkeerd ry as jy dit nie doen nie.  En dit is net verkeerd om iemand ‘n handsak, beursie of spaarvarkie te gee wat leeg is.  Natuurlik gaan daar mos altyd geld in wees as die geld wat die gewer ingesit het, nooit uitgehaal gaan word nie.  Dit is buitendien net slegte maniere om nie geld wat rondlê op te tel nie.

Ek moet egter helaas erken dat ek wel bygelowig is.  Alles bygelowe wat ek persoonlik self ontwikkel het.  Ek het al hoeveel boetes gemis deur na die stemmetjie te luister wat my vertel het daar is ‘n spietkop om die draai / oor die bult / agter die bos.  Ek is veral bygelowig oor stres.  As ek moet stres en ek doen nie, het ek waarskynlik rede om te stres.  As ek my doodstres voor ‘n afspraak, taak, toets – het ek gewoonlik nie rede om te stres nie.  Ek het ook al geleer om katvoet te wees as alles klopdisselboom verloop.

Siende dat ek al my bygelowe uitgelap het, wat is jou bygelowe?

Breinvasbrand:  In Kringe in ‘n Bos, wat reken Kaliel moet jy doen as ‘n kat van die skip af klim?

Breinlosbrand:  Olga was reg met ABBA.

Advertisements

Aksies

Information

24 responses

25 03 2015
Gogga

Ek het ‘n ding oor vals kersfees bome. As ek aan een raak dan gebeur daar altyd iest met my wat in die hospitaal opeindig, van dat ek die groen boom vermy gaan dinge baie beter.

26 03 2015
Xena Phoenix

Wat as die kersfeesboom wit is? 😉

30 03 2015
Gogga

hulle is die ergste

25 03 2015
Kameel

Ek is grootgemaak met myle te veel bygelowe, en probeer hulle almal nek omdraai; party is halstarrig en kom altyd weer terug. As hy vir my fluister ek moenie die sambreel in die huis oopmaak nie, dan maak ek daardie sambreel aspris oop om hom te wys.

26 03 2015
Xena Phoenix

Die een bygeloof waarmee mens nie mag mors nie, is as jou hande jeuk. Geld is geld en mens kyk dit nooit in die bek nie. 😉

26 03 2015
Kameel

Skooon van die een vergeet!!!

25 03 2015
Kameel

O ja, jy het nooit vir my gesê of ek reg of verkeerd was met die ontwerper van Rhodes se monument nie.

25 03 2015
Kameel

Sorry, lees die blogs van bo-af ondertoe, en sien by jou volgende blog ek was reg 🙂

25 03 2015
Olga

Ek is so bygelowig soos kan kom. Ari gedori. Ek sal beslis nie die sambreel in die huis oopmaak nie, as dit die vloer mat mors, sal ek moe droog maak. Daarom is dit ongelukkig. 🙂
Moenie naels op ‘n Donderdag of Sondag sny nie. Tog is dit reg om Sondag kos te kook.
My kinders het die naels sny ding agtergekom toe hulle nog klein was. 😉 Loer altyd rond as hulle dit doen.
Maar nou ja, soos jy sê, Elke diertjie het sy plesiertjie.

26 03 2015
Xena Phoenix

Wel, ‘n mens moet (WIL) eet. 😉

25 03 2015
rondomtaliedraai

Nee wat ek is te oud vir al die die ou bygelofies

26 03 2015
Xena Phoenix

Mens is nooit te oud nie. Toegegee, daar is seker genoeg ou mense wat jou bygelowe van jou kom steel het. 😉 Dagvaar hulle!

26 03 2015
rondomtaliedraai

hehehehe dream on

25 03 2015
scrapydotwo

Ek het my as kind ook altyd verwonder aan die bygelowe van die ouer mense. As jy mos kyk dat daar nie n ou besig is om te verf en nog n pot verf ook bo-op leer het nie, sal daar mos nie n ongeluk gebeur as jy onderdeur loop nie! Ha ha, selfde met swart kat! Tog dink mens wel aan die dinge as dit gebeur omdat mens daarmee groot geword het. Dankie vir deelname aan Toeka Tokkel

26 03 2015
Xena Phoenix

Oe! Verwag ‘n blog oor ‘n swart kat. Baie interessant. Of dalk nie. Ek is nou te lui.

26 03 2015
scrapydotwo

Toemaar dit sal nog kom, is beslis n goeie onderwerp

26 03 2015
26 03 2015
Sparkle

Ek het nie juis negatiewe bygelowe nie. Ek het we’ll ‘n vriend gehad wat geglo het dat as die wind waai, alles verkeerd sal loop. Nou hoe kan mens so iets glo as jy in die Kaap bly!? Die wind waai dan amper elke dag! 🙂

26 03 2015
Xena Phoenix

Jou vriend was seker ‘n persoonlike vriend van Murphy.

Die Kaap sou ‘n wonderlike plek gewees het – minus die wind. Ek moet weer my tone gaan nat maak in die Kaap. Laviga neul juis om my ore.

26 03 2015
Toortsie

Ek kan nie onthou wat Kringe se storie oor die kat is nie, maar as ‘n kat van ‘n skip afklim, moet jy sekerlik ook!

26 03 2015
Xena Phoenix

Ken jy nie Kringe uit jou kop uit nie? Skande! 😉 Dit is meer ‘n gesegde in die boek as ‘n regte kat.

26 03 2015
Spokie sny spoor

Mooi man – oulik geskryf! (Fluister: jy moet jou skryftalent verder vat.)

26 03 2015
Xena Phoenix

Verder waarheen? 😉

27 03 2015
Spokie sny spoor

Skryf artikels vir tydskrifte. Op LitNet is hope wedstryde waar jy dinge kan wen met verskeie onderwerpe. Sparkle het ook ingeskryf daar vir ‘n reiswedstryd. Teken in by Janie van skryfgeheime se maandeliks blad, daar is ook orals moontlikhede waarheen jy skryfstukke kan stuur. Word flink daarin!!! Sien in ou geestesoog ‘n boek op die tafel. Die verskeidenheid van jou skryfonderwerpe wys my jy kan. Neem deel aan LitNet se Sênet briewe , maar wees gewaarsku, daar is manne wat jou gaan uittrek, vernaam oor godsdienstige/politieke en afrikaans onderwerpe. Nie vir sissies – Maar dit maak jou flinkdink, hard en paraat. Jy sal tonne kennis optel. So – klim die perd!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: