Stank vir Dank

22 03 2015

In Suidelike Afrika het Cecil John Rhodes ‘n fortuin gemaak, beslis nie vriende nie.  Ek vermoed nogal dat die vernietiging van sy standbeeld baie stoere Afrikaners se harte sal laat sing.  Rhodes het immers geen ooghare vir die Boere gehad nie.  Hy het beslis ook geen respek vir nie-blankes gehad nie.  Daar is beslis rede om hom te verag.  Nogtans was ek nog altyd iemand wat geglo het dat jy die duiwel moet gee wat hom toekom.

Die media het onlangs gegons oor studente wat Rhodes met alle geweld en bollie van die Universiteit van Kaapstad wil verwyder.  Hulle voel dat hy ‘n simbool van verdrukking, rassisme en kolonialisme is.  Iets wat Rhodes se bors waarskynlik sou laat swel het van trots.  Natuurlik is daar ook nou mense wat graag Rhodes Universiteit in Grahamstad se naam wil verander.  Nog ander wil die Rhodes uit die Mandela Rhodes Beurs gaan haal.  Toegegee, Rhodes sal waarskynlik nie oor die laasgenoemde kla nie, mits sy geld ook uit die beurs gehaal word.

Daar is natuurlik ‘n rede hoekom Rhodes se standbeeld in UCT is en hoekom die universiteit in Grahamstad na die mannetjie vernoem was.  Rhodes het die nodige skenkings gemaak waarop die universiteite gebou is.  ‘n Standbeeld en vernoeming is seker die minste wat uit dankbaarheid gedoen kon word.  110 jaar later, is dit egter nou ‘n belediging.  Ek wonder of Rhodes se geld en / of grond aan sy boedel terug besorg gaan word.

Amper vergeet ek.  Rhodes het homself groot ryk uit Afrika gesteel.  Hy was seker nou nie die eerlikste sakeman ooit nie, maar het hy regtig alles gesteel?  Indien wel, wat van die Oppenheimers, die Ruperts en die Motsepe’s?  Gaan al Suid-Afrika se super rykes oor dieselfde kam geskeer word?

Baie mense stem saam dat Rhodes nie op UCT hoort nie, maar verkies dat die standbeeld eerder geskuif word.  Malema skree weer dat alle Apartheidssimbole vernietig moet word.  Soos in gryp ‘n hamer en vee plat.  Is dit wat regtig nodig is?  Kan daar nie net nuwe standbeelde opgesit word nie?  Rhodes, Botha, Van Riebeek en Kruger was deel van die geskiedenis.  As hulle dan nie vereer kan word nie, kan hulle herinner dat Geskiedenis nie herhaal moet word nie.

Ek verstaan ook dat die UCT studente voel dat die universiteit te Europeërs is.  Hulle soek ‘n Afrika universiteit.  As ‘n stoere Tuks alumnus gee ek toe dat UCT een van die beste universiteite op die kontinent is.  😉 Amper so goed soos Tukkies.  Min mense sal hulle neuse vir UCT optrek.  Dit is beslis nie te danke aan die Afrika insae nie.  Ek glo beslis ook nie UCT sal hoog aangeskryf word as dit ‘n Afrika universiteit word nie.

Wat sal sal tog word van Afrika se jeug?

Breinvasbrand:  Wie het die Rhodes Monument ontwerp langs UCT?

Breinlosbrand:  Olga was reg met London.

 

 

Advertisements

Aksies

Information

12 responses

22 03 2015
scrapydotwo

Ai tog. Alle sake het twee kante. n Goeie en n slegte as mens dit so grof kan skei. Hoekom moet die dinge wat vir die nageslag moet oorstaan vernietig word. Selfde met wilde diere, maak dood sodat daar niks oorbly om te herinner aan die verlede. Breek af sodat daar net “armoede” oorbly. Daar is twee kante ,al weeg die een swaarder as die ander. (My bloeddruk styg sommer as ek aan die onregverdigheid van alles dink)

23 03 2015
Olga

Jy het nie geskree nieScrapy.

23 03 2015
Xena Phoenix

Drie kante. Wit, swart en die waarheid. Ek dink as jy iemand se geld aanvaar het, het jy hom vergewe vir sy dade. As jy hom tot in sy siel in verag, verag jy sy geld ook.

23 03 2015
scrapydotwo

Ja, dis waar. Dis egter nie hoe dit werk nie. Geld is meestal die sondebok- dan vergewe jy maar steeds haat die hand wat dit betaal. Daardie waarheid storie tickle my nog al die tyd. Wie se waarheid is dit?

23 03 2015
Sparkle

Het Rhodes ooit iets met apartheid te doen gehad? Ons land sal nooit regkom terwyl hier onverdraagsaamheid is nie.

23 03 2015
Xena Phoenix

Hy het waarskynlik die van die eerste bakstene daarvoor gelê Hy het geglo dat swart mense soos kinders behandel moet word, omdat hulle nie verantwoordelik kan optree nie.

23 03 2015
Olga

solank die spul dom fokkers net onthou dat Julius Malama op die stadium een van Suid Afrika se voorste apartheids ikone is. Kan jy glo die stuk lokasie kak is op universiteit, daarom verwag ‘n mens ‘n mate van intellegensie van die drek, daar staan die mens en sê “We must forget our past.” Rhodes was, Mandela was. Mandela was ook ‘n rassis. (Hy het nie sy terreur dade teen swart mense gepleeg nie. As jy teen ‘n ander ras wandade pleeg, maak dit jou ook ‘n rassis.) As die een moet waai, die ander ook. As die swart studente die universiteit te Europiërs vind, dan moet hulle ‘n Afrika universiteit gaan soek om na toe te gaan. Niemand dwing hulle om by die rassis befonsde of is dit rassis geborgde instellings te bly nie. Net hulle hebsug en liefde vir kry wat hulle nie toekom nie, hou die 4kers daar.

23 03 2015
Xena Phoenix

Malema het nooit graad gevang nie.

23 03 2015
‘n Nota (geleen) aan die swart eisers. | OLGA SE OKSELTJIES

[…] aanleiding van Grieters se skrywe het ek gaan soek vir die name van swart varsities en hierop afgekom. Wie die skrywer ookal is, ek […]

23 03 2015
Kameel

Nog nooit so baie van Rhodes geweet as nou nie….. sy geskiedenis gaan lees om jou vraag te beantwoord. Herbert Baker het sy “memorial” ontwerp.

23 03 2015
Xena Phoenix

Rhodes is beslis ‘n interessante karakter. Ek hou self nie van hom nie, maar gee die duiwel wat hom toekom.

23 03 2015
rondomtaliedraai

Miskien moet ons die standbeeld by die president se teater laat sit of by die swembad?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




%d bloggers like this: