Moet nooit ou media afskryf nie

23 03 2015

Ek is nie seker wat mense gedoen het vir musiek voordat daar plate was nie.  Hulle moes dit seker maar self maak of na konserte gaan.  Moontlik self sing om deur die dag te kom.  Dit was eers in 1857 wat die eerste gramofoon speler gepatenteer en daarmee kon mense die musiek van hulle keuse huis toe vat.

Vir baie jare was plate (wel, een of ander vorm daarvan) goed genoeg.  Dit was dalk ‘n bietjie lomp, nou nie maklik om in jou kar te speel nie en kon nou nie ‘n paar kleuters wat op hulle geskaats het oorleef nie.  In die vroeë 70’s was daar kassette.  Nie regtig meer duursaam nie, maar makliker om jou eie te maak en rond te dra waar dit jou pas.  Selfs in jou kar en later was dit ook die eerste medium wat jou toegelaat het om dit orals saam met jou te dra.  Solank die kasset gehou het, was die klank ook beter as die van ‘n plaat.

In die 80’s het laser skywe die mark getref.  Die klank kwaliteit was uitstekend.  Die CD het vinnig lang speel plate vervang en na ‘n rukkie het dit sommer kassette ook nek om gedraai.  Dit was draagbaar, meer duursaam (nou nie perfek nie) en mens kon nog steeds jou eie CD’s maak.  As dit nog nodig is.

Die laaste dekade of so, is dit amper geldmors om ‘n CD te koop.  As jy eerlik is, koop jy sommer jou musiek aanlyn.  Dit is elektroniese media, wat dus uiters draagsaam is.  Verder is dit absoluut krap bestand.  Buitendien het jy nie meer nodig gehad om die hele album te koop as een liedjie jou sokkies op en af rol nie.  Mens kry nog CD’s, maar die doodklokke begin hard en duidelik te lui.

En nou?  Nou is ons snaaks genoeg terug na plate.  Moenie dink dat dit die ou mense is wat terug verlang nie.  Elke radiostasie het hulle “vinyl” oomblik om mense te ?  Ek is nie seker nie.  Daar is ‘n skimp dat elke mens wat ernstig oor musiek is, ernstig plate versamel.  Musiek is net musiek as dit lewendig gehoor word of van ‘n plaat afgespeel word.

Persoonlik is ek maar ‘n CD meisie.  Hoe verkies julle julle musiek?  Is plate nou hier om te bly?

Breinvasbrand:  Die eerste pop musiek CD van Polydor Pressing Operations was The Visitors in 1981.  Wie was die kunstenaars agter The Visitors?

Breinlosbrand:  Kameel was reg met Herbert Baker.

Advertisements

Aksies

Information

24 responses

23 03 2015
rondomtaliedraai

Ek het my plate weggegee toe ek getrek het, ek hou van enige musiek behalwe Jazz

24 03 2015
Xena Phoenix

Jazz is nogal baie bui-afhanklik. Ek ken jazz nie baie goed nie, maar ek is mal oor die Jazz in Chicago.

24 03 2015
rondomtaliedraai

My buie maak nie vir jazz voorsiening veral nie vir ‘n saksefoon nie

25 03 2015
Olga

So ‘n saksefoon trek dan reg deur jou liggaan om jou tone te kielie met lekkerte.

23 03 2015
Olga

Abba?

Ek hou van musiek. Self die klassieke werke en boeremusiek kan gaan. Solank ek net nie teveel op eenslag van laasgenoemde twee hoor nie. Ek het steeds ‘n stapel LP’s. Ek het so onlangs soos November nog twee cd’s gekoop.

24 03 2015
Xena Phoenix

Ek is ‘n pop musiek aanhanger. Pop musiek is nie bang om in ander genre’s te krap nie en te waardeer wat te waardeer is nie. Ek sal nou nie my polse kou met boeremusiek of klassieke musiek nie. Ek trek wel die lyn by musiek wat klink of ‘n mens lewendig geslag word.

23 03 2015
seegogga

ek het n magdom plate en koop steeds by as ek iets interessants sien. maar my platespeler h opgepak. waar kry ek n goeie een?

24 03 2015
Xena Phoenix

Baie winkels hou deesdae weer plaatspelers aan. Kyk maar by die meeste musiekwinkels en toestelwinkels.

24 03 2015
seegogga

ek het gekyk , maarstel in china gemaak, maar as mens die resensies op internet nagaan se hulole dat dit swak gehalte naaltjies is wat die plate beskadig. Dus is ek nog steeks om te koop.

23 03 2015
Olga

Ek dink nie die plaat gaan bly nie. Ek wonder eerder oor die ding van dj’s wie daardie “kop” ding beetkry en ‘n plaat six love opfok. Weet jy, dis dan dat ek so kwaad word. Dit is blerrie vandalisme.

24 03 2015
Xena Phoenix

Ek dink nie ‘n DJ kan “plate draai” met CD’s nie. Hulle moet dan “mix” met ‘n rekenaar. Ek het nog net op TV gesien hoe hulle die plate verkrag.

Dit is soos die rock groepe wat op ‘n tyd altyd hulle kitare gebreek het. Blykbaar is dit vandag simple om dit te doen.

24 03 2015
scrapydotwo

Deniz Trek skryf liedjies & speel gitaar, Mark Sisto doen die singwerk,
Ek het 600 langspeelplate gehad waarvan n goeie klomp boeremusiek was wat ek by my man geërf het. Ek het die hele spul weggegee aan n ou wat versamel het. Oorspronklike eerste plaat v Drie Transvalers was een v boeremusiek plate. Saam met my man het ons regtig n wye verskeidenheid v musiek gehad. Die Hi-Fi was ook n meneer gewees. Ek verkoop toe die hi-fi voor ek getrek het en my seun is steeds nie baie lief vir my daaroor nie. Maar wat weet ek tog ook nou!

24 03 2015
Xena Phoenix

Ek het my hi-fi al van st 8 af. Dit is ‘n yster.

24 03 2015
scrapydotwo

Ja die ou goed hou vir ewig nie soos vandag se made in China cheepies nie

24 03 2015
Klip

Ek het geen plate meer nie , maar ek het groot respek gehad daarvoor , want dis maar waarmee n mens groot geword het. Ek is ook geleer jy vat ne met jou vetterige vingers aan n plaat nie . n Plaat met n krap op of n hak kan ek nie hanteer nie. Maar deesdae klink die gekrap op n plaat nostalgies.
Ek is n versamelaar van musiek videos…………….die musiek wat ek as kind geluister het, maar nooit geweet het hoe die kunstenaars lyk nie. En n cover song is uit die bose. (Ok ek weet daar is n paar kunstenaars wat n beter cover doen as die oorspronklike). As ek die MFP label sien, sien ek namaaksel…

26 03 2015
Xena Phoenix

Die enigste cover wat ek erken is Tina Turner se Proud Mary. Al die ander is van die duiwel. Verkragting is ‘n misdaad

24 03 2015
Spokie sny spoor

Nee, plate het net my huis volgemaak en stof gegaar. Eks bly dit deesdae baie makliker en kan jy 100de liedjies op ‘n klein memory stick laat en sommer by die kar inprop.

26 03 2015
Xena Phoenix

Ek sal eerder nog ‘n huis vir my CD’s, DVD’s en boeke koop. Het iemand vir my die Powerball nommers asseblief?

25 03 2015
Toortsie

Ekself koop hier en daar ‘n CD, maar eintlik min, want ek luister sommer RSG en dan hoor ek gereeld nuwe musiek.
Of ek maak my eie 🙂
Kamermusiek – dis wat hulle in die ou dae gedoen het. As almal klaar geëet het, het hulle hul instrumente uitgehaal en saam musiek gemaak.

25 03 2015
Kameel

Alhoewel ek al my plate wegggegee het dink ek nostalgies terug aan daardie lekker tyd met my platespeler, en Elvis se stem 🙂 Ek en my vriendin kon tog so lekker in die kamer “jive,” terwyl my arme ma die horries wou kry. Vandag is dit CD’s waarna ek luister….. meeste geestelike musiek.

26 03 2015
Xena Phoenix

As iemand wil hê ek moet geestelike musiek luister, gooi dit vir my in ‘n pop liedjie. Maar nou dat jy dit noem.

Ek is mal oor Alan Garrity se Put your hand in the hand.

26 03 2015
Sparkle

Ek hou nog steeds die meeste van cd’s. Dit voel net meer regtig as jy ‘n cd terug in sy huisie kan sit, dit voel meer asof die joune is.

26 03 2015
Xena Phoenix

Mens wil tog soms jou eiendom in jou hande vashou. Ek meen, wat beteken ‘n gatskop CD as jy niks het om daarvoor te wys nie? Veral as jy bloed moes sweet om dit te kry.

Ek verpes dit as mense die verkeerde CD in ‘n kassie sit.

27 03 2015
carolredelinghuys@Losbek

Ek het die mooiste plate gehad- spyt ek het dit weggegee, maar ‘n cd werk tog maar makliker

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: